Forum: Woordeboek
Onderwerp: bewoonbaar
bewoonbaar [boodskap #146557 ]
Sa, 28 September 2024 17:55
Leksikograaf
Boodskappe: 20278Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bewoonbaar
Afbreking: be•woon•baar
Samestelling: bewoon + -baar
Byvoeglike naamwoord: bewoonbaar
Attributief: bewoonbare
Betekenis:
• Wat veilig en gemaklik is om in te woon.
Gebruik:
• Die woestyngebied kan met boorgate en windpompe bewoonbaar gemaak word.
Sinoniem:
• herbergsaam
• huislik
• leefbaar
Antoniem:
• onbewoonbaar
Afgelei:
• bewoonbaarheid
Vertaling:
Engels: inhabitable
Nederlands: bewoonbaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: sortering
sortering [boodskap #146556 ]
Sa, 28 September 2024 17:47
Leksikograaf
Boodskappe: 20278Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sortering
Afbreking: sor•te•ring
Samestelling: sorteer + -ing
Selfstandige naamwoord: sortering
Meervoud: sorteringe , sorterings
Betekenis:
• Die handeling of resultaat van sorteer (om in volgorde of groepe te plaas).
Gebruik:
• Infrastruktuur vir die sortering en herwinning van afval moet in plek gesit word.
Sinoniem:
• groepering
• indeling
• katalogisering
• plasing
• rangskikking
• sifting
Hiponiem:
• bloksortering
• boomsortering
• borrelsortering
• handsortering
• hoopsortering
• invoegsortering
• lyssortering
• ruilsortering
• saamvlegsortering
• seleksiesortering
• skilsortering
• snelsortering
• syfersortering
• toernooisortering,
• uitskakelsortering
• uitsoeksortering
Afgelei:
• sorteringsalgoritme
Vertaling:
Engels: sorting, categorizing, ordering
Nederlands: sortering
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: poskode
poskode [boodskap #146555 ]
Sa, 28 September 2024 17:27
Leksikograaf
Boodskappe: 20278Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
poskode
Afbreking: pos•ko•de
Samestelling: pos + kode
Selfstandige naamwoord: poskode
Meervoud: poskodes
Betekenis:
• 'n Kort kode (van letters en/ of syfers) wat 'n gebied wat deur 'n poskantoor bedien word identifiseer.
Gebruik:
• Centurion se poskode is 0157.
• Poskodes vergemaklik die outomatiese sortering van posstukke.
Afgelei:
• poskodestelsel
Vertaling:
Engels: post code, zip code
Nederlands: postcode
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: smeul
smeul [boodskap #146554 ]
Sa, 28 September 2024 17:11
Leksikograaf
Boodskappe: 20278Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
smeul
Afbreking: smeul
Werkwoord: smeul
Verlede tyd: het gesmeul
Betekenis:
• Om stadig, sonder vlamme te brand; onder die as gloei.
• (figuurlik ) Om heimlik/ verborge te dreig om uit te breek.
Gebruik:
• Die brand is geblus, maar die puin smeul nog.
• Die haat het vir jare na die insident nog in sy hart gesmeul .
Afgelei:
• smeulend
• smeulkole
• smeulstoof
• smeulvuur
Vertaling:
Engels: to smoulder, smolder, glow
Nederlands: smeulen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: vlamvat
vlamvat [boodskap #146553 ]
Sa, 28 September 2024 16:53
Leksikograaf
Boodskappe: 20278Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vlamvat
Afbreking: vlam•vat
Samestelling: vlam + vat
Werkwoord: vat vlam , vlamvat
Verlede tyd: het vlamgevat
Betekenis:
• Om met vlamme te begin brand.
• (figuurlik ) Om geesdriftig te word.
Gebruik:
• Die droë veld kan maklik vlamvat .
• Toe die orkes opdaag het die partytjie behoorlik vlamgevat .
Sinoniem:
• ontvlam
Vertaling:
Engels: to caught fire, flare up, ignite
Nederlands: vlamvatten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: lanseerder
lanseerder [boodskap #146552 ]
Sa, 28 September 2024 10:56
Leksikograaf
Boodskappe: 20278Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
lanseerder
Afbreking: lan•seer•der
Samestelling: lanseer + -der
Selfstandige naamwoord: lanseerder
Meervoud: lanseerders
Betekenis:
• Toestel waarmee 'n voorwerp in die lug in gelanseer word.
