Forum: Woordeboek
Onderwerp: grondvlak
grondvlak [boodskap #146456 ]
So, 15 September 2024 08:04
Leksikograaf
Boodskappe: 20217Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
grondvlak
Afbreking: grond•vlak
Samestelling: grond + vlak
Selfstandige naamwoord: grondvlak
Meervoud: grondvlakke
Betekenis:
• Die vlak wat gelyk is met die grond.
• Die onderkant of bodem van iets.
Gebruik:
• Ons winkel is op die winkelsentrum se grondvlak .
• 'n Keël is 'n figuur met 'n plat, sirkelvormige grondvlak wat boontoe al nouer word.
Sinoniem:
• basis
• fondament
• grondhoogte
• grondverdieping
• grondvloer
• onderkant
• ondervlak
• voetstuk
Afgelei:
• grondvlakontwikkeling
Vertaling:
Engels: ground level; base, bottom
Nederlands: grondvlak
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: ode
ode [boodskap #146455 ]
So, 15 September 2024 07:45
Leksikograaf
Boodskappe: 20217Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ode
Afbreking: o•de
Selfstandige naamwoord: ode
Meervoud: odes
Betekenis:
• 'n Gedig of lied waarin iets of iemand vereer en opgehemel (hulle lof besing) word.
Gebruik:
• Koos du Plessis se lied, Herman , is 'n ode aan 'n afgestorwe vriend.
Sinoniem:
• eerbetoon
• lofdig
• loflied
• lofrede
• lofsang
Vertaling:
Engels: ode
Nederlands: ode
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: voorland
voorland [boodskap #146454 ]
Sa, 14 September 2024 20:08
Leksikograaf
Boodskappe: 20217Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
voorland
Afbreking: voor•land
Samestelling: voor + land
Selfstandige naamwoord: voorland
Meervoud: voorlande
Betekenis:
• Dit wat vir iemand voorlê.
• (ongewoon ) 'n Stuk land voor 'n ander stuk land.
Gebruik:
• Uiteindelik is die dood ons almal se voorland .
Sinoniem:
• bedoeling
• beskikking
• bestemming
• eindbestemming
• lot
• noodlot
• omstandigheid
• toekoms
Vertaling:
Engels: fate, destiny; foreland, headland
Nederlands: voorland
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: halflyn
halflyn [boodskap #146453 ]
Sa, 14 September 2024 20:02
Leksikograaf
Boodskappe: 20217Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
halflyn
Afbreking: half•lyn
Samestelling: half + lyn
Selfstandige naamwoord: halflyn
Meervoud: halflyne
Betekenis:
• (sport ) Die lyn oor die middel van die veld (meer korrek, die middellyn).
• (wiskunde ) 'n Lyn wat vanaf 'n punt onbepaald in 'n rigting strek.
Gebruik:
• Die rugbyspeler het 'n skepskop van duskant die halflyn deur die pale gejaag.
• Bepaal of die halflyne kruis.
Sinoniem:
• middellyn
Vertaling:
Engels: center line; half-line
Nederlands: middellijn; halve lijn
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: gelykop
gelykop [boodskap #146452 ]
Sa, 14 September 2024 19:45
Leksikograaf
Boodskappe: 20217Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gelykop
Afbreking: ge•lyk•op
Samestelling: gelyk + op
Bywoord: gelykop
Betekenis:
• Met dieselfde telling, hoeveelheid, waarde, ens. Sonder voorsprong of agterstand.
Gebruik:
• Teen halftyd was die spanne gelykop .
• Ons het die lekkergoed gelykop verdeel.
Sinoniem:
• dieselfde
• eenders
• ewe
Afgelei:
• gelykopspel
• gelykopstel
• gelykopstryd
• gelykopuitslag
Vertaling:
Engels: equally
Nederlands: gelijkop
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: saamspeel
saamspeel [boodskap #146451 ]
Sa, 14 September 2024 19:35
Leksikograaf
Boodskappe: 20217Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
saamspeel
Afbreking: saam•speel
Samestelling: saam + speel
Werkwoord: speel saam , saamspeel
Verlede tyd: het saamgespeel
Betekenis:
• Om saam met ander aan 'n spel of wedstryd deel te neem.
