Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » fiks en oppe 'n stasie antie
fiks en oppe 'n stasie antie [boodskap #45315] Wo, 27 Junie 2001 18:52 na volgende boodskap
hennerietjie  is tans af-lyn  hennerietjie
Boodskappe: 46
Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
Volle Lid
hellou my antie

ek het vir my pa gevra oor wat antie sê van sy rakbie fikssasie en hy sê ek
moet vir antie vra of antie dink die pous het 'n fikssasie met die kerk
oorlat hy rooms is. al wat ek weet is lat my pa fiks is van syp want my ma
sê al wat my pa weet van fiks is wanneer hy op 'n stasie is en vir haar sê
om vir hom 'n dop te fieks.

en my ma sê antie moet van beter weet as om vir klein kinnerkies voor te sê
oom heeldag vorie tiewie te lê en sleg word soos my pa. sy sê kinnerkies
moet rond hartloop en yt bome ytval lat hille ma's vir hille kan lief wees
en plysters op hille stikkende plek plak en hille doktir toe vat om hille
arrems regyt te maak. sy sê kyk hoe lyk jou pa van heeldag rakbie kyk oppie
tiewie.

antie sal my nie glo nie ma' die bokke het nou al weer 'n niewe kaptyn.
vosperd wat nie kan praat nie is nou gedrop en herrie die strandloper het
nou vir tieniebopper skienstat kaptyn gemaak. oom hansie vannie
pênnelbieters sê die meisietjies en antietjies gaan hille nat maak daaroor.
ma' my pa sê as hy so lyster issit eerder die omies hie innie noorde wat
hille nat maak.

ek warrie nie antie solank die bokke net beter beginne speel en tieniebopper
nie sy eie tong raak trap as hy 'n spiesj moet maak nie. my pa sê minstens
het skienstat darrim 'n tong om mee te praat.

koebaai antie

hennerietjie (oppas vir die tonge wat ythang antie)
Re: fiks en oppe 'n stasie antie [boodskap #45346 is 'n antwoord op boodskap #45315] Do, 28 Junie 2001 02:44 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

hennerietjie wrote:

> hellou my antie
>
> ek het vir my pa gevra oor wat antie sê van sy rakbie fikssasie en hy sê ek
> moet vir antie vra of antie dink die pous het 'n fikssasie met die kerk
> oorlat hy rooms is.

Hennerietjie, dis 'n vreeslike ding wat jy vir my hier vertel.Beteken dit dus
dat rugby vir jou pa 'n godsdiens is?

Tannie Gloudina
Vorige onderwerp: Plaasmoorde - Al weer? / Nog steeds?
Volgende onderwerp: Swart mense in die tuislande
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Sep 29 02:26:48 MGT 2024