• (rekenaars ) 'n Toepassing wat ander toepassings oopmaak.
Gebruik:
• Die missiel word met 'n lanseerder afgeskiet.
• Jy kan 'n ander lanseerder op jou foon laai.
Sinoniem:
• katapult
• werper
Hiponiem:
• missiellanseerder
• vuurpyllanseerder
Vertaling:
Engels: launcher
Nederlands: werper, katapult; launcher
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: vuurpyllanseerder
vuurpyllanseerder [boodskap #146551 ]
Sa, 28 September 2024 10:44
Leksikograaf
Boodskappe: 20278Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Vuurpyllanseerder.
vuurpyllanseerder
Afbreking: vuur•pyl•lan•seer•der
Samestelling: vuurpyl + lanseerder
Selfstandige naamwoord: vuurpyllanseerder
Meervoud: vuurpyllanseerders
Betekenis:
• Toestel waarmee vuurpyle en ander projektiele gelanseer word.
Gebruik:
• 'n Vuurpyllanseerder , soos die RPG7, is 'n gedugte wapen teen gepantserde magte.
Vertaling:
Engels: rocket launcher
Nederlands: raketwerper
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: oorgangstydperk
oorgangstydperk [boodskap #146550 ]
Sa, 28 September 2024 09:19
Leksikograaf
Boodskappe: 20278Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oorgangstydperk
Afbreking: oor•gangs•tyd•perk
Samestelling: oorgang + -s- + tydperk
Selfstandige naamwoord: oorgangstydperk
Meervoud: oorgangstydperke
Betekenis:
• Die tyd tussen 'n ou en 'n nuwe situasie.
Gebruik:
• Dit is belangrik dat adolessente bewus is van die veranderinge wat hulle gedurende die oorgangstydperk ondergaan.
Sinoniem:
• oorgangsfase
• oorgangsperiode
• oorgangstyd
• tussenfase
• tussentyd
Vertaling:
Engels: transition period
Nederlands: overgangsperiode
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: subluksasie
subluksasie [boodskap #146549 ]
Sa, 28 September 2024 09:07
Leksikograaf
Boodskappe: 20278Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
subluksasie
Afbreking: sub•luks•a•sie
Selfstandige naamwoord: subluksasie
Meervoud: subluksasies
Betekenis:
• 'n Gedeeltelike ontwrigting.
Gebruik:
• Herhaalde episodes van subluksasies lei tot verhoogde risiko van artritis in die gewrig.
Vertaling:
Engels: subluxation
Nederlands: subluxatie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: ontwrigting
ontwrigting [boodskap #146548 ]
Sa, 28 September 2024 09:00
Leksikograaf
Boodskappe: 20278Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ontwrigting
Afbreking: ont•wrig•ting
Samestelling: ontwrig(t) + -ing
Selfstandige naamwoord: ontwrigting
Meervoud: ontwrigtinge , ontwrigtings
Betekenis:
• Die handeling of resultaat van ontwrig (om uit gewrig te ruk, of figuurlik, om ernstig te versteur).
Gebruik:
• Die betoging het groot ontwrigting in die middestad veroorsaak.
Sinoniem:
• dislokasie
• ondermyning
• ontsetting
• uiteenskeuring
• verhindering
• verplasing
• verrekking
• verstuiting
• verswikking
Hiponiem:
• gesinsontwrigting
• heupontwrigting
• skouerontwrigting
Vertaling:
Engels: dislocation; disruption
Nederlands: ontwrichting
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: besnoeiing
besnoeiing [boodskap #146547 ]
Vr, 27 September 2024 15:53
Leksikograaf
Boodskappe: 20278Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
besnoeiing
Afbreking: be•snoei•ing
Samestelling: besnoei + -ing
Selfstandige naamwoord: besnoeiing
Meervoud: besnoeiinge , besnoeiings
Betekenis:
• Die handeling of resultaat van besnoei (om kleiner of minder te maak).
