Forum: Woordeboek
|
Onderwerp: terugblik
|
terugblik [boodskap #146488] |
Wo, 18 September 2024 18:10 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20209 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
terugblik
Afbreking: te•rug•blik
Samestelling: terug + blik
Selfstandige naamwoord: terugblik
Meervoud: terugblikke
Verkleinwoord: terugblikkie
Meervoud van verkleining: terugblikkies
Betekenis:
• 'n Blik op die verlede. 'n Oorsig oor vergange sake.
Gebruik:
• Die boek is 'n terugblik op die outeur se jeugjare.
Sinoniem:
• herdenking
• herinnering
• herkenning
• herlewing
• hersiening
• nabetragting
• oorpeinsing
• refleksie
• terugflits
• terugkyk
• terugskouing
Vertaling:
Engels: retrospective view, flashback, stocktaking
Nederlands: terugblik
Werkwoord: blik terug, terugblik
Verlede tyd: het teruggeblik
Betekenis:
• Om terug te kyk.
Gebruik:
• Ons blik terug na die goeie ou dae.
Vertaling:
Engels: to look back
Nederlands: terugblikken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Wo, 18 September 2024 18:14] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
Onderwerp: bloedsweet
|
bloedsweet [boodskap #146487] |
Wo, 18 September 2024 17:55 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20209 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bloedsweet
Afbreking: bloed•sweet
Samestelling: bloed + sweet
Selfstandige naamwoord: bloedsweet
Meervoud: –
Betekenis:
• Baie harde werk.
Gebruik:
• Dit het bloedsweet en vasbyt gekos om die doel te bereik.
Vertaling:
Engels: blood and sweat
Nederlands: bloedzweet
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: Middeleeus
|
Middeleeus [boodskap #146486] |
Wo, 18 September 2024 17:45 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20209 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Middeleeus
Afbreking: Mid•del•eeus
Samestelling: Middel + eeus
Byvoeglike naamwoord: Middeleeus
Attributief: Middeleeuse
Betekenis:
• Betreffende die Middeleeue (rofweg die 5de tot die 15de eeu).
Gebruik:
• In die Vroeë Middeleeue was daar min mense wat kon lees of skryf.
Afkorting:
• Me.
Vertaling:
Engels: medieval
Nederlands: middeleeuws
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Wo, 18 September 2024 17:46] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
Onderwerp: toerus
|
toerus [boodskap #146485] |
Wo, 18 September 2024 16:08 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20209 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
toerus
Afbreking: toe•rus
Samestelling: toe + rus
Werkwoord: rus toe, toerus
Verlede tyd: het toegerus
Betekenis:
• Om van benodighede te voorsien.
Gebruik:
• In rolprente is tydbomme toegerus met groot rooi skerms sodat almal presies weet wanneer dit gaan ontplof.
Sinoniem:
• bewapen
• gereedmaak
• inrig
• installeer
• toevoeg
• uitrus
• verskaf
• voorberei
Afgelei:
• toerusting
Vertaling:
Engels: to furnish, equip, fit out
Nederlands: toerusten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: uitkry
|
uitkry [boodskap #146484] |
Wo, 18 September 2024 15:55 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20209 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
uitkry
Afbreking: uit•kry
Samestelling: uit + kry
Werkwoord: kry uit, uitkry
Verlede tyd: het uitgekry
Betekenis:
• Om na die buitekant te bring.
• Om uit te spreek.
• Om te verwyder of uit te wis.
• Om iets of iemand by 'n plek te kry.
• (sport) Om uit te boul of uit te vang.
Gebruik:
• Hulle kon nie die leeu uit die hok uitkry nie.
• Hy het nie 'n woord uitgekry nie.
• Sy probeer om die vlek uit die tafeldoek te kry.
• Julle moet die hond so spoedig moontlik by 'n veearts uitkry.
• Die bouler kon nie die kolwer uitkry nie.
