Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Aan)  | Onbeantwoorde boodskappe (Af)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: borgskap
borgskap [boodskap #146096] Sa, 10 Augustus 2024 19:40
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19823
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
borgskap
Afbreking: borg•skap
Samestelling: borg + -skap


Selfstandige naamwoord: borgskap
Meervoud: borgskappe

Betekenis:
• Die hulp of steun wat 'n borg verskaf.

Gebruik:
• Die skool maak staat op borgskappe om sy finansies aan te vul en die beste moontlike geleenthede vir die leerders te skep.

Vertaling:
Engels: sponsorship
Nederlands: sponsoring, sponsorschap

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Sa, 10 Augustus 2024 19:50]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: gehoorgestremd
gehoorgestremd [boodskap #146097] Sa, 10 Augustus 2024 19:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19823
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gehoorgestremd
Afbreking: ge•hoor•ge•stremd
Samestelling: gehoor + gestremd


Byvoeglike naamwoord: gehoorgestrem, gehoorgestremd
Attributief: gehoorgestremde

Betekenis:
• Wat moeilik kan hoor.

Gebruik:
• 'n Gehoorgestremde leerder is en bly 'n kind, die enigste verskil is hulle gehoorverlies.

Sinoniem:
• doof
• hardhorend
• sleghorend

Afgelei:
• gehoorgestremdheid

Vertaling:
Engels: hearing impaired
Nederlands: gehoorgestoord

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Sa, 10 Augustus 2024 19:51]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: meningspeiling
meningspeiling [boodskap #146098] Sa, 10 Augustus 2024 19:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19823
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
meningspeiling
Afbreking: me•nings•pei•ling
Samestelling: mening + -s- + peiling


Selfstandige naamwoord: meningspeiling
Meervoud: meningspeilings
Verkleinwoord: meningspeilinkie
Meervoud van verkleining: meningspeilinkies

Betekenis:
• 'n Steekproef om die menings van 'n groep mense oor 'n onderwerp te bepaal.

Gebruik:
• Daar is die afgelope ruk gereelde meningspeiling wat voorspel hoe die politieke partye in die verkiesing gaan vaar.

Sinoniem:
• opinie-ondersoek
• opiniepeiling

Vertaling:
Engels: opinion poll
Nederlands: opiniepeiling

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.



Tyd nou: Sa Aug 10 23:35:27 MGT 2024