Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Aan)  | Onbeantwoorde boodskappe (Af)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: aksiomaties
aksiomaties [boodskap #146418] Ma, 09 September 2024 16:13
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aksiomaties
Afbreking: ak•si•o•ma•ties
Samestelling: aksioma + -ties


Byvoeglike naamwoord: aksiomaties
Attributief: aksiomatiese

Betekenis:
• Soos 'n aksioma ('n grondbeginsel of aanname wat as waar aanvaar word).
• Wat op 'n aksioma of aksiomas berus.

Gebruik:
• In 'n regstaat is dit tog aksiomaties dat die reg nagekom moet word.
• Die Grieke het wiskunde tot 'n aksiomatiese wetenskap ontwikkel.

Sinoniem:
• fundamenteel
• onbestrybaar
• onbetwisbaar
• onbetwyfelbaar
• onloënbaar
• onteenseglik
• vanselfsprekend

Vertaling:
Engels: axiomatic, axiomatical
Nederlands: axiomatisch

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Di, 10 September 2024 06:57]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: genesing
genesing [boodskap #146419] Ma, 09 September 2024 18:56
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
genesing
Afbreking: ge•ne•sing
Samestelling: genees + -ing


Selfstandige naamwoord: genesing
Meervoud: genesinge, genesinge

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van genees. Die proses om te heel en gesond te word.

Gebruik:
• Indien die siekte vroeg gediagnoseer word, is genesing moontlik, maar in die laaste stadium is genesing onwaarskynlik.

Spreekwoord:
• Voorkoming is beter as genesing. [Dit is beter om iets te verhoed as om die gevolge daarvan te dra.]

Sinoniem:
• aansterking
• gesondmaking
• gesondwording
• heling
• herstelproses

Hiponiem:
• geloofsgenesing
• natuurgenesing

Afgelei:
• genesingsaksie
• genesingsgang
• genesingsproses
• genesingswerk
• genesingswyse

Vertaling:
Engels: healing, recovery, cure
Nederlands: genezing

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Ma, 09 September 2024 18:57]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: kankervry
kankervry [boodskap #146420] Ma, 09 September 2024 19:02
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kankervry
Afbreking: kan•ker•vry
Samestelling: kanker + vry


Byvoeglike naamwoord: kankervry
Attributief: kankervrye

Betekenis:
• Sonder kanker.

Gebruik:
•  Die onkoloog het die pasiënt kankervry verklaar.

Vertaling:
Engels: cancer free
Nederlands: kankervrij

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: mosie
mosie [boodskap #146421] Ma, 09 September 2024 19:37
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
mosie
Afbreking: mo•sie


Selfstandige naamwoord: mosie
Meervoud: mosies
Verkleinwoord: mosietjie
Meervoud van verkleining: mosietjies

Betekenis:
• 'n Voorstel op 'n vergadering.

Gebruik:
• Die mosie is eenparig aanvaar.
• Talle mosies van wantroue is al teen die voorsitter ingedien.

Sinoniem:
• proposisie
• voorstel

Hiponiem:
• ordemosie

Vertaling:
Engels: motion
Nederlands: motie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: voorsteller
voorsteller [boodskap #146422] Ma, 09 September 2024 19:48
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
voorsteller
Afbreking: voor•stel•ler
Samestelling: voorstel + -er


Selfstandige naamwoord: voorsteller
Meervoud: voorstellers

Betekenis:
• Persoon wat 'n voorstel maak, of wat iemand voorstel.

Gebruik:
• 'n Nominasie moet deur 'n voorsteller en twee sekondante onderteken word.

Vertaling:
Engels: proposer, nominator; introducer
Nederlands: voorsteller

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.



Tyd nou: Di Sep 10 13:07:13 MGT 2024