Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Af)  | Onbeantwoorde boodskappe (Aan)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: meningspeiling
meningspeiling [boodskap #146098] Sa, 10 Augustus 2024 19:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19823
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
meningspeiling
Afbreking: me•nings•pei•ling
Samestelling: mening + -s- + peiling


Selfstandige naamwoord: meningspeiling
Meervoud: meningspeilings
Verkleinwoord: meningspeilinkie
Meervoud van verkleining: meningspeilinkies

Betekenis:
• 'n Steekproef om die menings van 'n groep mense oor 'n onderwerp te bepaal.

Gebruik:
• Daar is die afgelope ruk gereelde meningspeiling wat voorspel hoe die politieke partye in die verkiesing gaan vaar.

Sinoniem:
• opinie-ondersoek
• opiniepeiling

Vertaling:
Engels: opinion poll
Nederlands: opiniepeiling

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: gehoorgestremd
gehoorgestremd [boodskap #146097] Sa, 10 Augustus 2024 19:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19823
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gehoorgestremd
Afbreking: ge•hoor•ge•stremd
Samestelling: gehoor + gestremd


Byvoeglike naamwoord: gehoorgestrem, gehoorgestremd
Attributief: gehoorgestremde

Betekenis:
• Wat moeilik kan hoor.

Gebruik:
• 'n Gehoorgestremde leerder is en bly 'n kind, die enigste verskil is hulle gehoorverlies.

Sinoniem:
• doof
• hardhorend
• sleghorend

Afgelei:
• gehoorgestremdheid

Vertaling:
Engels: hearing impaired
Nederlands: gehoorgestoord

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Sa, 10 Augustus 2024 19:51]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: borgskap
borgskap [boodskap #146096] Sa, 10 Augustus 2024 19:40
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19823
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
borgskap
Afbreking: borg•skap
Samestelling: borg + -skap


Selfstandige naamwoord: borgskap
Meervoud: borgskappe

Betekenis:
• Die hulp of steun wat 'n borg verskaf.

Gebruik:
• Die skool maak staat op borgskappe om sy finansies aan te vul en die beste moontlike geleenthede vir die leerders te skep.

Vertaling:
Engels: sponsorship
Nederlands: sponsoring, sponsorschap

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Sa, 10 Augustus 2024 19:50]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: begryper
begryper [boodskap #146095] Vr, 09 Augustus 2024 19:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19823
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
begryper
Afbreking: be•gry•per
Samestelling: begryp + -er


Selfstandige naamwoord: begryper
Meervoud: begrypers

Betekenis:
• Iemand wat iets begryp (snap, verstaan).

Gebruik:
• 'n Goeie begryper het 'n halwe woord nodig. [Langenhoven]

Vertaling:
Engels: understander
Nederlands: begrijper

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Sa, 10 Augustus 2024 19:13]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: implementering
implementering [boodskap #146094] Vr, 09 Augustus 2024 19:02
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19823
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
implementering
Afbreking: im•ple•men•te•ring
Samestelling: implementeer + -ing


Selfstandige naamwoord: implementering
Meervoud: implementeringe, implementeringes

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van implementeer.

Gebruik:
• Die implementering van die plan moet deeglik bestuur en gemoniteer word.

Sinoniem:
• invoering
• inwerkingstelling
• tenuitvoerbrenging
• toepassing
• uitvoering
• verwesenliking

Hiponiem:
• beleidsimplementering

Afgelei:
• implementeringsfase
• implementeringsmoontlikhede
• implementeringstrategie

Vertaling:
Engels: implementation
Nederlands: implementering

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: vergesel
vergesel [boodskap #146093] Vr, 09 Augustus 2024 18:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19823
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vergesel
Afbreking: ver•ge•sel
Samestelling: ver- + gesel


Werkwoord: vergesel
Verlede tyd: het vergesel

Betekenis:
• Om saam met iemand te gaan.
• Om saam met iets te gaan.

Gebruik:
• Sy het haar man na die funksie vergesel.
• Die aansoek moet van twee getuigskrifte vergesel wees.