• Om saam te werk; 'n rol in 'n gebeurtenis speel.
Gebruik:
• Kom speel saam met ons.
• Ons wou see toe gaan, maar die weer het nie saamgespeel nie.
Sinoniem:
• deelneem
• inval
• meedoen
• meespeel
• meewerk
• saamdoen
• saamspan
• saamwerk
Afgelei:
• samespel (s.nw. )
Vertaling:
Engels: to play together, play ball, cooperate
Nederlands: meespelen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: waenhuis
waenhuis [boodskap #146450 ]
Sa, 14 September 2024 17:57
Leksikograaf
Boodskappe: 20217Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
waenhuis
Afbreking: wa•en•huis
Samestelling: wa + -en- + huis
Selfstandige naamwoord: waenhuis
Meervoud: waenhuise
Verkleinwoord: waenhuisie
Meervoud van verkleining: waenhuisies
Betekenis:
• Gebou waar rytuie (soos motors, koetse en waens) gebêre word.
Gebruik:
• Jy kan die perdekar in die waenhuis intrek.
Sinoniem:
• buitegebou
• garage
• motorhawe
• motorhuis
• skuur
Afgelei:
• waenhuisspinnekop
Vertaling:
Engels: wagonhouse, cart-shed
Nederlands: wagenhuis
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: hemelvaart
hemelvaart [boodskap #146449 ]
Vr, 13 September 2024 18:09
Leksikograaf
Boodskappe: 20217Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hemelvaart
Afbreking: he•mel•vaart
Samestelling: hemel + vaart
Selfstandige naamwoord: hemelvaart
Meervoud: hemelvaarte
Betekenis:
• 'n Tog (vaart) na die hemel.
Gebruik:
• Jesus se hemelvaart is een van die hooffeeste van die Christelike Kerk en word op Hemelvaartsdag gevier.
Antoniem:
• hellevaart
Afgelei:
• hemelvaartdag
• hemelvaartsdag
• hemelvaartsweek
• hemelvaartweek
Vertaling:
Engels: ascension
Nederlands: hemelvaart
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: ruis
ruis [boodskap #146448 ]
Vr, 13 September 2024 14:37
Leksikograaf
Boodskappe: 20217Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ruis
Afbreking: ruis
Werkwoord: ruis
Verlede tyd: het geruis
Betekenis:
• Om 'n sagte, aanhoudende geluid te maak soos die van wind of water wat deur of oor iets vloei.
Gebruik:
• Die boom se blare ruis in die wind.
Sinoniem:
• gons
• ritsel
• suis
Afgelei:
• ruisend
• ruising
Vertaling:
Engels: to rustle
Nederlands: ruisen
Selfstandige naamwoord: ruis
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Aanhoudende, struktuurlose klank.
Gebruik:
• Ons kan nie die radiosender opvang nie en hoor net ruis .
Hiponiem:
• swartruis
• witruis
Afgelei:
• ruisfilter
• ruisvlak
Vertaling:
Engels: noise, rushing sound
Nederlands: ruis
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: fletter
fletter [boodskap #146447 ]
Vr, 13 September 2024 08:14
Leksikograaf
Boodskappe: 20217Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
fletter
Afbreking: flet•ter
Werkwoord: fletter
Verlede tyd: het gefletter
Betekenis:
• (ongewoon ) Om onreëlmatig op en af te beweeg.
Gebruik:
• Die tent se flap fletter in die wind.
• Die tannie se bek het soos 'n vlinder om 'n kers gefletter .
