Forum: Woordeboek
|
Onderwerp: malligheid
|
malligheid [boodskap #146119] |
Ma, 12 Augustus 2024 08:11 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19848 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
malligheid
Afbreking: mal•lig•heid
Samestelling: mal + -ig + -heid
Selfstandige naamwoord: malligheid
Meervoud: mallighede
Betekenis:
• Die toestand van laf en verspot wees.
Gebruik:
• Die kinders se ouers het die eksamenrooster as "malligheid" beskryf.
Sinoniem:
• dwaasheid
• gekheid
• lafheid
• lawwigheid
• onsinnigheid
• sinneloosheid
• stuitigheid
• verspotheid
• verspottigheid
• waansin
Vertaling:
Engels: madness, silliness, tomfoolery
Nederlands: malligheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: vasvlieg
|
vasvlieg [boodskap #146120] |
Ma, 12 Augustus 2024 08:30 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19848 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vasvlieg
Afbreking: vas•vlieg
Samestelling: vas + vlieg
Werkwoord: vlieg vas, vasvlieg
Verlede tyd: het vasgevlieg
Betekenis:
• Om iets in vlug te tref.
Gebruik:
• Die voëltjie vlieg teen die ruit vas.
• Die helikopter het teen die kraglyne vasgevlieg.
Vertaling:
Engels: to fly against something
Nederlands: vliegt tegen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: toeristebestemming
|
toeristebestemming [boodskap #146121] |
Ma, 12 Augustus 2024 08:37 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19848 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
toeristebestemming
Afbreking: toe•ris•te•be•stem•ming
Samestelling: toeriste + bestemming
Selfstandige naamwoord: toeristebestemming
Meervoud: toeristebestemmings
Betekenis:
• 'n Plek wat deur toeriste besoek word.
Gebruik:
• Die Krugerwildtuin is 'n gewilde toeristebestemming.
Vertaling:
Engels: tourist destination
Nederlands: toeristenbestemming
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Ma, 12 Augustus 2024 08:38] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
Onderwerp: rookinaseming
|
rookinaseming [boodskap #146122] |
Ma, 12 Augustus 2024 08:56 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19848 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
rookinaseming
Afbreking: rook•in•a•se•ming
Samestelling: rook + inasem + -ing
Selfstandige naamwoord: rookinaseming
Meervoud: –
Betekenis:
• Die inaseming van rook.
Gebruik:
• Twee mense word vir rookinaseming behandel nadat hulle huis aan die brand geslaan het.
Vertaling:
Engels: smoke inhalation
Nederlands: inademen van rook
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: televisiestel
|
televisiestel [boodskap #146123] |
Ma, 12 Augustus 2024 09:04 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19848 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
televisiestel
Afbreking: te•le•vi•sie•stel
Samestelling: televisie + stel
Selfstandige naamwoord: televisiestel
Meervoud: televisiestelle
Verkleinwoord: televisiestelletjie
Meervoud van verkleining: televisiestelletjies
Betekenis:
• 'n Elektroniese toestel waarop 'n mens bewegende beelde kan sien en klanke kan hoor wat uitgesaai word.
Gebruik:
• As jy 'n televisiestelle het moet jy 'n TV-lisensie hê, ongeag of jy TV kyk of nie.
Hiponiem:
• kleurtelevisiestel
• swart-en-wit-televisiestel
Sinoniem:
• beeldradio
• kassie
• kykkas
• TV-stel
Vertaling:
Engels: television set
Nederlands: televisiestel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Ma, 12 Augustus 2024 09:05] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|