Sinoniem:
• agtervolg
• akkompanjeer
• begelei
• chaperonneer
• meedoen
• meegaan
• meeloop
• meekom
• saamgaan
• saamloop
• saamreis
• saamtoer
• volg

Vertaling:
Engels: to accompany, attend
Nederlands: vergezellen


Byvoeglike naamwoord: vergesel
Attributief: vergeselde

Betekenis:
• Wat saam gaan.

Gebruik:
• Teken die vergeselde kontak en stuur dit terug.

Antoniem:
• onvergesel

Vertaling:
Engels: accompanied
Nederlands: vergezeld

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kontekstualiseer
kontekstualiseer [boodskap #146092] Vr, 09 Augustus 2024 18:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19823
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kontekstualiseer
Afbreking: kon•teks•tu•a•li•seer
Samestelling: konteks + -tualiseer


Werkwoord: kontekstualiseer
Verlede tyd: het gekonseptualiseer

Betekenis:
• Om in konteks (samehangende verband) te plaas.

Gebruik:
•  Dit is onmoontlik om die teks te kontekstualiseer en te besluit of dit werklike of verbeelde gebeure beskryf.

Vertaling:
Engels: to conceptualize
Nederlands: conceptualiseren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: druiwesap
druiwesap [boodskap #146091] Vr, 09 Augustus 2024 18:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19823
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
druiwesap
Afbreking: drui•we•sap
Samestelling: druiwe + sap


Selfstandige naamwoord: druiwesap
Meervoud: druiwesappe
Verkleinwoord: druiwesappie
Meervoud van verkleining: druiwesappies

Betekenis:
• 'n Vrugtesap wat van druiwe gepers word.

Gebruik:
• Mos is ongegiste druiwesap en brandewyn is 'n drank wat van gegiste druiwesap gemaak word.

Vertaling:
Engels: grape juice
Nederlands: druivensap

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: nagmaal
nagmaal [boodskap #146090] Vr, 09 Augustus 2024 18:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19823
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
nagmaal
Afbreking: nag•maal
Samestelling: nag + maal


Selfstandige naamwoord: nagmaal
Meervoud: nagmale
Verkleinwoord: nagmaaltjie
Meervoud van verkleining: nagmaaltjies

Betekenis:
• 'n Sakrament, ingestel tydens die Laatste Avondmaal, waar Jesus se liggaam as brood en sy bloed as wyn (of druiwesap) versinnebeeld word.

Gebruik:
• Daarom, my broers, as julle saamkom om die nagmaal te vier, wag vir mekaar. [1 Korintiërs 11:33]

Sinoniem:
• eucharistie

Afgelei:
• nagmaalbeker
• nagmaalsbrood
• nagmaalganger
• nagmaalsbediening
• nagmaalsbeker
• nagmaalsdiens
• nagmaalsganger
• nagmaalsgebeure
• nagmaalsgebruik
• nagmaalskelkie
• nagmaalstafel
• nagmaalsteologie
• nagmaalsviering
• nagmaalswyn
• nagmaaltafel
• nagmaalviering
• nagmaalwyn

Vertaling:
Engels: Lord's supper, Holy Communion
Nederlands: eucharistie, misoffer

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: sakrament
sakrament [boodskap #146089] Vr, 09 Augustus 2024 17:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19823
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sakrament
Afbreking: sa•kra•ment


Selfstandige naamwoord: sakrament
Meervoud: sakramente
Verkleinwoord: sakramentjie
Meervoud van verkleining: sakramentjies

Betekenis:
• 'n Gewyde kerklike gebeurtenis as teken en seël van God se beloftes en genade teenoor die mens.

