Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Engelse poskodeboek
Re: Engelse poskodeboek [boodskap #22006] Di, 23 Maart 1999 00:00
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 23 Mar 1999 18:29:04 GMT, cas...@act.co.za (Casper) wrote:
|
|Wat as van die bostaande name met inheemse Afrika benamings vervang
|word?

Soos wat ons Lyttelton in Verwoerdburg verander het???? en nou so sekslose
centurion......

|My gevoel is dat Afrikaanssprekendes sal hand en tand moet veg vir 'n
|iedere en elke Afrikaanse pleknaam. Anders is daardie woorde wat sê
|dat Afrikaans 'n sterwende taal is, profetiese woorde.
|
Afrikaans gaan bly bestaan in een of ander form of daar nou plekke is met
Afrikaanse plekname of nie. Wat ek baie sad oor voel is dat die verandering van
plekname nog nooit enige iets in die land verbeter het nie. Daardie effort en
koste, kan gerus maar eerder in huise en edoukeisjin ingesit word.

Om 'n dorpsnaam te verander gaan vir niemand 'n huis gee nie, maar dit sal baie
geld kos wat gaan keer dat twwe of drie gesinne 'n huis kan kry. Pleknaam
verander is so geweldig sinneloos.
Re: Engelse poskodeboek [boodskap #22007 is 'n antwoord op boodskap #22006] Di, 23 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Family Kloppers  is tans af-lyn  Family Kloppers
Boodskappe: 3
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Junior Lid
Miskien worry ons te veel oor plante en diere wat uitsterf en nie genoeg oor
kulture wat uitsterf nie.

Casper skryf in boodskap news:36f7dd0a.13784727@news.mweb.co.za...
> Na onlangse berigte is die enigste gebruikstaal in die Poskantoor nou
> Engels. Afrikaanse bordjies en kennisgewings en dokumentasie word
> verwyder uit alle takke van die poskantoor.
>
> Logika sê dat die poskodeboek gevolglik ook eersdaags net in Engels
> sal
> verskyn. Kan enigeen dit aub vir my bevestig? Van die woorde wat
> Afrikaanse / Engelse weergawes in die poskodeboek het verskyn
> hieronder.
>
> Dit sal 'n verlies vir 'n ieder en 'n elk in hierdie land wees om dit
> te verloor. Is ek die enigste persoon in hierdie land wat sterk
> hieroor
> voel? Dit sal wees asof 'n ledemaat van die hele Suid-Afrikaanse
> kultuur afgesaag is, laat staan nog die verlies vir Afrikaans.
>
> Alexanderbaai / Alexander Bay
> Bantrybaai / Bantry Bay
> Barkley-Oos / Barkley East
> Barkley-Wes / Barkley West
> Beaconbaai / Beacon Bay
> Beaufort-Wes / Beaufort-West
> Bellavista-Suid / Bellavista-South
> Bettysbaai / Betty's Bay
> Booth Aansluiting / Booth Junction
> Buffeljagsrivier / Buffeljags River
> Buffelsrivier / Buffels River
> Bulgerivier / Bulge River
> Bosbokrand / Bushbuckridge
> Boskoppies / Bushkoppies
> Boesmansriviermond / Bushmans River Mouth
> Caledonplein / Caledon Square
> Cambridge-landgoed / Cambridge estate
> Kaapstad / Cape Town
> Elsiesrivier / Elsies River
> Vishoek / Fish hoek
> Visrivier / Fish river
> Gordonsbaai / Gordon's Bay
> Groot-Brakrivier / Great Brak River
> Hondeklipbaai / Hondeklip bay
> Hospitaalpark / Hospital park
> Jeffreysbaai / Jeffreys bay
> Kalkbaai / Kalk bay
> Klaas Voogdsrivier / Klaas Voogds River
> Kleinrivier / Klein river
> Kromrivier / Krom river
> Lambertsbaai / Lamberts bay
>
> Wat van plekname soos hieronder, en hoe lank voor hulle vertaal of
> verander word?
>
> Baardskeerdersbos
> Bergbron
> Bergsig
> Bergvliet
> Blikfontein
> Blinkpan
> Bloekombos
> Boesmanskop
> Boesmansriviermond
> Daniëlskuil
> Daniëlsmond
> Derdepoortpark
> Drie Riviere
> Garsfontein
>
> Wat as van die bostaande name met inheemse Afrika benamings vervang
> word?
> Is die bogenoemde plekname nie ook inheemse Afrika benamings nie? Nou
> is
> ek omgekrap en wil nie verder vir plekname soek nie.
>
> Wat sal gebeur as daar verskillende benaminge vir 'n plek in beide
> Khosa
> en So-Sotho is (as voorbeeld?) Sou die poskantoor nie altwee
> benaminge
> geplaas het nie? Hoe voel ander Afrikaanssprekendes daaroor?
>
> Dit is een ding om in 'n algemeen verstaanbare taal bedien te word en
> heeltemal 'n ander ding om die Afrikaanse erfenis en kultuur van die
> land prys te gee.
>
> My gevoel is dat Afrikaanssprekendes sal hand en tand moet veg vir 'n
> iedere en elke Afrikaanse pleknaam. Anders is daardie woorde wat sê
> dat
> Afrikaans 'n sterwende taal is, profetiese woorde.
>
> Binne die volgende weke moet ek 'n rekenaarprogram wat ek in '92
> geskryf
> het hersien. Die program bevat die volle poslys en ek sal poog om 'n
> lys van al die Afrikaanse benaminge in die poskodeboek (nog 'n woord
> wat
> sal verval) op te stel. Al wys ons die lys eendag net vir ons nasate
> sodat hulle kan sien hoe Suid-Afrika eens op 'n tyd benoem was.
>
> Tjeers
>
> Casper
>
Vorige onderwerp: Re: boterham
Volgende onderwerp: Ek waag dit!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 28 18:15:24 MGT 2024