Forum: Woordeboek
Onderwerp: malligheid
malligheid [boodskap #146119 ]
Ma, 12 Augustus 2024 08:11
Leksikograaf
Boodskappe: 19856Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
malligheid
Afbreking: mal•lig•heid
Samestelling: mal + -ig + -heid
Selfstandige naamwoord: malligheid
Meervoud: mallighede
Betekenis:
• Die toestand van laf en verspot wees.
Gebruik:
• Die kinders se ouers het die eksamenrooster as "malligheid " beskryf.
Sinoniem:
• dwaasheid
• gekheid
• lafheid
• lawwigheid
• onsinnigheid
• sinneloosheid
• stuitigheid
• verspotheid
• verspottigheid
• waansin
Vertaling:
Engels: madness, silliness, tomfoolery
Nederlands: malligheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: vasvlieg
vasvlieg [boodskap #146120 ]
Ma, 12 Augustus 2024 08:30
Leksikograaf
Boodskappe: 19856Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vasvlieg
Afbreking: vas•vlieg
Samestelling: vas + vlieg
Werkwoord: vlieg vas , vasvlieg
Verlede tyd: het vasgevlieg
Betekenis:
• Om iets in vlug te tref.
Gebruik:
• Die voëltjie vlieg teen die ruit vas.
• Die helikopter het teen die kraglyne vasgevlieg .
Vertaling:
Engels: to fly against something
Nederlands: vliegt tegen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: toeristebestemming
toeristebestemming [boodskap #146121 ]
Ma, 12 Augustus 2024 08:37
Leksikograaf
Boodskappe: 19856Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
toeristebestemming
Afbreking: toe•ris•te•be•stem•ming
Samestelling: toeriste + bestemming
Selfstandige naamwoord: toeristebestemming
Meervoud: toeristebestemmings
Betekenis:
• 'n Plek wat deur toeriste besoek word.
Gebruik:
• Die Krugerwildtuin is 'n gewilde toeristebestemming .
Vertaling:
Engels: tourist destination
Nederlands: toeristenbestemming
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: rookinaseming
rookinaseming [boodskap #146122 ]
Ma, 12 Augustus 2024 08:56
Leksikograaf
Boodskappe: 19856Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
rookinaseming
Afbreking: rook•in•a•se•ming
Samestelling: rook + inasem + -ing
Selfstandige naamwoord: rookinaseming
Meervoud: –
Betekenis:
• Die inaseming van rook.
Gebruik:
• Twee mense word vir rookinaseming behandel nadat hulle huis aan die brand geslaan het.
Vertaling:
Engels: smoke inhalation
Nederlands: inademen van rook
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: televisiestel
televisiestel [boodskap #146123 ]
Ma, 12 Augustus 2024 09:04
Leksikograaf
Boodskappe: 19856Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
televisiestel
Afbreking: te•le•vi•sie•stel
Samestelling: televisie + stel
Selfstandige naamwoord: televisiestel
Meervoud: televisiestelle
Verkleinwoord: televisiestelletjie
Meervoud van verkleining: televisiestelletjies
Betekenis:
• 'n Elektroniese toestel waarop 'n mens bewegende beelde kan sien en klanke kan hoor wat uitgesaai word.
Gebruik:
• As jy 'n televisiestelle het moet jy 'n TV-lisensie hê, ongeag of jy TV kyk of nie.
Hiponiem:
• kleurtelevisiestel
• swart-en-wit-televisiestel
Sinoniem:
• beeldradio
• kassie
• kykkas
• TV-stel
Vertaling:
Engels: television set
Nederlands: televisiestel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: uitvinder
uitvinder [boodskap #146124 ]
Ma, 12 Augustus 2024 12:11
Leksikograaf
Boodskappe: 19856Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitvinder
Afbreking: uit•vin•der
Samestelling: uitvind + -er
Selfstandige naamwoord: uitvinder
Meervoud: uitvinders
Verkleinwoord: uitvindertjie
Meervoud van verkleining: uitvindertjies
Betekenis:
• Iemand wat iets nuuts uitgevind het.
Gebruik:
• Samuel Colt was 'n Amerikaanse sakeman en die die uitvinder van die rewolwer.
Sinoniem:
• bedenker
• innoveerder
• ontwerper
• uitdinker
• versinner
Vertaling:
Engels: inventor, deviser, contriver
Nederlands: uitvinder
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: rewolwer
rewolwer [boodskap #146125 ]
Ma, 12 Augustus 2024 12:21
Leksikograaf
Boodskappe: 19856Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Rewolwer.
rewolwer
Afbreking: re•wol•wer
Selfstandige naamwoord: rewolwer
Meervoud: rewolwers
Verkleinwoord: rewolwertjie
Meervoud van verkleining: rewolwertjies
Betekenis:
• 'n Handvuurwapen met kort loop en 'n draaiende magasyn wat die koeëls hou.
Gebruik:
• 'n Rewolwer is na elke skoot onmiddellik gereed om te vuur, mits daar 'n patroon in die volgende kamer van die drom is.
Hiponiem:
• diensrewolwer
• mauserrewolwer
• seskamerrewolwer
• speelrewolwer
Afgelei:
• rewolwerdraaibank
• rewolwerhamer
• rewolwerkoeël
• rewolwerpatroon
• rewolwerskoot
Verwant:
• pistool
Vertaling:
Engels: revolver
Nederlands: revolver
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: demonstrasie
demonstrasie [boodskap #146126 ]
Ma, 12 Augustus 2024 13:32
Leksikograaf
Boodskappe: 19856Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
demonstrasie
Afbreking: de•mon•stra•sie
Selfstandige naamwoord: demonstrasie
Meervoud: demonstrasies
Verkleinwoord: demonstrasietjie
Meervoud van verkleining: demonstrasietjies
Betekenis:
• 'n Vertoning om te wys hoe iets werk.