Gebruik:
• Die doop is 'n sakrament, so ook is die nagmaal.
• Die Rooms-Katolieke kerk herken sewe sakramente

Afgelei:
• sakramentarisme
• sakramenteel

Hiponiem:
• doopbediening
• doopdiens
• doopformulier
• eucharistie
• handoplegging
• grootdoop
• huwelik
• huweliksformulier
• nagmaalsdiens
• nagmaalsformulier
• nagmaalsviering

Vertaling:
Engels: sacrament
Nederlands: sacrament

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: medaljewenner
medaljewenner [boodskap #146088] Vr, 09 Augustus 2024 17:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19823
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
medaljewenner
Afbreking: me•dal•je•wen•ner
Samestelling: medalje + wenner


Selfstandige naamwoord: medaljewenner
Meervoud: medaljewenners
Verkleinwoord: medaljewennertjie
Meervoud van verkleining: medaljewennertjies

Betekenis:
• Iemand wat 'n medalje gewen het.

Gebruik:
• Hy is 'n voormalige Olimpiese medaljewenner in verspring.

Hiponiem:
• gouemedaljewenner

Vertaling:
Engels: medal winner, medalist
Nederlands: medaillewinnaar

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: gewer
gewer [boodskap #146087] Vr, 09 Augustus 2024 17:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19823
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gewer
Afbreking: ge•wer
Samestelling: gee + -er


Selfstandige naamwoord: gewer
Meervoud: gewers
Verkleinwoord: gewertjie
Meervoud van verkleining: gewertjies

Betekenis:
• Iemand wat iets gee.

Gebruik:
• Die gewer sal oorvloedig ontvang.

Wisselvorm:
• geër

Sinoniem:
• aanbieder
• begunstiger
• bydraer
• deler
• donateur
• borg
• offeraar
• skenker
• verskaffer

Antoniem:
• nemer

Hiponiem:
• aangewer
• afgewer
• beriggewer
• diensgewer
• geldgewer
• geluidgewer
• hipoteekgewer
• hofverslaggewer
• instruksiegewer
• kredietgewer
• lasgewer
• maggewer
• naamgewer
• opdraggewer
• pandgewer
• raadgewer
• seingewer
• taakgewer
• transportgewer
• uitgewer
• verbandgewer
• verslaggewer
• werkgewer
• wetgewer

Vertaling:
Engels: giver, donor
Nederlands: gever

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Vr, 09 Augustus 2024 17:10]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: sensasie
sensasie [boodskap #146086] Vr, 09 Augustus 2024 16:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19823
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sensasie
Afbreking: sen•sa•sie


Selfstandige naamwoord: sensasie
Meervoud: sensasies
Verkleinwoord: sensasietjie
Meervoud van verkleining: sensasietjies

Betekenis:
• 'n Sintuiglike waarneming of gevoel.
• Iets wat entoesiasme of opskudding veroorsaak.

Gebruik:
• Brand, kielie en jeuk is verskillende sensasies.
• Die rugbyspeler het 'n oornag-sensasie in sy tuisdorp geword.

Sinoniem:
• ervaring
• gevoel
• gewaarwording
• prikkeling
• affêre
• beroering
• debakel
• opskudding
• opspraak
• skandaal
• verwondering

Afgelei:
• sensasieblad
• sensasiebelus
• sensasieberig
• sensasiejag
• sensasiekoerant
• sensasielus
• sensasiepers
• sensasieroman
• sensasiesoeker
• sensasiesoekery
• sensasiestorie
• sensasiestuk
• sensasiewekkend

Vertaling:
Engels: sensation, thrill
Nederlands: sensatie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Vr, 09 Augustus 2024 17:00]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: manierlik
manierlik [boodskap #146085] Wo, 07 Augustus 2024 18:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19823
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
manierlik
Afbreking: ma•nier•lik
Samestelling: manier + -lik


Byvoeglike naamwoord: manierlik
Attributief: manierlike

Betekenis:
• Met goeie maniere.

Gebruik:
• Die nie manierlik om in die geselskap te sit en gaap nie.

Sinoniem:
• bedagsaam
• beleef
• beleefd
• beskaaf
• beskaafd
• fatsoenlik
• gemanierd
• goedgemanierd
• hoflik
• opgevoed
• ordentlik
• verfynd
• welgemanierd

Antoniem:
• onmanierlik

Afgelei:
• manierlikheid

Vertaling:
Engels: mannerly, well-mannered, polite
Nederlands: beleefd, welgemanierd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo, 07 Augustus 2024 18:57]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: daarteenoor
daarteenoor [boodskap #146084] Wo, 07 Augustus 2024 18:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19823
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
daarteenoor
Afbreking: daar•teen•oor
Samestelling: daar + teenoor


Bywoord: daarteenoor

Betekenis:
• Teenoor dit wat genoem is; aan die ander kant; as teenwig.

