Forum: Woordeboek
Onderwerp: sportbeurs
sportbeurs [boodskap #145827 ]
Sa, 13 Julie 2024 10:57
Leksikograaf
Boodskappe: 19557Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sportbeurs
Afbreking: sport•beurs
Samestelling: sport + beurs
Selfstandige naamwoord: sportbeurs
Meervoud: sportbeurse
Betekenis:
• 'n Beurs (geldelike hulp vir studies) wat op grond van besondere prestasie in sport toegeken is.
Gebruik:
• Hy het ná skool met 'n sportbeurs aan die universiteit gaan studeer.
Antoniem:
• studiebeurs
Vertaling:
Engels: sports scholarship
Nederlands: sportbeurs
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Sa, 13 Julie 2024 10:58]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: inderhaas
inderhaas [boodskap #145826 ]
Sa, 13 Julie 2024 10:50
Leksikograaf
Boodskappe: 19557Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
inderhaas
Afbreking: in•der•haas
Samestelling: in + der(die) + haas(stig)
Bywoord: inderhaas
Betekenis:
• Met groot spoed; baie gou en sonder voorbereiding.
Gebruik:
• Hulle moes inderhaas met die kind hospitaal toe jaag.
Sinoniem:
• dadelik
• blitsig
• blitsvinnig
• gou
• haastig
• onmiddellik
• plotseling
• skielik
• spoedig
• vinnig
• vlugtig
Vertaling:
Engels: in haste, in a hurry, hurriedly
Nederlands: inderhaast
Nota:
• Kan ook los geskryf word: in der haas.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: afstaan
afstaan [boodskap #145825 ]
Sa, 13 Julie 2024 10:08
Leksikograaf
Boodskappe: 19557Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
afstaan
Afbreking: af•staan
Samestelling: af + staan
Werkwoord: staan af , afstaan
Verlede tyd: het afgestaan
Betekenis:
• Om iets wat jy het te laat gaan; af te gee.
Gebruik:
• Hoe troos 'n mens iemand wat 'n geliefde aan die dood moes afstaan ?
• Ons het 'n hele paar strafskoppe afgestaan .
Spreekwoord:
• Vir geen geld of goeie woorde afstaan nie. [Vir niks ter wêreld sal ruil nie.]
Sinoniem:
• afgee
• inboet
• oorgee
• opgee
• opoffer
• opsê
• prysgee
• sedeer
• verbeur
Vertaling:
Engels: to relinquish, surrender, give up, cede
Nederlands: afstaan
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: septies
septies [boodskap #145824 ]
Sa, 13 Julie 2024 09:04
Leksikograaf
Boodskappe: 19557Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
septies
Afbreking: sep•ties
Byvoeglike naamwoord: septies
Attributief: septiese
Betekenis:
• Wat vol kieme is en tekens van bederf toon.
Gebruik:
• Die wond lyk septies .
Sinoniem:
• besmet
• bederwend
• etterig
• ontsteek
• rottend
Antoniem:
• antisepties
Vertaling:
Engels: septic
Nederlands: septisch
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: knievervanging
knievervanging [boodskap #145823 ]
Sa, 13 Julie 2024 08:54
Leksikograaf
Boodskappe: 19557Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
knievervanging
Afbreking: knie•ver•van•ging
Samestelling: knie + vervanging
Selfstandige naamwoord: knievervanging
Meervoud: knievervangings
Betekenis:
• 'n Chirurgiese ingryp waartydens die gewrigte van die bo- en onderbeen met 'n prostese vervang word.
Gebruik:
• Die doelwit van 'n knievervanging is om pyn te verlig, normale aktiwiteite van die alledaagse lewe te hervat en jou lewenskwaliteit te verbeter.
Afgelei:
• knievervangingsoperasie
Vertaling:
Engels: knee replacement
Nederlands: knievervanging
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Sa, 13 Julie 2024 08:55]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: regterknie
regterknie [boodskap #145822 ]
Sa, 13 Julie 2024 08:41
Leksikograaf
Boodskappe: 19557Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
regterknie
Afbreking: reg•ter•knie
Samestelling: regter + knie
Selfstandige naamwoord: regterknie
Meervoud: regterknieë
Betekenis:
• Die knie aan die regterkant (die kant waar die hart is).
Gebruik:
• Die man se been is bo die knie geamputeer nadat sy liggaam die prostese aan sy regterknie verwerp het.