Gebruik:
• Die maatskappy beplan 'n verdere besnoeiing van poste.
Sinoniem:
• afname
• besparing
• besuiniging
• inkorting
• inkrimping
• snoeiing
• vermindering
Hiponiem:
• kostebesnoeiing
• werkbesnoeiing
Vertaling:
Engels: cutback
Nederlands: besnoeiing
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: sleutelkwessie
sleutelkwessie [boodskap #146546 ]
Vr, 27 September 2024 15:18
Leksikograaf
Boodskappe: 20278Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sleutelkwessie
Afbreking: sleu•tel•kwes•sie
Samestelling: sleutel + kwessie
Selfstandige naamwoord: sleutelkwessie
Meervoud: sleutelkwessies
Betekenis:
• 'n Baie belangrike probleem.
Gebruik:
• Gehalte-onderwys is 'n sleutelkwessie wat talle kiesers se keuse by die stembus gaan beïnvloed.
Sinoniem:
• sleutelprobleem
Vertaling:
Engels: key issue
Nederlands: sleutelkwestie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: bevredig
bevredig [boodskap #146545 ]
Vr, 27 September 2024 13:19
Leksikograaf
Boodskappe: 20278Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bevredig
Afbreking: be•vre•dig
Werkwoord: bevredig
Verlede tyd: het bevredig
Betekenis:
• Om tevrede te stel; aan 'n behoefte of begeerte voldoen.
Gebruik:
• Soms moet 'n mens maar ongemaklike vrae vra om jou nuuskierigheid te bevredig .
Sinoniem:
• behaag
• les
• tevredestel
• vergenoeg
• versadig
Antoniem:
• onbevredig
Afgelei:
• bevredigend
• bevrediging
Vertaling:
Engels: to satisfy, gratify
Nederlands: bevredigen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: bevrediging
bevrediging [boodskap #146544 ]
Vr, 27 September 2024 11:50
Leksikograaf
Boodskappe: 20278Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bevrediging
Afbreking: be•vre•di•ging
Samestelling: bevredig + -ing
Selfstandige naamwoord: bevrediging
Meervoud: bevrediginge , bevredigings
Verkleinwoord: bevrediginkie
Meervoud van verkleining: bevrediginkies
Betekenis:
• Die handeling of resultaat van bevredig (om tevrede te stel, of 'n begeerte te vervul).
Gebruik:
• Nieteenstaande al die probleme en terugslae is my werk vir my 'n plesier en bring dit vir my groot bevrediging .
Sinoniem:
• genoegdoening
• plesier
• satisfaksie
• tevredenheid
• vergenoeging
• voldoening
Hiponiem:
• behoeftebevrediging
• huweliksbevrediging
• selfbevrediging
• werksbevrediging
Vertaling:
Engels: satisfaction, pleasure
Nederlands: bevrediging
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: tevredenheid
tevredenheid [boodskap #146543 ]
Vr, 27 September 2024 11:24
Leksikograaf
Boodskappe: 20278Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
tevredenheid
Afbreking: te•vre•den•heid
Samestelling: tevrede + -n- + heid
Selfstandige naamwoord: tevredenheid
Meervoud: tevredenhede
Betekenis:
• Die toestand van tevrede wees. 'n Gevoel van bevrediging en genoegdoening.
Gebruik:
• Soos 'n kindjie wat by sy moeder tevredenheid gevind het, so het ek tevredenheid gevind. [Psalms 131:2]
Sinoniem:
• bevrediging
• genoeë
• genoegdoening
• genoeglikheid
• satisfaksie
• vergenoegdheid
• vervulling
• voldoening
Antoniem:
• ontevredenheid
Afgelei:
• selftevredenheid
• tevredenheidbetuiging
Vertaling:
Engels: satisfaction, contentment
Nederlands: tevredenheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: onbesmet
onbesmet [boodskap #146542 ]
Do, 26 September 2024 19:27
Leksikograaf
Boodskappe: 20278Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onbesmet
Afbreking: on•be•smet
Samestelling: on- + besmet
Byvoeglike naamwoord: onbesmet
Attributief: onbesmette
Betekenis:
• Wat skoon/ suiwer is; glad nie besmet nie.