• 'n Optog of opstand om ontevredenheid te wys.
Gebruik:
• Die verkoopsman gee 'n demonstrasie van hoe goed die nuwe stofsuier skoonmaak.
• Die demonstrasie teen plaasmoorde het vreedsaam verloop.
Sinoniem:
• uitstalling
• tentoonstelling
• betoging
• opmars
• opstand
• optog
Hiponiem:
• kookdemonstrasie
Afgelei:
• demonstrasiedag
• demonstrasielesing
• demonstrasieplaas
• demonstrasieprogram
• demonstrasierit
• demonstrasiesessie
• demonstrasietafel
• demonstrasievlug
• demonstrasievraag
Vertaling:
Engels: demonstration
Nederlands: demonstratie
Nota:
• Demonstrasie is die handeling van demonstreer.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: verkoopsman
verkoopsman [boodskap #146127 ]
Ma, 12 Augustus 2024 13:42
Leksikograaf
Boodskappe: 19856Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verkoopsman
Afbreking: ver•koops•man
Samestelling: verkoop + -s- + man
Selfstandige naamwoord: verkoopsman
Meervoud: verkoopsmanne
Verkleinwoord: verkoopsmannetjie
Meervoud van verkleining: verkoopsmannetjies
Betekenis:
• 'n Man wat goedere of dienste aan kliënte verkoop.
Gebruik:
• Pas op vir 'n effektiewe verkoopsman wat onnodige ekstras aan jou probeer afsmeer omdat hy kommissie daarop kry.
Sinoniem:
• smous
• verkoopsagent
• verkoopsklerk
• verkoopspersoon
• verkoper
• winkelklerk
• winkelassistent
Antoniem:
• verkoopsvrou
Vertaling:
Engels: salesman
Nederlands: verkoper
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: opstyg
opstyg [boodskap #146128 ]
Ma, 12 Augustus 2024 14:18
Leksikograaf
Boodskappe: 19856Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
opstyg
Afbreking: op•styg
Samestelling: op + styg
Werkwoord: styg op , opstyg
Verlede tyd: het opgestyg
Betekenis:
• Om in die lug in op te gaan.
• Om boontoe te klim.
Gebruik:
• Die rook styg in die lug in op .
• Die vliegtuig het op tyd opgestyg .
Sinoniem:
• klim
• opgaan
• opklim
• opvaar
• uitstyg
• verrys
Antoniem:
• afstyg
• land
• neerkom
Afgelei:
• opstyging
• opstygplek
• opstygsnelheid
Vertaling:
Engels: to take off, lift off, ascend, rise
Nederlands: opstijgen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: maagkoors
maagkoors [boodskap #146129 ]
Ma, 12 Augustus 2024 14:42
Leksikograaf
Boodskappe: 19856Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
maagkoors
Afbreking: maag•koors
Samestelling: maag + koors
Selfstandige naamwoord: maagkoors
Meervoud: –
Betekenis:
• Siekte veroorsaak deur die bakterie Salmonella typhii , gekenmerk deur hewige steuring van die ingewande, uitslag oor die maag en liggaamlike uitputting.
Gebruik:
• D.J. Opperman het op elfjarige ouderdom by die dood omgedraai nadat hy maagkoors opgedoen het.
Sinoniem:
• buiktifus
• ingewandskoors
• tifoïed
• tifoïde
Vertaling:
Engels: gastric fever, intestinal fever
Nederlands: maagkoorts, buikkoorts, intestinale koorts
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: wrakstuk
wrakstuk [boodskap #146130 ]
Ma, 12 Augustus 2024 14:53
Leksikograaf
Boodskappe: 19856Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wrakstuk
Afbreking: wrak•stuk
Samestelling: wrak + stuk
Selfstandige naamwoord: wrakstuk
Meervoud: wrakstukke
Verkleinwoord: wrakstukkie
Meervoud van verkleining: wrakstukkies
Betekenis:
• 'n Deel/ stuk wat van 'n wrak losgekom het.
Gebruik:
• Wrakstukke van die vliegtuig het op die strand uitgespoel.
Sinoniem:
• brokstuk
Vertaling:
Engels: piece of wreckage, piece of debris, flotsam and jetsam
Nederlands: wrakstuk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: skroefsleutel
skroefsleutel [boodskap #146131 ]
Ma, 12 Augustus 2024 18:35
Leksikograaf
Boodskappe: 19856Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Skroefsleutel.
skroefsleutel
Afbreking: skroef•sleu•tel
Samestelling: skroef + sleutel
Selfstandige naamwoord: skroefsleutel
Meervoud: skroefsleutels
Verkleinwoord: skroefsleuteltjie
Meervoud van verkleining: skroefsleuteltjies
Betekenis:
• 'n Moersleutel met 'n verstelbare kaak wat met 'n skroef verstel word.
Gebruik:
• Gee vir my die skroefsleutel aan.
Sinoniem:
• skuifsleutel
Hiponiem:
• ringskroefsleutel
Vertaling:
Engels: shifting spanner, adjustable wrench
Nederlands: schroefsleutel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.