Sinoniem:
• fladder
• skud
• swaai
• tril
• vibreer
• wip
Vertaling:
Engels: to flutter
Nederlands: fladderen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: spitshond
spitshond [boodskap #146446 ]
Do, 12 September 2024 19:02
Leksikograaf
Boodskappe: 20217Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Spitshond.
spitshond
Afbreking: spits•hond
Samestelling: spits + hond
Selfstandige naamwoord: spitshond
Meervoud: spitshonde
Verkleinwoord: spitshondjie
Meervoud van verkleining: spitshondjies
Betekenis:
• 'n Middelgrootte hond met 'n spits snuit, digte lang hare en 'n krulstert.
Gebruik:
• Spitshonde kom oorspronklik uit Antarktika waar hulle gebruik is om te jag en sleë te trek.
Sinoniem:
• keeshond
Vertaling:
Engels: spitz dog
Nederlands: spitshond
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: eksamenlokaal
eksamenlokaal [boodskap #146445 ]
Do, 12 September 2024 17:53
Leksikograaf
Boodskappe: 20217Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
eksamenlokaal
Afbreking: ek•sa•men•lo•kaal
Samestelling: eksamen + lokaal
Selfstandige naamwoord: eksamenlokaal
Meervoud: eksamenlokale
Betekenis:
• 'n Vertrek waarin eksamen geskryf word.
Gebruik:
• Die enigste geluide wat in die eksamenlokaal gehoor kon word was die gekraak van bladsye en die onderwyseres se skoene.
Vertaling:
Engels: examination room
Nederlands: examenkamer
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: kontrasterend
kontrasterend [boodskap #146444 ]
Do, 12 September 2024 17:43
Leksikograaf
Boodskappe: 20217Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kontrasterend
Afbreking: kon•tra•ste•rend
Samestelling: kontrasteer + -end
Byvoeglike naamwoord: kontrasterend
Attributief: kontrasterende
Betekenis:
• Vol kontras. Wat sterk van mekaar verskil.
Gebruik:
• Beide kunstenaars werk in swart en wit, maar hulle werk kan nie meer kontrasterend wees nie.
• Blou en oranje is kontrasterende kleure.
Sinoniem:
• strydig
• teenstellend
Antoniem:
• identies
Vertaling:
Engels: contrasting
Nederlands: contrasterend
Nota:
• Onvoltooide deelwoord van kontrasteer.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: kleurryk
kleurryk [boodskap #146443 ]
Do, 12 September 2024 16:23
Leksikograaf
Boodskappe: 20217Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kleurryk
Afbreking: kleur•ryk
Samestelling: kleur + ryk
Byvoeglike naamwoord: kleurryk
Teenwoordige deelwoord: kleurryker
Verlede deelwoord: kleurrykste
Attributief: kleurryke
Betekenis:
• Met baie verskillende kleure.
• (figuurlik ) Met baie afwisseling.
Gebruik:
• Die ruiker is kleurryk met skakerings van wit, geel, piek en pers blomme.
• Danie Craven was 'n kleurryke karakter.
Sinoniem:
• bond
• fleurig
• kleurig
• kleurvol
• skilderagtig
• veelkleurig
• boeiend
• interessant
• prikkelend
Afgelei:
• kleurrykheid
Vertaling:
Engels: colourful, richly coloured
Nederlands: kleurrijk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: bladwisselend
bladwisselend [boodskap #146442 ]
Do, 12 September 2024 16:04
Leksikograaf
Boodskappe: 20217Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bladwisselend
Afbreking: blad•wis•se•lend
Samestelling: blad + wissel + -end
Byvoeglike naamwoord: bladwisselend
Attributief: bladwisselende
Betekenis:
• Wat jaarliks sy blare afgooi.
Gebruik:
• 'n Bladwisselende boom mors in die herfs, terwyl 'n immergroen boom die hele jaar blare mors.