Gebruik:
• Die siekte word oorgedra wanneer 'n onbesmette persoon met 'n besmette persoon in aanraking kom.
Sinoniem:
• maagdelik
• onaangetas
• onbesoedel
• onbevlek
• ongerepte
• onskuldig
• rein
• skoon
• smetteloos
• suiwer
• vlekkeloos
Antoniem:
• besmet
Afgelei:
• onbesmetheid
• onbesmetlik
Vertaling:
Engels: uninfected, undefiled, spotless
Nederlands: onbesmet
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: suiwering
suiwering [boodskap #146541 ]
Do, 26 September 2024 18:56
Leksikograaf
Boodskappe: 20278Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
suiwering
Afbreking: sui•we•ring
Samestelling: suiwer + -ing
Selfstandige naamwoord: suiwering
Meervoud: suiweringe , suiwerings
Betekenis:
• Die handeling of resultaat van suiwer (om skoon of onbesmet te maak).
Gebruik:
• 'n Aanleg vir die suiwering van seewater gaan hier opgerig word.
Sinoniem:
• ekspurgasie
• loutering
• reiniging
• purgering
• veredeling
Hiponiem:
• bloedsuiwering
• lugsuiwering
• metaalsuiwering
• selfsuiwering
• taalsuiwering
Afgelei:
• suiweringsmiddel
• suiweringsproses
• suiweringseep
• suiweringsout
• suiweringstablet
• suiweringstoestel
Vertaling:
Engels: purification, cleansing
Nederlands: zuivering
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: skubaduiker
skubaduiker [boodskap #146540 ]
Do, 26 September 2024 17:52
Leksikograaf
Boodskappe: 20278Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Skubaduiker.
skubaduiker
Afbreking: sku•ba•dui•ker
Samestelling: skuba + duiker
Selfstandige naamwoord: skubaduiker
Meervoud: skubaduikers
Verkleinwoord: skubaduikertjie
Meervoud van verkleining: skubaduikertjies
Betekenis:
• Persoon wat onderwater met skuba-duiktoerusting swem.
Gebruik:
• Hy is lief vir die see en is 'n kranige skubaduiker .
Verwant:
• snorkelduiker
Vertaling:
Engels: scuba diver
Nederlands: skubaduiker
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: bloedblaas
bloedblaas [boodskap #146539 ]
Di, 24 September 2024 18:20
Leksikograaf
Boodskappe: 20278Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bloedblaas
Afbreking: bloed•blaas
Samestelling: bloed + blaas
Selfstandige naamwoord: bloedblaas
Meervoud: bloedblase
Verkleinwoord: bloedblasie
Meervoud van verkleining: bloedblasies
Betekenis:
• 'n Blaas (verhoogde area op die vel) wat met bloed gevul is.
Gebruik:
• Bloedblase is meestal onskadelik en gaan binne 'n paar weke sonder behandeling weg.
Vertaling:
Engels: blister filled with blood
Nederlands: bloedblaasje
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: gestremd
gestremd [boodskap #146538 ]
Di, 24 September 2024 17:37
Leksikograaf
Boodskappe: 20278Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gestremd
Afbreking: ge•stremd
Samestelling: gestrem + -d
Byvoeglike naamwoord: gestrem , gestremd
Attributief: gestremde
Betekenis:
• Met 'n permanente liggaamlike of geestelike gebrek.
Gebruik:
• Gestremde mense is met tye deur die geskiedenis nie veel beter as diere behandel nie.
Sinoniem:
• lam
• mank
• paraplegies
• verlam
Hiponiem:
• gehoorgestremd
• gesiggestremd
Afgelei:
• gestremdes
• gestremdheid
Vertaling:
Engels: disabled
Nederlands: gestremd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: gestremdheid
gestremdheid [boodskap #146537 ]
Di, 24 September 2024 17:26
Leksikograaf
Boodskappe: 20278Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gestremdheid
Afbreking: ge•stremd•heid
Samestelling: gestremd + -heid
Selfstandige naamwoord: gestremdheid
Meervoud: gestremdhede
Betekenis:
• 'n Liggaamlike of geestelike beperking. Die toestand (of mate) van gestremd wees.