Gebruik:
• Die polisie verseker binnelandse veiligheid en die weermag, daarteenoor, beskerm die land teen gevare van buite.

Sinoniem:
• andersinds
• daarenteen
• inteendeel

Vertaling:
Engels: daarteenoor
Nederlands: daartegenover

Nota:
• Kan ook los geskryf word, "daar teenoor".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

 Onderwerp: taalonderrig
taalonderrig [boodskap #146083] Wo, 07 Augustus 2024 17:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19823
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
taalonderrig
Afbreking: taal•on•der•rig
Samestelling: taal + onderrig


Selfstandige naamwoord: taalonderrig
Meervoud:

Betekenis:
• Die verskaffing van taallesse.

Gebruik:
• 'n Moedertaal is 'n taal wat 'n persoon gedurende sy jeug sonder formele taalonderrig verwerf.

Sinoniem:
• taalonderwys

Hiponiem:
• moedertaalonderrig
• vreemdetaalonderrig

Vertaling:
Engels: language instruction, language teaching
Nederlands: taalonderrig, taalonderwijs

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: lewensgehalte
lewensgehalte [boodskap #146082] Wo, 07 Augustus 2024 17:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19823
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
lewensgehalte
Afbreking: le•wens•ge•hal•te
Samestelling: lewe + -ns- + gehalte


Selfstandige naamwoord: lewensgehalte
Meervoud: lewensgehalte

Betekenis:
• Die mate waarin iemand gesond, vervuld, welvarend en oor die algemeen tevrede is met sy lewe.

Gebruik:
• Die gestremde seun se ouers het alles moontlik gedoen om sy lewensgehalte te verbeter.

Sinoniem:
• lewensbevrediging
• lewenskwaliteit
• lewenspeil
• welsyn

Vertaling:
Engels: quality of life
Nederlands: lewensgehalte, levenskwaliteit

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: aanskou
aanskou [boodskap #146081] Wo, 07 Augustus 2024 16:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19823
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aanskou
Afbreking: aan•skou
Samestelling: aan + skou


Werkwoord: aanskou
Verlede tyd: het aanskou

Betekenis:
• Om iets te sien of na iets te kyk.

Gebruik:
• Volgens die profesie gaan die oorlog kort wees, maar die vernietiging op 'n skaal soos wat die wêreld nog nooit aanskou het nie.

Sinoniem:
• aanblik
• afloer
• bekyk
• belewe
• beloer
• besigtig
• betrag
• bespied
• betrag
• gadeslaan
• observeer
• sien
• staar
• verken
• waarneem

Afgelei:
• aanskouingsmateriaal
• aanskouenswaardig
• aanskoue
• aanskouer
• aanskouing
• aanskoulik

Vertaling:
Engels: to behold, view
Nederlands: aanskou

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: rigied
rigied [boodskap #146080] Wo, 07 Augustus 2024 13:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19823
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
rigied
Afbreking: ri•gied


Byvoeglike naamwoord: rigied
Vergrotende trap: rigieder
Oortreffende trap: rigiedste
Attributief: rigiede

Betekenis:
• Wat stewig is en nie maklik buig nie.
• (figuurlik) Wat nie maklik verander of aanpas nie.

Gebruik:
• 'n Vastestof is meer rigied as 'n vloeistof.
• Die rigiede stelsel kniehalter verdere ontwikkeling.

Sinoniem:
• onbuigbaar
• onbuigsaam
• onelasties
• styf

Antoniem:
• buigbaar
• buigsaam

Vertaling:
Engels: rigid, stiff
Nederlands: onbuigzaam, stijf

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo, 07 Augustus 2024 13:17]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: voornemend
voornemend [boodskap #146079] Wo, 07 Augustus 2024 11:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19823
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
voornemend
Afbreking: voor•ne•mend
Samestelling: voorneem + -end


Byvoeglike naamwoord: voornemend
Attributief: voornemende

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van voorneem (van plan om iets te doen).