Antoniem:
• immergroen
Vertaling:
Engels: deciduous
Nederlands: bladverliezend, loofverliezend
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: perskeboom
perskeboom [boodskap #146441 ]
Do, 12 September 2024 16:01
Leksikograaf
Boodskappe: 20217Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
perskeboom
Afbreking: per•ske•boom
Samestelling: perske + boom
Selfstandige naamwoord: perskeboom
Meervoud: perskebome
Verkleinwoord: perskeboompie
Meervoud van verkleining: perskeboompies
Betekenis:
• 'n Bladwisselende boom wat perskes dra, Prunus persica .
Gebruik:
• In September is die perskebome oortrek met pienk bloeisels.
Hiperoniem:
• vrugteboom
Vertaling:
Engels: peach tree
Nederlands: perzikboom
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: plantluis
plantluis [boodskap #146440 ]
Do, 12 September 2024 15:53
Leksikograaf
Boodskappe: 20217Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Verskeie soorte plantluise.
plantluis
Afbreking: plant•luis
Samestelling: plant + luis
Selfstandige naamwoord: plantluis
Meervoud: plantluise
Verkleinwoord: plantluisie
Meervoud van verkleining: plantluisies
Betekenis:
• 'n Insek wat die sap van plante drink, familie Aphididae .
Gebruik:
• Plantluise kan groot skade aan plante aanrig.
Hiperoniem:
• sapsuier
Vertaling:
Engels: aphid
Nederlands: bladluis
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: bestuiwer
bestuiwer [boodskap #146439 ]
Do, 12 September 2024 15:46
Leksikograaf
Boodskappe: 20217Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bestuiwer
Afbreking: be•stui•wer
Samestelling: bestuif + -er
Selfstandige naamwoord: bestuiwer
Meervoud: bestuiwers
Betekenis:
• 'n Dier wat plante bestuif (soos 'n by, kewer, mot, skoenlapper, vlermuis, voël, ens.)
Gebruik:
• Die plant se sterk geur lok talle bestuiwers .
Vertaling:
Engels: pollinator
Nederlands: bestuiver
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: toediening
toediening [boodskap #146438 ]
Do, 12 September 2024 15:37
Leksikograaf
Boodskappe: 20217Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
toediening
Afbreking: toe•die•ning
Samestelling: toedien + -ing
Selfstandige naamwoord: toediening
Meervoud: toedieninge , toedienings
Betekenis:
• Die handeling of resultaat van toedien.
Gebruik:
• Die algemeenste vorm van mediese behandeling is die voorskryf en toediening van medikasie.
Sinoniem:
• aanwending
• applikasie
• behandeling
• gebruik
• inname
• toepassing
Hiponiem:
• fosfaattoediening
• kalktoediening
Afgelei:
• toedieningskoste
Vertaling:
Engels: application
Nederlands: toediening
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: brokstuk
brokstuk [boodskap #146437 ]
Do, 12 September 2024 15:17
Leksikograaf
Boodskappe: 20217Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
brokstuk
Afbreking: brok•stuk
Samestelling: brok + stuk
Selfstandige naamwoord: brokstuk
Meervoud: brokstukke
Verkleinwoord: brokstukkie
Meervoud van verkleining: brokstukkies
Betekenis:
• 'n Deel wat van iets groters afgebreek het.
Gebruik:
• Die rotse verweer tot brokstukke en later tot fyn sand.
Sinoniem:
• brok
• fragment
• gedeelte
• skerf
• stuk
Vertaling:
Engels: fragment, piece
Nederlands: brokstuk
Nota:
• Die woord is 'n toutologie, omdat "brok" en "stuk" dieselfde beteken en sinonieme is.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: vergruis
vergruis [boodskap #146436 ]
Do, 12 September 2024 15:04
Leksikograaf
Boodskappe: 20217Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vergruis
Afbreking: ver•gruis
Samestelling: ver- + gruis
Werkwoord: vergruis
Verlede tyd: het vergruis
Betekenis:
• Om tot gruis te maak; in kleiner brokstukke opbreek.
Gebruik:
• Die rotse word met 'n hamer vergruis .