Gebruik:
• 'n Gestremdheid kan vanaf geboorte teenwoordig wees, of eers tydens 'n persoon se leeftyd ontwikkel.
Sinoniem:
• gebrek
• beperktheid
• ongeskiktheid
• onvermoë
• verlamming
Vertaling:
Engels: impairment, disability, handicap, retardation
Nederlands: gebrek, handicap
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: veins
veins [boodskap #146536 ]
Di, 24 September 2024 16:03
Leksikograaf
Boodskappe: 20278Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
veins
Afbreking: veins
Werkwoord: veins
Verlede tyd: het geveins
Betekenis:
• Om voor te gee wat nie so is nie (met die doel om te mislei).
Gebruik:
• Sy veins as sy maak of sy belangstel.
• Münchausen-sindroom is 'n psigiatriese steuring waarin individue siekte of trauma veins .
Sinoniem:
• bedrieg
• flous
• fop
• huigel
• lieg
• mislei
• simuleer
• voordoen
• voorgee
• voorwend
Afgelei:
• veinsaard
• veinser
• veinsery
Vertaling:
Engels: to pretend, fake, simulate, feign
Nederlands: veinzen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: kapsule
kapsule [boodskap #146535 ]
Di, 24 September 2024 09:27
Leksikograaf
Boodskappe: 20278Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Kapsules
kapsule
Afbreking: kap•su•le
Selfstandige naamwoord: kapsule
Meervoud: kapsules
Verkleinwoord: kapsuletjie
Meervoud van verkleining: kapsuletjies
Betekenis:
• 'n Nousluitende houer wat die inhoud binnehou en beskerm.
• (medies ) 'n Oplosbare omhulsel met medisyne in.
• (plantkunde ) 'n Beskermende omhulsel wat 'n plant se saad beskerm.
Gebruik:
• Die kapsule het sy valskerm op 'n hoogte van 52 km ontplooi en data oor die planeet se atmosfeer na die Aarde versend.
• Neem twee kapsules drie keer per dag.
• Katoen is 'n sagte vesel wat in 'n kapsule rondom die saad van katoenplante groei.
Sinoniem:
• bewaarplek
• flessie
• huls
• koker
Hiponiem:
• koffiekapsule
• landingskapsule
• ruimtekapsule
• saadkapsule
• tydkapsule
Afgelei:
• kapsulefabriek
• kapsulêr
• kapsulevorm
Vertaling:
Engels: capsule
Nederlands: capsule
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: dwelmmuil
dwelmmuil [boodskap #146534 ]
Di, 24 September 2024 09:05
Leksikograaf
Boodskappe: 20278Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dwelmmuil
Afbreking: dwelm•muil
Samestelling: dwelm + muil
Selfstandige naamwoord: dwelmmuil
Meervoud: dwelmmuile
Betekenis:
• Persoon wat onwettig dwelms vervoer. 'n Smokkelaar van dwelmmiddels.
Gebruik:
• 'n Dwelmmuil met 68 kapsules vol dwelms in sy maag is op die lughawe gearresteer.
Vertaling:
Engels: drug mule
Nederlands: drugskoerier, drugsmuilezel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: vaardigheidstekort
vaardigheidstekort [boodskap #146533 ]
Di, 24 September 2024 08:21
Leksikograaf
Boodskappe: 20278Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vaardigheidstekort
Afbreking: vaar•dig•heids•te•kort
Samestelling: vaardigheid + -s- + tekort
Selfstandige naamwoord: vaardigheidstekort
Meervoud: vaardigheidstekorte
Betekenis:
• 'n Tekort aan opgeleide mense om 'n bepaalde taak te verrig.
Gebruik:
• Suid-Afrika gaan tans gebuk onder 'n enorme vaardigheidstekort .
Vertaling:
Engels: skills shortage
Nederlands: tekort aan vaardigheden
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: tenderproses
tenderproses [boodskap #146532 ]
Di, 24 September 2024 07:57
Leksikograaf
Boodskappe: 20278Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
tenderproses
Afbreking: ten•der•pro•ses
Samestelling: tender + proses
Selfstandige naamwoord: tenderproses
Meervoud: tenderprosesse
Betekenis:
• Die stappe om 'n produk of diens aan te koop deur 'n spesifikasie te publiseer, tenders daarvoor te ontvang en 'n kontrak met die beste leweransier te sluit.