Gebruik:
Voornemende duikers moet eers opleiding ontvang en 'n eksamen aflê.

Sinoniem:
• beoog
• potensieel

Vertaling:
Engels: prospective, potential
Nederlands: voornemend

Nota:
• Onvoltooide deelwoord van voorneem.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo, 07 Augustus 2024 11:57]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: topvlak
topvlak [boodskap #146078] Wo, 07 Augustus 2024 11:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19823
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
topvlak
Afbreking: top•vlak
Samestelling: top + vlak


Selfstandige naamwoord: topvlak
Meervoud: topvlakke

Betekenis:
• Die heel boonste vlak.

Gebruik:
• Atlete wat op topvlak wil presteer moet daagliks ure se harde oefening insit.

Afgelei:
• topvlakbestuurder

Vertaling:
Engels: top level, top tier
Nederlands: topniveau, hoogste niveau

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: volskaals
volskaals [boodskap #146077] Wo, 07 Augustus 2024 11:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19823
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
volskaals
Afbreking: vol•skaals
Samestelling: vol + skaal + -s


Byvoeglike naamwoord: volskaals
Attributief: volskaalse

Betekenis:
• Wat op volle skaal gebeur; so groot as wat dit kan wees.

Gebruik:
• 'n Volskaalse oorlog kan dalk binnekort in die Midde-Ooste uitbreek.

Vertaling:
Engels: full blown, full scale
Nederlands: op volle schaal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Do, 08 Augustus 2024 20:05]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: balling
balling [boodskap #146076] Wo, 07 Augustus 2024 11:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19823
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
balling
Afbreking: bal•ling


Selfstandige naamwoord: balling
Meervoud: ballinge
Verkleinwoord: ballinkie
Meervoud van verkleining: ballinkies

Betekenis:
• Iemand wat na 'n ander land verban is.

Gebruik:
• Paul Kruger is in 1904 as 'n balling in Switserland oorlede, toe dit gelyk het of daar geen toekoms vir die Afrikanervolk is nie.

Wisselvorm:
• banneling
• uitgewekene

Afgelei:
• ballingskap

Vertaling:
Engels: exile
Nederlands: balling

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Do, 08 Augustus 2024 20:05]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: visioen
visioen [boodskap #146075] Wo, 07 Augustus 2024 10:58
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19823
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
visioen
Afbreking: vi•si•oen
Samestelling: visie + -oen


Selfstandige naamwoord: visioen
Meervoud: visioene
Verkleinwoord: visioentjie
Meervoud van verkleining: visioentjies

Betekenis:
• 'n Beeld of gewaarwording van iets wat nie bestaan nie, asof dit 'n droom is.

Gebruik:
• Baie van Siener van Rensburg se visioene is later bewaarheid.

Sinoniem:
• droombeeld
• droomgesig
• fantasmagorie
• gesig
• gewaarwording
• hersenskim
• profesie
• verskynsel
• visie
• voorbode
• toekomsblik

Hiponiem:
• toekomsvisioen
• koorsvisioen

Afgelei:
• visioenêr

Vertaling:
Engels: vision
Nederlands: visioen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: visioenêr
visioenêr [boodskap #146074] Wo, 07 Augustus 2024 10:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19823
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
visioenêr
Afbreking: vi•si•oe•nêr
Samestelling: visioen + - êr


Byvoeglike naamwoord: visioenêr
Attributief: visioenêre

Betekenis:
• Met 'n duidelike visie vir die toekoms.
• (ongewoon) Wat visioene/ gesigte sien.

Gebruik:
• Hy was 'n visioenêre leier, ver voor sy tyd, wat altyd groot gedroom het.

Sinoniem:
• ambisieus
• futuristies
• vooruitstrewend

Vertaling:
Engels: visionary
Nederlands: visionair


Selfstandige naamwoord: visioenêr
Meervoud: visioenêre

Betekenis:
• Iemand met 'n visie vir die toekoms, of wat visioene/ gesigte van die toekoms sien.