Sinoniem:
• fynstamp
• verbrokkel
• verbrysel
• verkrummel
• vermorsel
• verpletter
• verpoeier
• verskerf
Afgelei:
• vergruisbaar
• vergruisde
• vergruiser
• vergruising
Vertaling:
Engels: to pound, crush, pulverize, shatter, smash
Nederlands: vergruizen
Byvoeglike naamwoord: vergruis
Attributief: vergruisde
Betekenis:
• Wat in kleiner stukke verbrokkel is.
Gebruik:
• Die seun moet 'n operasie ondergaan om sy vergruisde wangbeen te herstel nadat hy deur 'n mede-leerder aangerand is.
Vertaling:
Engels: crushed, pulverized
Nederlands: vergruisd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: stamper
Onderwerp: bestuif
bestuif [boodskap #146434 ]
Do, 12 September 2024 14:30
Leksikograaf
Boodskappe: 20217Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bestuif
Afbreking: be•stuif
Werkwoord: bestuif
Verlede tyd: het bestuif
Betekenis:
• Om 'n blom se stamper met stuifmeel te bedek.
Gebruik:
• Die bye bestuif die blommetjies.
Wisselvorm:
• bestuiwe
Hiponiem:
• insekbestuif
• windbestuif
Afgelei:
• bestuifde
• bestuiwer
• bestuiwing
Vertaling:
Engels: to pollinate
Nederlands: bestuiven
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: speurdiens
speurdiens [boodskap #146433 ]
Wo, 11 September 2024 20:07
Leksikograaf
Boodskappe: 20217Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
speurdiens
Afbreking: speur•diens
Samestelling: speur + diens
Selfstandige naamwoord: speurdiens
Meervoud: speurdienste
Betekenis:
• 'n Organisasie wat sake ondersoek en inligting insamel.
Gebruik:
• 'n Tekort aan opgeleide speurders veroorsaak 'n agterstand by die polisie se speurdiens .
Sinoniem:
• ondersoekeenheid
• speurtak
Vertaling:
Engels: detective service, criminal investigation department
Nederlands: speurdienst
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: oorwerk
oorwerk [boodskap #146432 ]
Wo, 11 September 2024 19:59
Leksikograaf
Boodskappe: 20217Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oorwerk
Afbreking: oor•werk
Samestelling: oor + werk
Werkwoord: oorwerk
Verlede tyd: het oorwerk
Betekenis:
• Om te hard of te lank te werk.
Gebruik:
• Pasop dat jy jouself nie oorwerk nie!
Sinoniem:
• afsloof
• ooreis
• uitput
• vermoei
Vertaling:
Engels: to overwork
Nederlands: overwerken
Byvoeglike naamwoord: oorwerk
Attributief: oorwerkte
Betekenis:
• Wat te hard of te veel werk.
Gebruik:
• Die sweet loop oor die oorwerkte man se gesig.
Vertaling:
Engels: overworked
Nederlands: overgewerkt
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: ontsaglik
ontsaglik [boodskap #146431 ]
Wo, 11 September 2024 17:56
Leksikograaf
Boodskappe: 20217Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ontsaglik
Afbreking: ont•sag•lik
Samestelling: ontsag + -lik
Byvoeglike naamwoord: ontsaglik
Attributief: ontsaglike
Partitief: ontsagliks
Betekenis:
• Wat eerbied en respek inboesem.
• Wat baie groot is.
Gebruik:
• Die hond eet ontsaglik baie.
• Dis is 'n ontsaglike klomp geld.
Sinoniem:
• astronomies
• enorm
• indrukwekkend
• kolossaal
• massaal
• massief
• ongelooflik
• ontsagwekkend
• reusagtig
• tamaai
• titanies
• vreeslik
• yslik
Afgelei:
• ontsaglikheid
Vertaling:
Engels: vast, huge
Nederlands: ontzaglijk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: koppel
koppel [boodskap #146430 ]
Wo, 11 September 2024 15:44
Leksikograaf
Boodskappe: 20217Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
koppel
Afbreking: kop•pel
Werkwoord: koppel
Verlede tyd: het gekoppel
Betekenis:
• Om bymekaar te bring of aan mekaar te verbind.