Antoniem:
• linkerknie
Vertaling:
Engels: right knee
Nederlands: rechterknie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: linkerknie
linkerknie [boodskap #145821 ]
Sa, 13 Julie 2024 08:39
Leksikograaf
Boodskappe: 19557Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
linkerknie
Afbreking: lin•ker•knie
Samestelling: linker + knie
Selfstandige naamwoord: linkerknie
Meervoud: linkerknieë
Betekenis:
• Die knie aan die linkerkant (die kant waar die hart is).
Gebruik:
• Die man se been is bo die knie geamputeer nadat sy liggaam die prostese aan sy linkerknie verwerp het.
Antoniem:
• regterknie
Vertaling:
Engels: left knee
Nederlands: linkerknie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Sa, 13 Julie 2024 08:41]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: kibboets
kibboets [boodskap #145820 ]
Sa, 13 Julie 2024 08:34
Leksikograaf
Boodskappe: 19557Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kibboets
Afbreking: kib•boets
Uitspraak: /kəˈbuts/
Selfstandige naamwoord: kibboets
Meervoud: kibboetse
Verkleinwoord: kibboetsie
Meervoud van verkleining: kibboetsies
Betekenis:
• 'n Nedersetting in Israel waarin mense as 'n kollektief saam leef en werk.
Gebruik:
• Kibboetse is aanvanklik gestig in 'n tyd toe afhanklike boerdery nie praktiese moontlik was nie.
Afgelei:
• kibboetsstelsel
Verwant:
• kolonie
• kommune
Vertaling:
Engels: kibbutz
Nederlands: kibboets
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: kunsbeen
kunsbeen [boodskap #145819 ]
Sa, 13 Julie 2024 07:34
Leksikograaf
Boodskappe: 19557Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kunsbeen
Afbreking: kuns•been
Samestelling: kuns + been
Selfstandige naamwoord: kunsbeen
Meervoud: kunsbene
Verkleinwoord: kunsbeentjie
Meervoud van verkleining: kunsbeentjies
Betekenis:
• 'n Nagemaakte been om 'n verlore been te vervang.
Gebruik:
• Die soldaat se regterbeen is geamputeer waarna hy 'n kunsbeen gekry het.
Sinoniem:
• beenprostese
• houtbeen
Antoniem:
• kunsarm
Vertaling:
Engels: artificial leg
Nederlands: kunstbeen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: toedig
toedig [boodskap #145818 ]
Wo, 10 Julie 2024 12:38
Leksikograaf
Boodskappe: 19557Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
toedig
Afbreking: toe•dig
Samestelling: toe + dig
Werkwoord: toedig
Verlede tyd: het toegedig
Betekenis:
• Om 'n (meestal onregverdige) eienskap toe te ken.
• Om die oorsprong of oorsaak van iets aan te dui (dikwels ten onregte).
Gebruik:
• Die toedig van menslike eienskappe aan lewelose dinge word personifikasie genoem.
• Die aanhaling word, sonder die verstrekking van 'n presiese bron, aan Plato toegedig .
Sinoniem:
• aanreken
• akkrediteer
• toeëien
• toereken
• toeskryf
Afgelei:
• toedigting
Vertaling:
Engels: to ascribe, attribute, impute, blame
Nederlands: toedichten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Do, 11 Julie 2024 19:25]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: kwintet
kwintet [boodskap #145817 ]
Wo, 10 Julie 2024 10:53
Leksikograaf
Boodskappe: 19557Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kwintet
Afbreking: kwin•tet
Selfstandige naamwoord: kwintet
Meervoud: kwintette
Betekenis:
• 'n Strofe met vyf versreёls.
• 'n Groep van vyf musikante, of 'n musiekstuk wat vir vyf musikante geskryf is.
• Enige ander groepering van vyf dinge of vyf persone.
Gebruik:
• Strofe twee van die gedig is 'n kwintet .
• Ek was veral beïndruk met die kwintet wat so pragtig gesing het.
Vertaling:
Engels: quintet
Nederlands: kwintet
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Do, 11 Julie 2024 19:24]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: halfrym
halfrym [boodskap #145816 ]
Wo, 10 Julie 2024 10:11
Leksikograaf
Boodskappe: 19557Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
halfrym
Afbreking: half•rym
Samestelling: half + rym
Selfstandige naamwoord: halfrym
Meervoud: –
Betekenis:
• Die herhaling van eenderse klanke binne 'n paragraaf of 'n versreël.