Gebruik:
• Munisipaliteit het 'n oop tenderproses met die verkryging van hierdie stelsel gevolg.
Vertaling:
Engels: tender process, bidding process
Nederlands: aanbestedingsproces
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: veiligheidsverslag
veiligheidsverslag [boodskap #146531 ]
Di, 24 September 2024 07:44
Leksikograaf
Boodskappe: 20278Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
veiligheidsverslag
Afbreking: vei•lig•heids•ver•slag
Samestelling: veiligheid + -s- + verslag
Selfstandige naamwoord: veiligheidsverslag
Meervoud: veiligheidsverslae
Betekenis:
• 'n Verslag (rapport) oor hoe veilig iets is.
Gebruik:
• Dameienaars moet elke vyf jaar 'n veiligheidsverslag indien wat deur 'n goedgekeurde inspekteur voorberei is.
Sinoniem:
• veiligheidsrapport
Vertaling:
Engels: safety report
Nederlands: veiligheidsrapport
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: ongeregistreer
ongeregistreer [boodskap #146530 ]
Di, 24 September 2024 07:40
Leksikograaf
Boodskappe: 20278Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ongeregistreer
Afbreking: on•ge•re•gi•streer
Samestelling: on- + geregistreer
Byvoeglike naamwoord: ongeregistreer , ongeregistreerd
Attributief: ongeregistreerde
Betekenis:
• Wat nie geregistreer is nie.
Gebruik:
• Daar is talle ongeregistreerde motors op ons paaie.
Wisselvorm:
• ongeregistreerd
Antoniem:
• geregistreer
Vertaling:
Engels: unregistered
Nederlands: niet-geregistreerd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: inspekteer
inspekteer [boodskap #146529 ]
Di, 24 September 2024 07:33
Leksikograaf
Boodskappe: 20278Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
inspekteer
Afbreking: in•spek•teer
Werkwoord: inspekteer
Verlede tyd: het geïnspekteer
Betekenis:
• Om 'n inspeksie te doen. Bekyk of alles in orde is.
Gebruik:
• Tydens die inspeksie het die inspekteur die dam geïnspekteer .
Sinoniem:
• bekyk
• besigtig
• beskou
• kontroleer
• nagaan
• ondersoek
• oorgaan
• oorkyk
• visenteer
Verwant:
• inspekteur (s.nw. )
Vertaling:
Engels: to inspect
Nederlands: inspecteren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: daag
daag [boodskap #146528 ]
Ma, 23 September 2024 18:54
Leksikograaf
Boodskappe: 20278Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
daag
Afbreking: daag
Werkwoord: daag
Verlede tyd: het gedaag
Betekenis:
• Om iemand voor 'n regbank te roep.
• Om iemand te tart om iets te doen.
• (verouderd ) Om dag te word, of om aan te breek.
Gebruik:
• Die prokureur wil hom voor die hof daag .
• Sy maatjies het hom gedaag om aan die kwaai tannie se deur te gaan klop.
• Die lig daag in die Ooste voordat sy aan die slaap raak.
Sinoniem:
• dagvaar
• oproep
• verkla
• uitdaag
• aanbreek
Afgelei:
• daagbrief
Vertaling:
Engels: to summon, subpoena; to challeng; to dawn
Nederlands: dagen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: verwerplik
verwerplik [boodskap #146527 ]
Ma, 23 September 2024 18:08
Leksikograaf
Boodskappe: 20278Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verwerplik
Afbreking: ver•werp•lik
Samestelling: verwerp + -lik
Byvoeglike naamwoord: verwerplik
Vergrotende trap: verwerpliker
Oortreffende trap: verwerplikste
Attributief: verwerplike
Partitief: verwerpliks
Betekenis:
• Wat sterk afgekeur en verwerp moet word.