Gebruik:
• Sy koppel haar foon aan die TV om vir ons haar foto's te wys.
• Hy het die batterye in serie gekoppel om die stroomspanning te verhoog.
Sinoniem:
• aaneensluit
• aanhak
• aansluit
• heg
• inskakel
• kombineer
• saamknoop
• saamvoeg
• verbind
• konnekteer
• vashaak
• verbind
Antoniem:
• ontkoppel
Hiponiem:
• aankoppel
• afkoppel
• inkoppel
• loskoppel
• ontkoppel
• saamkoppel
• termokoppel
• vaskoppel
Afgelei:
• koppelaar
• koppelarm
• koppelary
• koppelas
• koppelbout
• koppelhuis
• koppeling
• koppelketting
• koppelkruis
• koppelletter
• koppelmoer
• koppelpedaal
• koppelpen
• koppelplaat
• koppelprogram
• koppelrat
• koppelriem
• koppelstang
• koppelstok
• koppelstuk
• koppelteken
• koppeltoto
• koppelverkoop
• koppelvlak
• koppelwerkwoord
• koppelwoord
Vertaling:
Engels: to couple, join, connect
Nederlands: koppelen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: onverstaanbaar
onverstaanbaar [boodskap #146429 ]
Wo, 11 September 2024 15:09
Leksikograaf
Boodskappe: 20217Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onverstaanbaar
Afbreking: on•ver•staan•baar
Samestelling: on- + verstaanbaar
Byvoeglike naamwoord: onverstaanbaar
Attributief: onverstaanbare
Partitief: onverstaanbaars
Betekenis:
• Wat nie verstaan kan word nie.
Gebruik:
• Baie mense dink wiskunde is onverstaanbaar .
Spreekwoord:
• Sy doen en late is soms onverstaanbaar . [Wat hy doen is duister en raaiselagtig.]
Sinoniem:
• duister
• obskuur
• onbegryplik
• ondenkbaar
• onduidelik
• onpeilbaar
• onverklaarbaar
• raaiselagtig
• vaag
• verwarrend
Antoniem:
• verstaanbaar
Afgelei:
• onverstaanbaarheid
Vertaling:
Engels: incomprehensible, unintelligible
Nederlands: onverstaanbaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: vergeefs
vergeefs [boodskap #146428 ]
Wo, 11 September 2024 14:51
Leksikograaf
Boodskappe: 20217Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vergeefs
Afbreking: ver•geefs
Samestelling: vergeef + -s
Byvoeglike naamwoord: vergeefs
Attributief: vergeefse
Betekenis:
• Wat op niks uitloop nie. Sonder die gewenste resultaat.
Gebruik:
• Die veearts het vergeefs probeer om die hondjie te red.
Sinoniem:
• futiel
• hopeloos
• nutteloos
• onsuksesvol
• tevergeefs
• verlaas
• vrugteloos
Afgelei:
• vergeefsheid
Vertaling:
Engels: in vain, futile, fruitless
Nederlands: vergeefs
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: dieremishandeling
dieremishandeling [boodskap #146427 ]
Wo, 11 September 2024 14:39
Leksikograaf
Boodskappe: 20217Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dieremishandeling
Afbreking: die•re•mis•han•de•ling
Samestelling: diere + mishandeling
Selfstandige naamwoord: dieremishandeling
Meervoud: –
Betekenis:
• Wreedheid teenoor diere.
Gebruik:
• Die man wat die hond op barbaarse wyse doodgemaak het is van dieremishandeling aangekla.
Vertaling:
Engels: animal abuse
Nederlands: dierenmishandeling
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: ontstel
ontstel [boodskap #146426 ]
Wo, 11 September 2024 14:08
Leksikograaf
Boodskappe: 20217Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ontstel
Afbreking: ont•stel
Samestelling: ont- + stel
Werkwoord: ontstel
Verlede tyd: het ontstel
Betekenis:
• Om iemand te skok; van stryk bring.