Gebruik:
• Identifiseer die halfrym wat in versreël 10 gebruik word.
Hiponiem:
• alliterasie
• assonansie
Antoniem:
• volrym
Vertaling:
Engels: half rhyme
Nederlands: halfrijm
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: volrym
volrym [boodskap #145815 ]
Wo, 10 Julie 2024 10:03
Leksikograaf
Boodskappe: 19557Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
volrym
Afbreking: vol•rym
Samestelling: vol + rym
Selfstandige naamwoord: volrym
Meervoud: –
Betekenis:
• Die herhaling van vokale en konsonante oor versreël sodat die hele vers of gedig rym.
Gebruik:
• Met volrym bepaal die posisie van die rymwoorde of die digter begin-, binne-, of eindrym gebruik het.
Hiponiem:
• beginrym
• binnerym
• eindrym
Antoniem:
• halfrym
Vertaling:
Engels: half rhyme
Nederlands: volledige rijm
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Sa, 13 Julie 2024 07:12]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: eindrym
eindrym [boodskap #145814 ]
Wo, 10 Julie 2024 09:30
Leksikograaf
Boodskappe: 19557Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
eindrym
Afbreking: eind•rym
Samestelling: eind + rym
Selfstandige naamwoord: eindrym
Meervoud: –
Betekenis:
• Die laaste woord van die versreëls rym (maar nie noodwendig in elke versreël nie).
Gebruik:
• Die gedig gebruik beginrym en nie eindrym nie.
Wisselvorm:
• endrym
Hiperoniem:
• volrym
Verwant:
• beginrym
• binnerym
Vertaling:
Engels: end rhyme
Nederlands: eindrijm
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: beginrym
beginrym [boodskap #145813 ]
Wo, 10 Julie 2024 09:23
Leksikograaf
Boodskappe: 19557Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
beginrym
Afbreking: be•gin•rym
Samestelling: begin + rym
Selfstandige naamwoord: beginrym
Meervoud: –
Betekenis:
• Die beginwoorde van die versreëls rym met mekaar.
Gebruik:
• Die gedig gebruik beginrym omdat die eerste woord van elke lyn met mekaar rym.
Sinoniem:
• aanvangsrym
• voorrym
Hiperoniem:
• volrym
Verwant:
• binnerym
• eindrym
Vertaling:
Engels: start rhyme
Nederlands: voorrijm
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Sa, 13 Julie 2024 07:14]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: binnerym
binnerym [boodskap #145812 ]
Wo, 10 Julie 2024 08:55
Leksikograaf
Boodskappe: 19557Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
binnerym
Afbreking: bin•ne•rym
Samestelling: binne + rym
Selfstandige naamwoord: binnerym
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Woord binne 'n versreël rym met die woord aan die einde van dieselfde versreël.
Gebruik:
• "Stil in die duister lê ek so en luister " is 'n voorbeeld van binnerym .
Sinoniem:
• middelrym
Hiperoniem:
• volrym
Verwant:
• beginrym
• eindrym
Vertaling:
Engels: inside rhyme
Nederlands: binnenrijm
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: rympatroon
rympatroon [boodskap #145811 ]
Wo, 10 Julie 2024 08:40
Leksikograaf
Boodskappe: 19557Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
rympatroon
Afbreking: rym•pa•troon
Samestelling: rym + patroon
Selfstandige naamwoord: rympatroon
Meervoud: rympatrone
Betekenis:
• Die manier waarop die lyne van 'n gedig rym, o.a. slagrym, paarrym, kruisrym, omarmde rym en gebroke rym.
Gebruik:
• Die eerste strofe se rympatroon is paarrym (aabb).
Sinoniem:
• rymskema
Vertaling:
Engels: rhyming pattern
Nederlands: rijmpatroon
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: feëverhaal
feëverhaal [boodskap #145810 ]
Wo, 10 Julie 2024 08:28
Leksikograaf
Boodskappe: 19557Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
feëverhaal
Afbreking: fe•ë•ver•haal
Samestelling: feë + verhaal
Selfstandige naamwoord: feëverhaal
Meervoud: feëverhale
Verkleinwoord: feëverhaaltjie
Meervoud van verkleining: feëverhaaltjies
Betekenis:
• 'n Storie oor 'n fee of feë.
Gebruik:
• Wat is jou gunsteling feëverhaal?
