Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is
Re: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #25048 is 'n antwoord op boodskap #24848] Vr, 30 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
ProPacem skryf..
Ek wens ek kan jou Tara of Stikland toe vat vir 'n maand,
en daarna terug bring.

In Mauritius (hier gaan ons al weer) was daar 'n jong man
wat gedink het hy was 'n mossie. Elke keer as 'n valk hom
sien, jaag die valk kom, en hardloop hy in die huis in, en
sluit hom in sy kamer toe. Die mense vra vir hom wat is sy
probleem. Nee sê hy, hy is 'n mossie en die valk wil hom
vang. Die mense dink die man is mal en vat hom malhuis toe.
Hulle probeer hom daar oortuig hy is 'n mens. Later raak hy
gatvol vir die plek, en stem toe saam. Hulle laat hom gaan.
'n Paar dae sien 'n valk hom, en die valk jaag hom. Hy
hardloop die huis in, en sluit hom in sy kamer toe. Die
mense kan nie verstaan wat gaan aan nie. Later kom hy uit
sy kamer en se vir hulle: Ek weet ek is 'n mens, julle weet
ek is 'n mens. Maar die valk dink ek is 'n mossie.

Laat 'n mens dink aan die Afrikaners en die WVK. Verander
die politiek en vertel ons ons is die reenbognasie, en ons
moet van die verlede vergeet, al dansende. Ek weet ek is
deel van die reenboognasie. Julle weet ek is deel van die
reenboognasie. Maar die valk herriner my nog ek is 'n
Afrikaner. Miskien moet ek hom verduidelik hoe om Saterdae
aande se Voorvader Geeste te verenig met sy Christelike
godsdiens Sondae oggende. Al gesien hoe kook ons met
godsdiens in die New Sunny SA?

Nog sewe jaar se hofsake? Agge nee man. Drop darem nou die
emosies.

Re: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #25169 is 'n antwoord op boodskap #24848] Wo, 04 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
Doos[1]  is tans af-lyn  Doos[1]
Boodskappe: 143
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Senior Lid
hoor, hoor
Marius wrote in message ...
Ek het nou so te sê die hele relaas oor Gloudina se uitsprake (sowel as die kritiek daarop) gelees. Man, dit maak my siek. Laat ek dan nou maar ook soos sy maak. Naamlik om totaal ongegronde - ekskuus, gegrond op wat ons in die massamedia lees/sien/hoor - onverantwoordelike en oningeligte uitsprake te maak in die hoop dat nie een van julle intelligent genoeg is om deur dit te sien nie.

Nee! Helaas ek sal nie. Dit is nou maar so dat daar oningeligte mense is! Dit is ongelukkig die realiteit en om dit te ontken sal frustrasie te weeg bring. Dit is juis hieroor dat die massamedia so suksesvol is. "Ons verslaggewer op die toneel sal u op hoogte hou van gebeure soos wat dit gebeur". Ha, bleddie ha. In vertaalde vorm lyk dit heel anders: "Ons verslaggewer, wat ons teen aansienlike koste op die toneel geplaas het, sal aan u al die sensasionele gebeurtenisse bring, gegrond op sy/haar persepsies en die persepsie wat ons graag wil voorhou as die waarheid, met dien verstande dat ons die reg voorbehou om enige situasie uit te buit om dit sensasioneel te laat voorkom wanneer dit ons pas. Dit is ook nie nodig om die feite 100% reg te hê nie solank ons dit net later regstel (verskoning aangeheg) nadat die skade reeds gedaan is. Sodoende kan ons die uitgawe kwalifiseer". U sien, die media is uiteindelik totaal onverantwoordelik maar aanspreeklik. Dit bring dus 'n situasie teweeg waar kinders met vuurhoutjies langs 'n kruitvat speel, en aanspreeklikheid aanvaar wanneer dit ontplof. Kortom: roekeloos.

Ek het oor die afgelope paar weke drie spioenasie boeke gelees. Smiley's people van Le Carre, The Devil's alternative van Frederick Forsythe, en The Aquitaine Progression van Rober Ludlum. Ek kan dus sonder skroom sê dat Le Carre die beste spioenasie skrywer van die drie is. Wat ek egter nie kan doen nie is om te sê dat:
Le Carre die heel beste skrywer is (wat die media doen)
Forsythe en Ludlum swak skrywers is (ontbloot van alle waarheid - wat die media doen)
Al Le Carre se boeke goed is (wat die media doen)
Dat ek, Marius, die W^ereld se kenner is op spioenasie boeke (glad nie waar nie - wat die media doen)

Die feit is dat ek wel kennis het oor hierdie boeke, en dat ek redelik betekenisvol kan saamgesels. Dit is egter waar die kleitjie stop. Tweedens is ek volwasse en intelligent genoeg (let wel: genoeg) om die impak van die massamedia op my eie denkwyse te evalueer. Dit is dan ook die probleem met quasi-intelligensie en diesulkes; Naamlik dat hulle maar doodgewoon aanpas om by hulle omgewing aan te pas en dus nooit werklik emosioneel selfstandig word nie. Dit is dan ook interresant om te merk dat die scenarios hierbo (wat die media doen) nie so onannvaarbaar LYK nie. Le Carre IS dalk die beste skrywer. Forsythe en Ludlum IS dalk swak skrywers. Dit KAN so wees. Dit is juis dít wat so deur die media uitgebuit word. Dit KAN so wees en daarom IS dit so.

Ek wil graag aan Gloudina en ander die uitnodiging rig om tog maar 'n bietjie te besin. Kyk 'n bietjie minder TV en lees meer - daardeur sal jy jou EIE denkwyse verryk. Benewens dit sal jy aan jouself 'n sportiewe geleentheid bied om sinvol aan 'n gesprek mee te doen, sonder dat jy jouself belaglik maak.
Vorige onderwerp: Apologie aan alle Suid Afrikaners en Pad na Genesing
Volgende onderwerp: Met apologie aan ProPacem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 05:38:28 MGT 2024