Gebruik:
• Die afskuwelike nuus het haar ontstel .
• Hierdie berig bevat inhoud wat sommige lesers kan ontstel .
Sinoniem:
• omkrap
• onthuts
• oorweldig
• skok
• verbluf
• verbyster
• verontrus
• verskrik
• verwar
Afgelei:
• ontsteld
• ontstellend
Vertaling:
Engels: to appal, startle, upset, disturb, alarm
Nederlands: ontstellen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: woordelik
woordelik [boodskap #146425 ]
Wo, 11 September 2024 06:21
Leksikograaf
Boodskappe: 20217Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
woordelik
Afbreking: woor•de•lik
Samestelling: woord + -elik
Byvoeglike naamwoord: woordelik , woordeliks
Attributief: woordelike , woordelikse
Betekenis:
• Woord vir woord.
• Mondelings en nie skriftelik nie.
• Wat 'n woord betref (slegs in samestellings).
Gebruik:
• Gebruik jou eie woorde en moenie woordeliks uit die leesstuk aanhaal nie.
• Ons het 'n woordelike ooreenkoms bereik.
Sinoniem:
• letterlik
• tekstueel
• verbatim
• woordgetrou
• mondelings
• oraal
• verbaal
Afgelei:
• bywoordelik
• spreekwoordelik
• voegwoordelik
• werkwoordelik
Vertaling:
Engels: word for word, verbatim; verbal
Nederlands: woordelijk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: kwoteer
kwoteer [boodskap #146424 ]
Wo, 11 September 2024 06:07
Leksikograaf
Boodskappe: 20217Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kwoteer
Afbreking: kwo•teer
Werkwoord: kwoteer
Verlede tyd: het gekwoteer
Betekenis:
• Om 'n prys vir 'n produk of diens te gee.
• Om van 'n bestaande teks af aan te haal.
Gebruik:
• Hoeveel sal u my vir die werk kwoteer ?
• Gebruik jou eie woorde en moenie woordeliks uit die leesstuk kwoteer nie.
Sinoniem:
• prys
• aanhaal
• siteer
Afgelei:
• kwotasie
• kwotering
Vertaling:
Engels: to quote
Nederlands: quoteren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: kwotasie
kwotasie [boodskap #146423 ]
Di, 10 September 2024 14:03
Leksikograaf
Boodskappe: 20217Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kwotasie
Afbreking: kwo•ta•sie
Samestelling: kwoteer + -tasie
Selfstandige naamwoord: kwotasie
Meervoud: kwotasies
Verkleinwoord: kwotasietjie
Meervoud van verkleining: kwotasietjies
Betekenis:
• Die prys van 'n produk of diens.
• 'n Aanhaling uit 'n teks.
Gebruik:
• Moenie die eerste en beste kwotasie aanvaar nie.
• Die traktaatjie is vol kwotasies uit die Bybel uit.
Sinoniem:
• prysopgawe
• tender
• aanhaling
• sitaat
Vertaling:
Engels: quote; quotation
Nederlands: quotatie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: voorsteller
voorsteller [boodskap #146422 ]
Ma, 09 September 2024 19:48
Leksikograaf
Boodskappe: 20217Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
voorsteller
Afbreking: voor•stel•ler
Samestelling: voorstel + -er
Selfstandige naamwoord: voorsteller
Meervoud: voorstellers
Betekenis:
• Persoon wat 'n voorstel maak, of wat iemand voorstel.
Gebruik:
• 'n Nominasie moet deur 'n voorsteller en twee sekondante onderteken word.
Vertaling:
Engels: proposer, nominator; introducer
Nederlands: voorsteller
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: mosie
mosie [boodskap #146421 ]
Ma, 09 September 2024 19:37
Leksikograaf
Boodskappe: 20217Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
mosie
Afbreking: mo•sie
Selfstandige naamwoord: mosie
Meervoud: mosies
Verkleinwoord: mosietjie
Meervoud van verkleining: mosietjies
Betekenis:
• 'n Voorstel op 'n vergadering.