Wisselvorm:
• feeverhaal
Sinoniem:
• sprokie
Vertaling:
Engels: fairy tail
Nederlands: sprookje
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: kontrasteer
kontrasteer [boodskap #145809 ]
Wo, 10 Julie 2024 08:16
Leksikograaf
Boodskappe: 19557Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kontrasteer
Afbreking: kon•tra•steer
Samestelling: kontras + -teer
Werkwoord: kontrasteer
Verlede tyd: het gekontrasteer
Betekenis:
• Om te vergelyk sodat 'n mens verskille kan onderskei.
• Om 'n teenstelling te vorm, of om in teenstelling te bring.
Gebruik:
• Die rolprent kontrasteer die koning se vrese as kind met sy wrede optrede later in sy lewe.
• Die blomme word teen 'n blou agtergrond gekontrasteer .
Sinoniem:
• afsteek
• teenstel
• vergelyk
• verskil
Verwant:
• kontrasterend
• kontrastering
Vertaling:
Engels: to contrast
Nederlands: contrasteren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Sa, 13 Julie 2024 07:16]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: tennisraket
tennisraket [boodskap #145808 ]
Wo, 10 Julie 2024 07:39
Leksikograaf
Boodskappe: 19557Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Tennisraket.
tennisraket
Afbreking: ten•nis•ra•ket
Samestelling: tennis + raket
Selfstandige naamwoord: tennisraket
Meervoud: tennisrakette
Verkleinwoord: tennisraketjie
Meervoud van verkleining: tennisraketjie
Betekenis:
• 'n Spaan met snare waarmee die bal in tennis geslaan word.
Gebruik:
• My tennisraket moet hersnaar word.
Vertaling:
Engels: tennis racket
Nederlands: tennisracket
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Do, 11 Julie 2024 19:19]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: proeflees
proeflees [boodskap #145807 ]
Wo, 10 Julie 2024 07:25
Leksikograaf
Boodskappe: 19557Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
proeflees
Afbreking: proef•lees
Samestelling: proef + lees
Werkwoord: proeflees
Verlede tyd: het geproeflees
Betekenis:
• Om 'n geskrewe teks vir foute in spelling, grammatika, sintaksis en leestekens na te gaan.
Gebruik:
• Die berig is duidelik nie geproeflees nie!
Sinoniem:
• kontroleer
• korrigeer
• nagaan
• ontfout
• redigeer
Afgelei:
• proefleesaanwysings
• proefleeswerk
Verwant:
• proefleser
Vertaling:
Engels: to proofread
Nederlands: proeflezen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: teenargument
teenargument [boodskap #145806 ]
Wo, 10 Julie 2024 07:14
Leksikograaf
Boodskappe: 19557Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
teenargument
Afbreking: teen•ar•gu•ment
Samestelling: teen + argument
Selfstandige naamwoord: teenargument
Meervoud: teenargumente
Betekenis:
• 'n Argument teen iets wat die ander kant van die saak stel en 'n vroeër argument weerlê.
Gebruik:
• Hulle kon nie aan 'n enkele teenargument dink nie. [Matteus 12:12]
Sinoniem:
• beswaar
• objeksie
• teenbetoog
• verweer
• weerlegging
Vertaling:
Engels: counter argument
Nederlands: tegenargument
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: openingseremonie
openingseremonie [boodskap #145805 ]
Di, 09 Julie 2024 19:56
Leksikograaf
Boodskappe: 19557Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
openingseremonie
Afbreking: o•pe•ning•se•re•mo•nie
Samestelling: opening + seremonie
Selfstandige naamwoord: openingseremonie
Meervoud: openingseremonies
Betekenis:
• 'n Plegtigheid waartydens 'n geleentheid geopen word.
Gebruik:
• Die Olimpiese vlam word tydens die openingseremonie van die Olimpiese Spele aangesteek.
Antoniem:
• afsluitingseremonie
• sluitingseremonie
Vertaling:
Engels: opening ceremony
Nederlands: openingsceremonie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: oorskadu
oorskadu [boodskap #145804 ]
Di, 09 Julie 2024 19:28
Leksikograaf
Boodskappe: 19557Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oorskadu
Afbreking: oor•ska•du
Samestelling: oor + skadu
Werkwoord: oorskadu
Verlede tyd: het oorskadu
Betekenis:
• Om 'n skaduwee oor iets te werp.
• Om iets te bedek en veilig te hou.