Gebruik:
• Alles wat deur God geskape is, is goed, en niks is verwerplik as dit met danksegging ontvang word nie. [1 Timotheus 4:4]
Sinoniem:
• aanstootlik
• afkeurenswaardig
• bestraffend
• laakbaar
• onaanvaarbaar
• onwaardig
• wraakbaar
Afgelei:
• verwerplikheid
Vertaling:
Engels: objectionable, condemnable, unacceptable
Nederlands: verwerpelijk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: lewenskwaliteit
lewenskwaliteit [boodskap #146526 ]
Ma, 23 September 2024 17:47
Leksikograaf
Boodskappe: 20278Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
lewenskwaliteit
Afbreking: le•wens•kwa•li•teit
Samestelling: lewe + -ns- + kwaliteit
Selfstandige naamwoord: lewenskwaliteit
Meervoud: lewenskwaliteite
Betekenis:
• Die mate waarin iemand tevrede is met sy lewe (op materiële en geestelike vlak).
Gebruik:
• Uitvindings soos die gloeilamp, motor en telefoon het die lewenskwaliteit van baie mense verbeter.
Sinoniem:
• lewensgehalte
• lewenspeil
• lewenstandaard
Vertaling:
Engels: quality of life
Nederlands: levenskwaliteit
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: handwerk
handwerk [boodskap #146525 ]
Ma, 23 September 2024 17:32
Leksikograaf
Boodskappe: 20278Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
handwerk
Afbreking: hand•werk
Samestelling: hand + werk
Selfstandige naamwoord: handwerk
Meervoud: handwerke
Verkleinwoord: handwerkie
Meervoud van verkleining: handwerkies
Betekenis:
• Werk wat met die hande verrig word (naaldwerk, tuinwerk, ens.)
• Dit wat iemand self gedoen of gemaak het.
Gebruik:
• Hy hoef jou nooit vir handwerk te skaam nie.
• Sy besigtig die kunstige handwerk in die winkel se venster.
Wisselvorm:
• handewerk
Sinoniem:
• handearbeid
Hiponiem:
• kunshandwerk
Afgelei:
• handwerker
• handwerkgaring
• handwerklinne
• handwerkpatroon
• handwerksak
• handwerkster
• handwerktuig
Vertaling:
Engels: handwork, handicraft; handiwork
Nederlands: handwerk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: vitamienpil
vitamienpil [boodskap #146524 ]
Ma, 23 September 2024 16:15
Leksikograaf
Boodskappe: 20278Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vitamienpil
Afbreking: vi•ta•mien•pil
Samestelling: vitamien + pil
Selfstandige naamwoord: vitamienpil
Meervoud: vitamienpille
Verkleinwoord: vitamienpilletjie
Meervoud van verkleining: vitamienpilletjies
Betekenis:
• 'n Preparaat in pilvorm met vitamiene, minerale en spoorelemente wat as 'n aanvulling geneem word.
Gebruik:
• Sy drink daagliks 'n vitamienpil met sink, vitamiene D, C en B om haar dieet aan te vul.
Wisselvorm:
• vitaminepil
Vertaling:
Engels: vitamin pill
Nederlands: vitaminepil
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: hartgrondig
hartgrondig [boodskap #146523 ]
Ma, 23 September 2024 15:29
Leksikograaf
Boodskappe: 20278Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hartgrondig
Afbreking: hart•gron•dig
Samestelling: hart + grond + -ig
Byvoeglike naamwoord: hartgrondig
Attributief: hartgrondige
Betekenis:
• Uit die diepte van jou hart.
Gebruik:
• Die raadslede behoort hulle hartgrondig te skaam.
Sinoniem:
• hartlik
• innig
• opreg
• waardig
Afgelei:
• hartgrondigheid
Vertaling:
Engels: cordial, whole-hearted
Nederlands: hartgrondig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: uitbasuin
uitbasuin [boodskap #146522 ]
Ma, 23 September 2024 15:21
Leksikograaf
Boodskappe: 20278Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitbasuin
Afbreking: uit•ba•suin
Samestelling: uit + basuin
Werkwoord: basuin uit , uitbasuin
Verlede tyd: het uitgebasuin
Betekenis:
• Om inligting orals te versprei; luidkeels verkondig.