Gebruik:
• Die mosie is eenparig aanvaar .
• Talle mosies van wantroue is al teen die voorsitter ingedien.
Sinoniem:
• proposisie
• voorstel
Hiponiem:
• ordemosie
Vertaling:
Engels: motion
Nederlands: motie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: kankervry
kankervry [boodskap #146420 ]
Ma, 09 September 2024 19:02
Leksikograaf
Boodskappe: 20217Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kankervry
Afbreking: kan•ker•vry
Samestelling: kanker + vry
Byvoeglike naamwoord: kankervry
Attributief: kankervrye
Betekenis:
• Sonder kanker.
Gebruik:
• Die onkoloog het die pasiënt kankervry verklaar.
Vertaling:
Engels: cancer free
Nederlands: kankervrij
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: genesing
genesing [boodskap #146419 ]
Ma, 09 September 2024 18:56
Leksikograaf
Boodskappe: 20217Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
genesing
Afbreking: ge•ne•sing
Samestelling: genees + -ing
Selfstandige naamwoord: genesing
Meervoud: genesinge , genesinge
Betekenis:
• Die handeling of resultaat van genees. Die proses om te heel en gesond te word.
Gebruik:
• Indien die siekte vroeg gediagnoseer word, is genesing moontlik, maar in die laaste stadium is genesing onwaarskynlik.
Spreekwoord:
• Voorkoming is beter as genesing . [Dit is beter om iets te verhoed as om die gevolge daarvan te dra.]
Sinoniem:
• aansterking
• gesondmaking
• gesondwording
• heling
• herstelproses
Hiponiem:
• geloofsgenesing
• natuurgenesing
Afgelei:
• genesingsaksie
• genesingsgang
• genesingsproses
• genesingswerk
• genesingswyse
Vertaling:
Engels: healing, recovery, cure
Nederlands: genezing
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: aksiomaties
aksiomaties [boodskap #146418 ]
Ma, 09 September 2024 16:13
Leksikograaf
Boodskappe: 20217Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aksiomaties
Afbreking: ak•si•o•ma•ties
Samestelling: aksioma + -ties
Byvoeglike naamwoord: aksiomaties
Attributief: aksiomatiese
Betekenis:
• Soos 'n aksioma ('n grondbeginsel of aanname wat as waar aanvaar word).
• Wat op 'n aksioma of aksiomas berus.
Gebruik:
• In 'n regstaat is dit tog aksiomaties dat die reg nagekom moet word.
• Die Grieke het wiskunde tot 'n aksiomatiese wetenskap ontwikkel.
Sinoniem:
• fundamenteel
• onbestrybaar
• onbetwisbaar
• onbetwyfelbaar
• onloënbaar
• onteenseglik
• vanselfsprekend
Vertaling:
Engels: axiomatic, axiomatical
Nederlands: axiomatisch
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: handperd
handperd [boodskap #146417 ]
So, 08 September 2024 18:45
Leksikograaf
Boodskappe: 20217Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Ruiter met 'n handperd.
handperd
Afbreking: hand•perd
Samestelling: hand + perd
Selfstandige naamwoord: handperd
Meervoud: handperde
Verkleinwoord: handperdjie
Meervoud van verkleining: handperdjies
Betekenis:
• 'n Ekstra perd wat deur 'n ruiter met die hand gelei word, soms figuurlik, iemand wat reg is om gebruik te word.
Gebruik:
• Regeringsoldate het Christiaan Beyers se ryperd gewond en sy handperd doodgeskiet.
Spreekwoord:
• Hy word as 'n handperd gehou. [Iemand hou vir gebruik wanneer nodig.]
Antoniem:
• ryperd
• saalperd
Vertaling:
Engels: led-horse
Nederlands: handpaard
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.