• Om te domineer en ander dinge na die agtergrond te skuif.
Gebruik:
• 'n Groot boom oorskadu die agterplaas.
• Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu . [Lukas 1:35]
• Die optog is deur geweld oorskadu .
Sinoniem:
• bedek
• beskadu
• domineer
• oorheers
• oortref
• troef
• uitstof
• verbysteek
• verdonker
• verduister
Afgelei:
• oorskaduwing
Vertaling:
Engels: to cast a shadow; to cover; to overshadow, outshine, eclipse
Nederlands: overschaduwen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: toedeel
toedeel [boodskap #145803 ]
Ma, 08 Julie 2024 16:53
Leksikograaf
Boodskappe: 19557Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
toedeel
Afbreking: toe•deel
Samestelling: toe + deel
Werkwoord: deel toe , toedeel
Verlede tyd: het toegedeel
Betekenis:
• Om 'n deel van iets aan iemand te gee.
Gebruik:
• Laat elkeen leef in ooreenstemming met wat die Here aan hom toegedeel het. [1 Korintiërs 7:17]
Sinoniem:
• allokeer
• bewillig
• toebedeel
• toeken
• toewys
• uitdeel
• uitmeet
• verdeel
Afgelei:
• toedeelbaar
• toedeling
Vertaling:
Engels: to mete out, apportion, allot
Nederlands: toedelen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: astronomies
astronomies [boodskap #145802 ]
Ma, 08 Julie 2024 11:47
Leksikograaf
Boodskappe: 19557Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
astronomies
Afbreking: as•tro•no•mies
Samestelling: astronomie + -s
Byvoeglike naamwoord: astronomies
Attributief: astronomiese
Betekenis:
• Wat die sterrekunde betref.
• (figuurlik ) Wat buitensporig groot is.
Gebruik:
• Die sterrewag beskik oor 'n teleskoop en ander instrumente waarmee astronomiese waarnemings gemaak word.
• Kospryse het astronomies gestyg.
Sinoniem:
• sterrekundig
• buitensporig
• enorm
• groot
• geweldig
• ontsaglik
• reusagtig
• tamaai
Afkorting:
• astron.
Vertaling:
Engels: astronomic, astronomical
Nederlands: astronomisch
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: bontstaan
bontstaan [boodskap #145801 ]
Ma, 08 Julie 2024 11:34
Leksikograaf
Boodskappe: 19557Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bontstaan
Afbreking: bont•staan
Samestelling: bont + staan
Werkwoord: staan bont , bontstaan
Verlede tyd: het bontgestaan
Betekenis:
• Om besig te wees; alle kragte inspan om iets gedoen te kry.
Gebruik:
• Die brandbestryders staan bont om die vlamme te blus.
• Die vrouens het bontgestaan om die kos betyds reg te hê.
Sinoniem:
• bontspring
• rondspring
• rondspook
Afgelei:
• bontstanery
Vertaling:
Engels: to work hard, stir one's stumps, jump about
Nederlands: hard werken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: dokumenteer
dokumenteer [boodskap #145800 ]
Ma, 08 Julie 2024 11:07
Leksikograaf
Boodskappe: 19557Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dokumenteer
Afbreking: do•ku•men•teer
Samestelling: dokument + -eer
Werkwoord: dokumenteer
Verlede tyd: het gedokumenteer
Betekenis:
• Om in 'n dokument te beskryf; dokumentasie op te stel.
Gebruik:
• Sy het haar reis in detail gedokumenteer .
Sinoniem:
• boekstaaf
• neerskryf
• opteken
• vaslê
Vertaling:
Engels: to document
Nederlands: documenteren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: herhalend
herhalend [boodskap #145799 ]
Ma, 08 Julie 2024 10:14
Leksikograaf
Boodskappe: 19557Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
herhalend
Afbreking: her•ha•lend
Samestelling: herhaal + -end
Byvoeglike naamwoord: herhalend
Vergrotende trap: herhalender
Oortreffende trap: herhalendste
Attributief: herhalende
Partitief: herhalends
Betekenis:
• Wat oor en oor herhaal.
Gebruik:
• Die bedrag word maandeliks met 'n herhalende betaling vereffen.