Gebruik:
• Hy dink hy is 'n visioenêr, maar geen van sy voorspelling word ooit waar nie.

Vertaling:
Engels: visionary
Nederlands: visionair

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo, 07 Augustus 2024 11:12]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: vryheidstryd
vryheidstryd [boodskap #146073] Wo, 07 Augustus 2024 09:58
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19823
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vryheidstryd
Afbreking: vry•heid•stryd
Samestelling: vryheid + stryd


Selfstandige naamwoord: vryheidstryd
Meervoud: vryheidstryde

Betekenis:
• 'n Stryd om vryheid of onafhanklikheid te verkry.

Gebruik:
• Talle state het hulle ontstaan aan 'n vryheidstryd te danke wat later tot bevryding en onafhanklikheid gelei het.

Vertaling:
Engels: freedom struggle
Nederlands: vrijheidsstrijd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: vegvliegtuig
vegvliegtuig [boodskap #146072] Wo, 07 Augustus 2024 09:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19823
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Vegvliegtuie
Vegvliegtuie
vegvliegtuig
Afbreking: veg•vlieg•tuig
Samestelling: veg + vliegtuig


Selfstandige naamwoord: vegvliegtuig
Meervoud: vegvliegtuie
Verkleinwoord: vegvliegtuigie
Meervoud van verkleining: vegvliegtuigies

Betekenis:
• 'n Militêre vliegtuig waarmee daar in die lug (of vanuit die lug) geveg word.

Gebruik:
• Mettertyd het twee verskillende soorte vegvliegtuie ontstaan, naamlik die stralejagter en die bomwerper.

Sinoniem:
• gevegsvliegtuig
• vegter

Afgelei:
• straalvegvliegtuig

Verwant:
• vegvlieënier

Vertaling:
Engels: fighter jet
Nederlands: gevechtsvliegtuig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Do, 08 Augustus 2024 11:31]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: teenswoordig
teenswoordig [boodskap #146071] Wo, 07 Augustus 2024 09:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19823
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
teenswoordig
Afbreking: teens•woor•dig


Byvoeglike naamwoord: teenswoordig
Attributief: teenswoordige

Betekenis:
• Van die huidige tyd; in ons dae.

Gebruik:
• In die ou tyd het vegvliegtuie skroewe gehad, maar teenswoordig het byna alle vegvliegtuie straalenjins.

Sinoniem:
• deesdae
• eietyds
• hedendaags
• huidig
• nou
• tans

Verwant:
• teenwoordig

Vertaling:
Engels: present, present-day, nowadays
Nederlands: tegenwoordig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo, 07 Augustus 2024 11:11]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: geskrif
geskrif [boodskap #146070] Wo, 07 Augustus 2024 09:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19823
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
geskrif
Afbreking: ge•skrif
Samestelling: ge- + skrif


Selfstandige naamwoord: geskrif
Meervoud: geskrifte
Verkleinwoord: geskriffie
Meervoud van verkleining: geskriffies

Betekenis:
• 'n Geskrewe werk. Iets wat geskryf of gedruk is.

Gebruik:
• Die Apokriewe boeke is Joodse geskrifte wat nie in die Bybel ingesluit is nie.

Sinoniem:
• boekwerk
• dokument
• geskribbel
• leesstof
• leesstuk
• pennevrug
• publikasie
• skryfwerk
• teks

Hiponiem:
• godsdiensgeskrif
• knolgeskrif
• propagandageskrif
• twisgeskrif

Vertaling:
Engels: script, document, writing
Nederlands: geschrift

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: lekgotla
lekgotla [boodskap #146069] Wo, 07 Augustus 2024 07:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19823
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
lekgotla
Afbreking: lek•got•la


Selfstandige naamwoord: lekgotla
Meervoud: lekgotla's

Betekenis:
• 'n Belangrike raadsvergadering met die topleier waarop belangrike kwessies bespreek word.

Gebruik:
• Pres. Ramaphosa het op die ANC se lekgotla gesê die ANC sal voortgaan om met hulle alliansievennote in gesprek te tree oor die regering van nasionale eenheid.