Gebruik:
• Wat Ek vir julle in die donker sê, moet julle in die daglig sê, en wat in julle oor gefluister word, moet julle van die dakke af uitbasuin . [Matteus 10:27]
Sinoniem:
• bekendmaak
• promulgeer
• rondvertel
• uitblaker
• uitblêr
• uitsaai
• verkondig
• versprei
Vertaling:
Engels: to trumpet forth, broadcast
Nederlands: uitbazuinen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: inslag
inslag [boodskap #146521 ]
Ma, 23 September 2024 14:39
Leksikograaf
Boodskappe: 20278Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
No. 1 is die skeuring en 2 is die inslag.
inslag
Afbreking: in•slag
Samestelling: in + slag
Selfstandige naamwoord: inslag
Meervoud: inslae
Betekenis:
• Die handeling van inslaan.
• 'n Kenmerk van iets, of iemand se geaardheid.
• Die handeling om gevestig en ingeburger te raak.
• 'n Ingevoude strook (o.a. van 'n boek se omslag of by naaldwerk).
• (weefkuns ) Die dwarsdraad by weefwerk.
Gebruik:
• Die meteoriet se inslag het 'n groot krater agtergelaat.
• Die skool het 'n godsdienstige inslag .
• Te veel Engelse woorde het al inslag in Afrikaans gevind.
• Sy maak die hemp korter met 'n inslag en werk dit met 'n naald en gare vas.
Spreekwoord:
• Skering en inslag vorm. [Die gewoonte wees.]
Sinoniem:
• karaktertrek
• dwarsdraad
• inweefsel
Hiponiem:
• beroepsinslag
Afgelei:
• inslagdraad
• inslaggaring
• inslagkrater
Vertaling:
Engels: physical impact; disposition, character, streak; influence; weft, woof
Nederlands: inslag
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: inplantaat
inplantaat [boodskap #146520 ]
Ma, 23 September 2024 12:07
Leksikograaf
Boodskappe: 20278Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
inplantaat
Afbreking: in•plan•taat
Samestelling: inplant + -aat
Selfstandige naamwoord: inplantaat
Meervoud: inplantate
Verkleinwoord: inplantaatjie
Meervoud van verkleining: inplantaatjies
Betekenis:
• 'n Toestel of voorwerp wat sjirurgies in die liggaam ingeplant is (soos 'n pasaangeër, kunstand, ens.)
Gebruik:
• Die tandarts gaan die tand trek en met 'n inplantaat vervang.
Wisselvorm:
• implantaat
Hiponiem:
• borsinplantaat
• heupinplantaat
• tandinplantaat
Vertaling:
Engels: implant, implantate
Nederlands: implantaat
Nota:
• Hoewel "inplantaat" en "implantaat" wisselvorme is (sien AWS), word "inplantaat" meer algemeen gebruik.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: saamvoel
saamvoel [boodskap #146519 ]
Ma, 23 September 2024 11:54
Leksikograaf
Boodskappe: 20278Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
saamvoel
Afbreking: saam•voel
Samestelling: saam + voel
Werkwoord: voel saam , saamvoel
Verlede tyd: het saamgevoel
Betekenis:
• Om dieselfde as ander oor 'n saak te voel; medelye toon.
Gebruik:
• Want elke hoëpriester ... kan saamvoel met die onwetendes en dwalendes, omdat hy self ook met swakheid bevange is. [Hebreërs 5:2]
• Dit was vertroostend om te wees dat daar mense was wat verstaan en saamgevoel het.
Sinoniem:
• inlewe
• meelewe
• meevoel
• saamstem
Vertaling:
Engels: to empathize, sympathise with
Nederlands: meevoelen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: bemanningslid
bemanningslid [boodskap #146518 ]
So, 22 September 2024 18:30
Leksikograaf
Boodskappe: 20278Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bemanningslid
Afbreking: be•man•nings•lid
Samestelling: bemanning + -s- + lid
Selfstandige naamwoord: bemanningslid
Meervoud: bemanningslede
Betekenis:
• Persoon wat 'n lid van 'n bemanning is.
Gebruik:
• 'n Bemanningslid van die vragskip het oorboord geval.
Sinoniem:
• manskap
Vertaling:
Engels: crewmember
Nederlands: bemanningslid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.