Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Aan)  | Onbeantwoorde boodskappe (Af)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: kunsbeen
kunsbeen [boodskap #145819] Sa, 13 Julie 2024 07:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19560
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kunsbeen
Afbreking: kuns•been
Samestelling: kuns + been


Selfstandige naamwoord: kunsbeen
Meervoud: kunsbene
Verkleinwoord: kunsbeentjie
Meervoud van verkleining: kunsbeentjies

Betekenis:
• 'n Nagemaakte been om 'n verlore been te vervang.

Gebruik:
• Die soldaat se regterbeen is geamputeer waarna hy 'n kunsbeen gekry het.

Sinoniem:
• beenprostese
• houtbeen

Antoniem:
• kunsarm

Vertaling:
Engels: artificial leg
Nederlands: kunstbeen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kibboets
kibboets [boodskap #145820] Sa, 13 Julie 2024 08:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19560
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kibboets
Afbreking: kib•boets
Uitspraak: /kəˈbuts/


Selfstandige naamwoord: kibboets
Meervoud: kibboetse
Verkleinwoord: kibboetsie
Meervoud van verkleining: kibboetsies

Betekenis:
• 'n Nedersetting in Israel waarin mense as 'n kollektief saam leef en werk.

Gebruik:
Kibboetse is aanvanklik gestig in 'n tyd toe afhanklike boerdery nie praktiese moontlik was nie.

Afgelei:
• kibboetsstelsel

Verwant:
• kolonie
• kommune

Vertaling:
Engels: kibbutz
Nederlands: kibboets

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: linkerknie
linkerknie [boodskap #145821] Sa, 13 Julie 2024 08:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19560
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
linkerknie
Afbreking: lin•ker•knie
Samestelling: linker + knie


Selfstandige naamwoord: linkerknie
Meervoud: linkerknieë

Betekenis:
• Die knie aan die linkerkant (die kant waar die hart is).

Gebruik:
• Die man se been is bo die knie geamputeer nadat sy liggaam die prostese aan sy linkerknie verwerp het.

Antoniem:
• regterknie

Vertaling:
Engels: left knee
Nederlands: linkerknie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Sa, 13 Julie 2024 08:41]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: regterknie
regterknie [boodskap #145822] Sa, 13 Julie 2024 08:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19560
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
regterknie
Afbreking: reg•ter•knie
Samestelling: regter + knie


Selfstandige naamwoord: regterknie
Meervoud: regterknieë

Betekenis:
• Die knie aan die regterkant (die kant waar die hart is).

Gebruik:
• Die man se been is bo die knie geamputeer nadat sy liggaam die prostese aan sy regterknie verwerp het.

Antoniem:
• linkerknie

Vertaling:
Engels: right knee
Nederlands: rechterknie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: knievervanging
knievervanging [boodskap #145823] Sa, 13 Julie 2024 08:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19560
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
knievervanging
Afbreking: knie•ver•van•ging
Samestelling: knie + vervanging


Selfstandige naamwoord: knievervanging
Meervoud: knievervangings

Betekenis:
• 'n Chirurgiese ingryp waartydens die gewrigte van die bo- en onderbeen met 'n prostese vervang word.

Gebruik:
• Die doelwit van 'n knievervanging is om pyn te verlig, normale aktiwiteite van die alledaagse lewe te hervat en jou lewenskwaliteit te verbeter.

Afgelei:
• knievervangingsoperasie

Vertaling:
Engels: knee replacement
Nederlands: knievervanging

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Sa, 13 Julie 2024 08:55]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: septies
septies [boodskap #145824] Sa, 13 Julie 2024 09:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19560
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
septies
Afbreking: sep•ties


Byvoeglike naamwoord: septies
Attributief: septiese

Betekenis:
• Wat vol kieme is en tekens van bederf toon.

Gebruik:
• Die wond lyk septies.

Sinoniem:
• besmet
• bederwend
• etterig
• ontsteek
• rottend

Antoniem:
• antisepties

Vertaling:
Engels: septic
Nederlands: septisch

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: afstaan
afstaan [boodskap #145825] Sa, 13 Julie 2024 10:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19560
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
afstaan
Afbreking: af•staan
Samestelling: af + staan


Werkwoord: staan af, afstaan
Verlede tyd: het afgestaan

Betekenis:
• Om iets wat jy het te laat gaan; af te gee.

Gebruik:
• Hoe troos 'n mens iemand wat 'n geliefde aan die dood moes afstaan?
• Ons het 'n hele paar strafskoppe afgestaan.