Sinoniem:
• uitbring
• uithaal
• uitklim
• uitlig
• uittrek
Vertaling:
Engels: to get out; to spreak out; to remove, get rid of; to get to; to dismiss
Nederlands: uitkrijgen, uitbrengen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Wo, 18 September 2024 16:13] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
Onderwerp: noodlanding
|
noodlanding [boodskap #146483] |
Wo, 18 September 2024 15:24 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20209 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
noodlanding
Afbreking: nood•lan•ding
Samestelling: nood + landing
Selfstandige naamwoord: noodlanding
Meervoud: noodlandings
Betekenis:
• 'n Onbeplande landing weens 'n noodgeval.
Gebruik:
• Die vliegtuig het 'n suksesvolle noodlanding op 'n teerpad gemaak nadat sy enjin aan die brand geslaan het.
Vertaling:
Engels: emergency landing
Nederlands: noodlanding
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: voorteken
|
voorteken [boodskap #146482] |
Wo, 18 September 2024 15:18 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20209 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
voorteken
Afbreking: voor•teken
Samestelling: voor + teken
Selfstandige naamwoord: voorteken
Meervoud: voortekens
Betekenis:
• 'n Eerste teken van iets wat kom.
Gebruik:
• In 'n fliek is 'n hoesie is altyd die voorteken van 'n terminale siekte.
Sinoniem:
• aanduiding
• aankondiger
• aanwysing
• bedreiging
• omen
• simptoom
• voorbode
• voorloper
• waarskuwingsteken
Vertaling:
Engels: advance notice, forerunner, omen
Nederlands: voorteken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Wo, 18 September 2024 15:35] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
Onderwerp: terminaal
|
terminaal [boodskap #146481] |
Wo, 18 September 2024 15:12 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20209 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
terminaal
Afbreking: ter•mi•naal
Byvoeglike naamwoord: terminaal
Attributief: terminale
Betekenis:
• In die laaste fase of eindstadium voordat die dood intree.
Gebruik:
• Die man is terminaal siek.
Vertaling:
Engels: terminal
Nederlands: terminaal
Selfstandige naamwoord: terminaal
Meervoud: terminale
Verkleinwoord: terminaaltjie
Meervoud van verkleining: terminaaltjies
Betekenis:
• 'n Eindpunt by 'n lughawe of treinstasie.
• Een van die pole van 'n elektriese apparaat.
• (rekenaars) Program of apparaat vir die vertoon en invoer van data oor 'n afstand.
Gebruik:
• Meld by terminaal A aan.
• Die elektrone vloei van die battery se negatiewe terminaal na die positiewe terminaal.
• Ek gebruik PuTTY as terminaal om na die bediener aan te teken.
Sinoniem:
• eindpunt
• pool
• stasie
Hiponiem:
• domterminaal
• lughaweterminaal
• navraagterminaal
• rekenaarterminaal
Afgelei:
• terminaalgebou
Vertaling:
Engels: terminal
Nederlands: terminaal
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: tikkend
|
tikkend [boodskap #146480] |
Wo, 18 September 2024 14:10 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20209 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
tikkend
Afbreking: tik•kend
Samestelling: tik + - end
Byvoeglike naamwoord: tikkend
Attributief: tikkende
Betekenis:
• Wat reëlmatig tik (soos 'n horlosie, of 'n persoon op 'n sleutelbord).
Gebruik:
• Suid-Afrika se hoë werkloosheidskoers is 'n tikkende tydbom.
Vertaling:
Engels: ticking; typing
Nederlands: tikkend
Nota:
• Onvoltooide deelwoord van tik.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Wo, 18 September 2024 14:11] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
Onderwerp: tydbom
|
tydbom [boodskap #146479] |
Wo, 18 September 2024 14:07 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20209 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
tydbom
Afbreking: tyd•bom
Samestelling: tyd + bom
Selfstandige naamwoord: tydbom
Meervoud: tydbomme
Verkleinwoord: tydbommetjie
Meervoud van verkleining: tydbommetjies
Betekenis:
• 'n Bom met 'n klok wat gestel kan word om op 'n bepaalde tyd te ontplof.
• (figuurlik) 'n Ongeluk wat wag om te gebeur.
Gebruik:
• Die tydbom is sekondes voordat dit sou afgaan onskadelik gestel.
• Die heersende klimaatsveranderinge is 'n tikkende tydbom.
Vertaling:
Engels: time bomb
Nederlands: tijdbom
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Wo, 18 September 2024 18:18] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|