Sinoniem:
• frekwentatief
• iteratief
• repetend
• periodies
• periodiek
• pleonasties
• seisoenaal
• toutologies
Vertaling:
Engels: repeating, recurring
Nederlands: herhalend
Nota:
• Onvoltooide deelwoord van herhaal.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: omvat
omvat [boodskap #145798 ]
Ma, 08 Julie 2024 10:04
Leksikograaf
Boodskappe: 19557Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
omvat
Afbreking: om•vat
Samestelling: om + vat
Werkwoord: omvat
Verlede tyd: het omvat
Betekenis:
• Om iets te hou of in te sluit.
Gebruik:
• Noord-Amerika omvat Meksiko, die VSA, Kanada en Alaska.
Sinoniem:
• behels
• beslaan
• bevat
• inhou
• insluit
• omhul
• omring
• omsluit
• omvang
Afgelei:
• omvattend
Vertaling:
Engels: to include, envelop, encompass
Nederlands: omvatten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: logistiek
logistiek [boodskap #145797 ]
Ma, 08 Julie 2024 08:18
Leksikograaf
Boodskappe: 19557Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
logistiek
Afbreking: lo•gi•stiek
Selfstandige naamwoord: logistiek
Meervoud: –
Betekenis:
• Die lewering van dit wat benodig word om 'n taak effektief uit te voer.
Gebruik:
• Logistiek omvat al die aksies wat nodig is om die regte goedere op die regte tyd op die regte plek te lewer.
Afkorting:
• log.
Vertaling:
Engels: logistics
Nederlands: logistiek
Byvoeglike naamwoord: logistiek
Attributief: logistieke
Betekenis:
• Wat die effektiewe lewering van goedere betref.
Gebruik:
• Dit was 'n logistieke nagmerrie om al die soldate betyds van uniforms en wapens te voorsien.
Sinoniem:
• logisties
Vertaling:
Engels: logistics
Nederlands: logistiek
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: versoeker
versoeker [boodskap #145796 ]
Ma, 08 Julie 2024 08:04
Leksikograaf
Boodskappe: 19557Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
versoeker
Afbreking: ver•soe•ker
Samestelling: versoek + -er
Selfstandige naamwoord: versoeker
Meervoud: versoekers
Betekenis:
• Iemand wat vir iets vra. Persoon wat iets versoek.
Gebruik:
• Indien verdere redes benodig word, kan die versoeker 'n aparte aansoek daarvoor rig.
Sinoniem:
• aansoeker
• aanvraer
• applikant
• eiser
• sollisitant
• vraer
Vertaling:
Engels: requestor, petitioner, applicant
Nederlands: verzoeker
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: bateregister
bateregister [boodskap #145795 ]
Ma, 08 Julie 2024 07:46
Leksikograaf
Boodskappe: 19557Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bateregister
Afbreking: ba•te•re•gis•ter
Samestelling: bate + register
Selfstandige naamwoord: bateregister
Meervoud: bateregisters
Verkleinwoord: bateregistertjie
Meervoud van verkleining: bateregistertjies
Betekenis:
• 'n Register van bates (besittings en ander dinge wat waarde verteenwoordig).
Gebruik:
• Die maatskappy se bateregister word op 'n deurlopende basis op datum gehou.
Vertaling:
Engels: asset register
Nederlands: activaregister, vermogensregister
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: regulatories
regulatories [boodskap #145794 ]
Ma, 08 Julie 2024 07:32
Leksikograaf
Boodskappe: 19557Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
regulatories
Afbreking: re•gu•la•to•ries
Byvoeglike naamwoord: regulatories
Attributief: regulatoriese
Betekenis:
• Wat die toepassing van regulasies betref.
Gebruik:
• Daar moet aan alle wetlike en regulatoriese vereistes voldoen word.
Vertaling:
Engels: regulatory
Nederlands: regelgevend
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: prosedureel
prosedureel [boodskap #145793 ]
Ma, 08 Julie 2024 07:20
Leksikograaf
Boodskappe: 19557Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
prosedureel
Afbreking: pro•se•du•reel
Samestelling: prosedure + -eel
Byvoeglike naamwoord: prosedureel
Attributief: prosedurele
Betekenis:
• Wat die toepassing van 'n prosedure betref.
Gebruik:
• Die beswaarskrif ontbloot talle prosedurele ongerymdhede.
Vertaling:
Engels: procedural
Nederlands: procedureel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: verkryging
verkryging [boodskap #145792 ]
Ma, 08 Julie 2024 07:02
Leksikograaf
Boodskappe: 19557Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verkryging
Afbreking: ver•kry•ging
Samestelling: verkry(g) + -ing
Selfstandige naamwoord: verkryging
Meervoud: verkryginge , verkrygings
Betekenis:
• Die proses waardeur iets (soos goedere en dienste) bekom word.
