Forum: Woordeboek
|
Onderwerp: stembus
|
stembus [boodskap #145385] |
Di, 28 Mei 2024 14:43 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19117 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
stembus
Afbreking: stem•bus
Samestelling: stem + bus
Selfstandige naamwoord: stembus
Meervoud: stembusse
Verkleinwoord: stembussie
Meervoud van verkleining: stembussies
Betekenis:
• 'n Bus (houer met 'n gleuf) waarin ingevulde stembriewe geplaas word.
• (figuurlik) Die hou van 'n verkiesing of die uitslag daarvan.
Gebruik:
• Sy probeer om haar stembrief in die oorvol stembus te druk.
• Die party hoop om sy opponente by die stembus te verslaan.
Sinoniem:
• eleksie
• stemming
• verkiesing
Vertaling:
Engels: ballot-box, poll
Nederlands: stembus
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: remedieer
|
remedieer [boodskap #145384] |
Di, 28 Mei 2024 14:02 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19117 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
remedieer
Afbreking: re•me•di•eer
Werkwoord: remedieer
Verlede tyd: het geremedieer
Betekenis:
• Om reg te maak wat nie goed is of reg werk nie.
Gebruik:
• Leesprobleme moet so vroeg as moontlik geremedieer word.
Sinoniem:
• regmaak
• korrigeer
Verwant:
• remedie
• remediërend
• remediëring
Vertaling:
Engels: to remedy
Nederlands: remediëren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: remediërend
|
remediërend [boodskap #145383] |
Di, 28 Mei 2024 13:54 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19117 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
remediërend
Afbreking: re•me•di•ë•rend
Samestelling: remedieer + -end
Byvoeglike naamwoord: remediërend
Attributief: remediërende
Betekenis:
• Wat remedieer (regmaak wat nie goed is of reg werk nie).
Gebruik:
• Remediërende onderrig sal vir leerders met spesifieke probleme beskikbaar gestel word.
Sinoniem:
• regstellend
Vertaling:
Engels: remedial, remediative
Nederlands: remediërend
Nota:
• Onvoltooide deelwoord van remedieer.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: broodblik
|
broodblik [boodskap #145382] |
Di, 28 Mei 2024 13:37 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19117 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
broodblik
Afbreking: brood•blik
Samestelling: brood + blik
Selfstandige naamwoord: broodblik
Meervoud: broodblikke
Verkleinwoord: broodblikkie
Meervoud van verkleining: broodblikkies
Betekenis:
• Houer vir toebroodjies.
• Houer, oorspronklik van blik, waarin 'n hele brood gebêre kan word.
Gebruik:
• Ek het my broodblik by die skool vergeet.
• Sit 'n pakkie sout in die broodblik om jou brood vars te hou.
Sinoniem:
• broodhouer
• broodtrommel
Vertaling:
Engels: bread tin, breadbin
Nederlands: broodtrommel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: bestek
|
bestek [boodskap #145381] |
Di, 28 Mei 2024 13:09 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19117 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bestek
Afbreking: be•stek
Selfstandige naamwoord: bestek
Meervoud: bestekke
Betekenis:
• Die ruimte waarin, of grense waartussen iets bestaan.
Gebruik:
• Die projek is binne die bestek van 'n paar maande voltooi.
Sinoniem:
• bereik
• omvang
• strekking
• uitgebreidheid
Hiponiem:
• gisbestek
• meetbestek
• radiobestek
• stroombestek
• tydsbestek
• warmtebestek
• werksbestek
Afgelei:
• bestekopmeter
• bestekwaarde
Vertaling:
Engels: range, span, extent, scope
Nederlands: bestek
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: projekplan
|
projekplan [boodskap #145380] |
Di, 28 Mei 2024 08:53 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19117 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
projekplan
Afbreking: pro•jek•plan
Samestelling: projek + plan
Selfstandige naamwoord: projekplan
Meervoud: projekplanne
Betekenis:
• 'n Dokument met die take wat uitgevoer moet word om 'n projek te voltooi, met begin- en einddatums.
Gebruik:
• Volgens die projekplan moes ons al laas week met die taak klaar gewees het.
Vertaling:
Engels: project plan
Nederlands: projectplan
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: projekbestuurder
|
projekbestuurder [boodskap #145379] |
Di, 28 Mei 2024 08:45 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19117 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
projekbestuurder
Afbreking: pro•jek•be•stuur•der
Samestelling: projek + bestuurder
Selfstandige naamwoord: projekbestuurder
Meervoud: projekbestuurders
Verkleinwoord: projekbestuurdertjie
Meervoud van verkleining: projekbestuurdertjies
Betekenis:
• Persoon wat 'n projek bestuur en toesien dat die projek volgens plan geïmplementeer word.
Gebruik:
• 'n Projekbestuurder se eerste en belangrikste taak is om 'n projekplan op te stel.
Sinoniem:
• projekleier
Vertaling:
Engels: project leader, project manager
Nederlands: projectleider
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|