Spreekwoord:
• Vir geen geld of goeie woorde afstaan nie. [Vir niks ter wêreld sal ruil nie.]

Sinoniem:
• afgee
• inboet
• oorgee
• opgee
• opoffer
• opsê
• prysgee
• sedeer
• verbeur

Vertaling:
Engels: to relinquish, surrender, give up, cede
Nederlands: afstaan

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: inderhaas
inderhaas [boodskap #145826] Sa, 13 Julie 2024 10:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19560
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
inderhaas
Afbreking: in•der•haas
Samestelling: in + der(die) + haas(stig)


Bywoord: inderhaas

Betekenis:
• Met groot spoed; baie gou en sonder voorbereiding.

Gebruik:
• Hulle moes inderhaas met die kind hospitaal toe jaag.

Sinoniem:
• dadelik
• blitsig
• blitsvinnig
• gou
• haastig
• onmiddellik
• plotseling
• skielik
• spoedig
• vinnig
• vlugtig

Vertaling:
Engels: in haste, in a hurry, hurriedly
Nederlands: inderhaast

Nota:
• Kan ook los geskryf word: in der haas.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: sportbeurs
sportbeurs [boodskap #145827] Sa, 13 Julie 2024 10:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19560
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sportbeurs
Afbreking: sport•beurs
Samestelling: sport + beurs


Selfstandige naamwoord: sportbeurs
Meervoud: sportbeurse

Betekenis:
• 'n Beurs (geldelike hulp vir studies) wat op grond van besondere prestasie in sport toegeken is.

Gebruik:
• Hy het ná skool met 'n sportbeurs aan die universiteit gaan studeer.

Antoniem:
• studiebeurs

Vertaling:
Engels: sports scholarship
Nederlands: sportbeurs

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Sa, 13 Julie 2024 10:58]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: Brasiliaan
Brasiliaan [boodskap #145828] Sa, 13 Julie 2024 18:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19560
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Brasiliaan
Afbreking: Bra•si•li•aan


Selfstandige naamwoord: Brasiliaan
Meervoud: Brasiliane

Betekenis:
• 'n Persoon van die land Brasilië. Iemand met 'n Brasiliaanse nasionaliteit.

Gebruik:
• Die Brasiliane is vriendelike mense.

Verwant:
• Brasilië
• Brasiliaans

Vertaling:
Engels: Brazilian
Nederlands: Braziliaan

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: tal
tal [boodskap #145829] Sa, 13 Julie 2024 19:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19560
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
tal
Afbreking: tal


Selfstandige naamwoord: tal
Meervoud: talle

Betekenis:
• 'n Numeriese hoeveelheid.
• 'n Groot hoeveelheid; baie.

Gebruik:
• Male sonder tal is ek in die tronk gegooi. [2 Korintiërs 11:24]
• Sy het sommer 'n tal onderskeidings gekry.

Sinoniem:
• aantal
• getal
• hoeveelheid
• menigte
• skare

Hiponiem:
• aftrektal
• agtal
• agttal
• deeltal
• dertigtal
• dodetal
• drietal
• dubbeltal
• duisendtal
• elftal
• grondtal
• heeltal
• honderdtal
• inwonertal
• jaartal
• kieserstal
• kindertal
• ledetal
• n-tal
• negetal
• sestal
• sewetal
• sieletal
• stemmetal
• tagtigtal
• tiental
• toeretal
• tonnetal
• twaalftal
• tweetal
• twintigtal
• veeltal
• veertiental
• veertigtal
• vermenigvuldigtal
• vermenigvuldigingstal
• viertal
• vyftal

Afgelei:
• talloos
• talryk
• talstelsel

Afgelei:
• talloos
• talryk

Vertaling:
Engels: number, amount; numerous, many, lots
Nederlands: tal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: Brit
Brit [boodskap #145830] Sa, 13 Julie 2024 19:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19560
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Brit
Afbreking: Brit


Selfstandige naamwoord: Brit
Meervoud: Britte
Verkleinwoord: Britjie
Meervoud van verkleining: Britjies

Betekenis:
• 'n Persoon van Brittanje of Groot-Brittanje. Iemand met Britse nasionaliteit.

Gebruik:
• Die Britte is maar nors en moeilike mense.

Sinoniem:
• Engelsman
• Rooinek

Verwant:
• Brits
• Brittanje

Vertaling:
Engels: Britisher, Briton
Nederlands: Brit

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.



Tyd nou: Sa Jul 13 19:33:16 MGT 2024