Gebruik:
• Direkte verkryging omseil tussengangers soos verspreiders en agente om direk by die vervaardigers te koop.
Sinoniem:
• aankoping
• aanskaffing
• aanwinning
• verwerwing
Hiponiem:
• betekenisverkryging
• inligtingsverkryging
Afgelei:
• verkrygingsraad
Vertaling:
Engels: acquisition, procurement, sourcing
Nederlands: verkrijging
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: middellyf
middellyf [boodskap #145791 ]
So, 07 Julie 2024 18:49
Leksikograaf
Boodskappe: 19557Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
middellyf
Afbreking: mid•del•lyf
Samestelling: middel + lyf
Selfstandige naamwoord: middellyf
Meervoud: middellywe
Verkleinwoord: middellyfie
Meervoud van verkleining: middellyfies
Betekenis:
• Die middelste deel van die lyf, tipies tussen die borskas en heupe.
Gebruik:
• Hoe raak 'n mens van die vetjies om die middellyf ontslae?
Vertaling:
Engels: waist
Nederlands: middel, taille
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: slip
slip [boodskap #145790 ]
So, 07 Julie 2024 17:49
Leksikograaf
Boodskappe: 19557Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
slip
Afbreking: slip
Selfstandige naamwoord: slip
Meervoud: slippe
Verkleinwoord: slippie
Meervoud van verkleining: slippies
Betekenis:
• 'n Lang spleet of opening; insnyding in 'n kledingstuk.
• 'n Kleed wat ondertoe hang, o.a. die pant van 'n kledingstuk wat oor die middellyf afhang.
Gebruik:
• Sy dra 'n aandrok met 'n stylvolle slip aan die voorkant.
• Hy steek die slip van sy hemp in sy broek in.
Hiponiem:
• agterslip
• halsslip
• hempslip
• mouslip
• tabberdslip
Afgelei:
• slipbaadjie
• slipdraer
• slippedraer
• slipstrook
Vertaling:
Engels: slit; tail, flap
Nederlands: slip
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: liggaamshouding
liggaamshouding [boodskap #145789 ]
So, 07 Julie 2024 13:11
Leksikograaf
Boodskappe: 19557Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
liggaamshouding
Afbreking: lig•gaams•hou•ding
Samestelling: liggaam + -s- + houding
Selfstandige naamwoord: liggaamshouding
Meervoud: liggaamshoudings
Betekenis:
• Die stand/ oriëntasie van die liggaam.
Gebruik:
• Jou liggaamshouding speel 'n rol in nie-verbale kommunikasie en kan jou emosionele toestand verraai.
Sinoniem:
• pose
• postuur
Vertaling:
Engels: pose, position of one's body
Nederlands: lichaamshouding
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: lot
lot [boodskap #145788 ]
So, 07 Julie 2024 12:49
Leksikograaf
Boodskappe: 19557Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
lot
Afbreking: lot
Selfstandige naamwoord: lot
Meervoud: –
Betekenis:
• Die onontkombare verloop van gebeure.
Gebruik:
• Hy betreur sy lot .
Spreekwoord:
• Die lot is gewerp. [Daar is niks meer aan te doen nie.]
• Iemand aan sy lot oorlaat. [Jou nie aan iemand steur nie.]
Sinoniem:
• bestemming
• fortuin
• geluk
• toekoms
• toeval
• voorbeskikking
• voorland
Hiponiem:
• lewenslot
• noodlot
Afgelei:
• lotgenoot
• lotgeval
• lotsbedeling
• lotsbeskikker
• lotsbestemming
• lotsverbondenheid
• lotverwerking
• lotswisseling
• lotuur
Vertaling:
Engels: fate, destiny, lot
Nederlands: lot
Selfstandige naamwoord: lot
Meervoud: lotte
Verkleinwoord: lotjie
Meervoud van verkleining: lotjies
Betekenis:
• 'n Klomp dinge bymekaar.
Gebruik:
• Hy wil die hele lot saam verkoop.
Sinoniem:
• kaboedel
• spul
• stel
Vertaling:
Engels: lot, allotment, batch
Nederlands: lot
Nota:
• Lot in die Bybel was Abram se broerskind.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.