Sinoniem:
• bosberaad
• indaba

Vertaling:
Engels: lekgotla, council meeting
Nederlands: raadsvergadering

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo, 07 Augustus 2024 17:40]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: raadslid
raadslid [boodskap #146068] Di, 06 Augustus 2024 19:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19823
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
raadslid
Afbreking: raads•lid
Samestelling: raad + -s- + lid


Selfstandige naamwoord: raadslid
Meervoud: raadslede

Betekenis:
• Iemand wat gekies of benoem is om op 'n raad te dien.

Gebruik:
• Die nuutverkose raadslede is in die raadsaal verwelkom.

Hiponiem:
• heemraadslid
• kerkraadslid
• stadsraadslid
• volksraadslid

Afkorting:
• rdl.

Vertaling:
Engels: board member, council member, councillor
Nederlands: raadslid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: mesaanval
mesaanval [boodskap #146067] Di, 06 Augustus 2024 19:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19823
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
mesaanval
Afbreking: mes•aan•val
Samestelling: mes + aanval


Selfstandige naamwoord: mesaanval
Meervoud: mesaanvalle

Betekenis:
• 'n Aanval met 'n mes.

Gebruik:
• 'n Bendelid is in die mesaanval oorlede nadat hy verskeie steekwonde opgedoen en die lem van die mes in sy lyf afgebreek het.

Vertaling:
Engels: knife attack
Nederlands: mesaanval

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Di, 06 Augustus 2024 19:38]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: asiel
asiel [boodskap #146066] Di, 06 Augustus 2024 19:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19823
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
asiel
Afbreking: a•siel


Selfstandige naamwoord: asiel
Meervoud: asiele

Betekenis:
• Beskerming vir mense wat van vervolging vlug (geen meervoud).
• Plek wat beskerming gee aan vlugtelinge, gestremdes, kranksinniges, ens.

Gebruik:
• Die vlugteling het om politieke asiel aansoek gedoen.
• Die man is in 'n asiel vir geestesongesteldheid opgeneem. Die skool is nie 'n asiel nie en slegs opvoedbare kinders word toegelaat.

Sinoniem:
• toevlugsoord

Afgelei:
• asielreg
• asielsoeker

Vertaling:
Engels: asylum
Nederlands: asiel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: asielsoeker
asielsoeker [boodskap #146065] Di, 06 Augustus 2024 18:06
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19823
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
asielsoeker
Afbreking: a•siel•soe•ker
Samestelling: asiel + soeker


Selfstandige naamwoord: asielsoeker
Meervoud: asielsoekers
Verkleinwoord: asielsoekertjie
Meervoud van verkleining: asielsoekertjies

Betekenis:
• Iemand wat uit sy eie land gevlug het om in 'n ander land om asiel te vra.

Gebruik:
• Die asielsoekers wie se aansoeke afgekeur is sal na hulle land van oorsprong gedeporteer word.

Afgelei:
• asielsoekerspermit

Vertaling:
Engels: asylum seeker
Nederlands: asielzoeker

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: onbeskryf
onbeskryf [boodskap #146064] Di, 06 Augustus 2024 13:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19823
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onbeskryf
Afbreking: on•be•skryf
Samestelling: on- + beskryf


Byvoeglike naamwoord: onbeskryf
Attributief: onbeskryfde

Betekenis:
• Wat nog nie beskryf (in woorde verduidelik) is nie.

Gebruik:
• 'n Nuwe spesie is ontdek wat nog onbeskryf is.

Sinoniem:
• onbeskrewe
• ongedokumenteer

Afgelei:
• onbeskryflik
• onbeskryfbaar

Vertaling:
Engels: undescribed
Nederlands: onbeschreven

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: fassinerend
fassinerend [boodskap #146063] Di, 06 Augustus 2024 13:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19823
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
fassinerend
Afbreking: fas•si•ne•rend
Samestelling: fassineer + -end


Byvoeglike naamwoord: fassinerend
Vergrotende trap: fassinerender
Oortreffende trap: fassinerendste
Attributief: fassinerende
Partitief: fassinerends

Betekenis:
• Wat 'n mens fassineer (interessant en boeiend vind).

