Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Aan)  | Onbeantwoorde boodskappe (Af)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: gegewe
gegewe [boodskap #146496] Vr, 20 September 2024 15:13
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gegewe
Afbreking: ge•ge•we


Byvoeglike naamwoord: gegee
Attributief: gegewe

Betekenis:
• Wat aan iemand gegee is.
• Wat vooraf bepaal of vasgestel is.

Gebruik:
• Lees die gegewe teks deeglik deur. Skryf jou antwoorde in die gegewe spasies.
• Jy moet die taak binne die gegewe tyd voltooi.

Spreekwoord:
• 'n Gegewe perd in die bek kyk. ['n Geskenk kritiseer.]
• Eens gegewe en toe genome. [Wat gegee en toe weggevat is.]

Sinoniem:
• afgesproke
• bepaalde
• vasgestelde

Hiponiem:
• aangegewe
• ingegewe
• godgegewe
• omgegewe
• uitgegewe

Afgelei:
• gegewenheid

Vertaling:
Engels: given
Nederlands: gegeven


Selfstandige naamwoord: gegewe
Meervoud: gegewens
Verkleinwoord: gegewetjie
Meervoud van verkleining: gegewetjies

Betekenis:
• 'n Bekende geval of feit.

Gebruik:
• Verandering is 'n gegewe!
• Dit is 'n gegewe dat die pryse verder verhoog sal word.

Sinoniem:
• aanname
• data
• feit
• inligting
• premis
• sekerheid
• uitgangspunt
• veronderstelling

Vertaling:
Engels: premise, data, information
Nederlands: gegeven

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Vr, 20 September 2024 15:21]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator




Tyd nou: Vr Sep 20 15:40:57 MGT 2024