Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Drie Geslagte" deur ELISABETH EYBERS
Drie Geslagte" deur ELISABETH EYBERS [boodskap #25918] So, 05 September 1999 00:00 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

DRIE GESLAGTE
Elisabeth Eybers

Aeneas laai sy vader op sy rug
en klem sy knaap se handjie om dié twee
te red uit Troje - meet met elke tree
hoe lenig liefde is, hoe loodswaar plig.
Re: Drie Geslagte" deur ELISABETH EYBERS [boodskap #26035 is 'n antwoord op boodskap #25918] Wo, 08 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Elizabeth Eybers is voorwaar 'n meester van die woordkuns. Wat 'n wêreld van
interpretasiemoontlikhede lê nie opgesluit in hierdie paar reëls nie! Ek
soek nog steeds haar "Tersine" - wat sy geskryf het na aanleiding van haar
seun wat haar eendag gevra het om roulynolie vir sy krieketkolf saam te
bring van die winkel af. In daardie versoek "roulynolie vir my krieketkolf"
herken sy die poësie van die alledaagse taal en die alledaagse
gebruiksatrikels.

Dankie Gloudina - al verskil ons oor soveel ander dinge, kan ons saam die
skoonheid van die woordkuns ervaar. Moenie ophou gedigte van hierdie kaliber
plaas nie.

Groetnis

Henry

skryf in boodskap news:37D2FBEF.847473C9@sympatico.ca...
DRIE GESLAGTE
Elisabeth Eybers

Aeneas laai sy vader op sy rug
en klem sy knaap se handjie om dié twee
te red uit Troje - meet met elke tree
hoe lenig liefde is, hoe loodswaar plig.
Vorige onderwerp: Re: Vrou se Immigrasie
Volgende onderwerp: Jok en lieg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 28 07:18:45 MGT 2024