Gebruik:
• Ek het 'n fassinerende praatjie oor die toekoms van die mensdom bygewoon.

Sinoniem:
• aangrypend
• aantreklik
• bekoorlik
• boeiend
• belangwekkend
• betowerend
• interessant
• meeslepend
• prikkelend
• verruklik

Antoniem:
• vervelend

Vertaling:
Engels: fascinating
Nederlands: fascinerend

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: afswaai
afswaai [boodskap #146062] Di, 06 Augustus 2024 12:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19823
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
afswaai
Afbreking: af•swaai
Samestelling: af + swaai


Werkwoord: swaai af, afswaai
Verlede tyd: het afgeswaai

Betekenis:
• Om ondertoe te swaai.
• Om in 'n ander rigting te gaan.
• (chemie) Om stowwe deur dit te swaai van mekaar te skei.

Gebruik:
• Die een grafiek swaai af en die ander een swaai op.
• Die voertuig swaai van die pad af.
• Die monster moet binne 4 ure afgeswaai en gevries word.

Sinoniem:
• afdraai
• afduik
• afswenk
• neerdaal
• uitswaai
• wegdraai
• wegswaai
• wegswenk

Antoniem:
• opswaai

Vertaling:
Engels: to turn down, swing down
Nederlands: afzwaaien, naar beneden zwaaien


Selfstandige naamwoord: afswaai
Meervoud: afswaaie

Betekenis:
• Die handeling van na onder swaai.

Gebruik:
• Die land ervaar 'n ekonomiese afswaai.

Vertaling:
Engels: downturn
Nederlands: neergang, neergang

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo, 07 Augustus 2024 07:05]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: aandeelprys
aandeelprys [boodskap #146061] Di, 06 Augustus 2024 11:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19823
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aandeelprys
Afbreking: aan•deel•prys
Samestelling: aandeel + prys


Selfstandige naamwoord: aandeelprys
Meervoud: aandeelpryse

Betekenis:
• Die koste van 'n aandeel op 'n beurs.

Gebruik:
• Die aandeelpryse het drasties geval, waarna verhandeling tydelik opgeskort is.

Sinoniem:
• eenheidsprys

Vertaling:
Engels: share price, stock price
Nederlands: aandelenkoers

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: resessie
resessie [boodskap #146060] Di, 06 Augustus 2024 11:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19823
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
resessie
Afbreking: re•ses•sie


Selfstandige naamwoord: resessie
Meervoud: resessies
Verkleinwoord: resessietjie
Meervoud van verkleining: resessietjies

Betekenis:
• 'n Terugsakking of insinking.
• (ekonomie) Negatiewe groei in die ekonomies; algemene vertraging in ekonomiese aktiwiteit.

Gebruik:
• Die kanker is in resessie.
• 'n Langdurige resessie staan as 'n ekonomiese depressie bekend.

Sinoniem:
• afswaai
• handelslapte
• inkrimping
• insinking
• teruggang
• terugsakking
• verlangsaming

Vertaling:
Engels: recession
Nederlands: recessie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: gedug
gedug [boodskap #146059] Ma, 05 Augustus 2024 19:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19823
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gedug
Afbreking: ge•dug


Byvoeglike naamwoord: gedug
Vergrotende trap: gedugter
Oortreffende trap: gedugste
Attributief: gedugte

Betekenis:
• Wat ontsag of vrees inboesem.

Gebruik:
• Die Springbokke is 'n gedugte span waarmee rekening gehou moet word.

Sinoniem:
• formidabel
• gevrees
• intimiderend
• kragtig
• ontsagwekkend
• vreeswekkend
• verskriklik

Afgelei:
• gedugtheid

Vertaling:
Engels: formidable, fearsome
Nederlands: geducht

Nota:
• Moenie "gedug" met "gedig" verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Bladsye (4): [1  2  3  4    »]


Tyd nou: Sa Aug 10 22:08:13 MGT 2024