Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Prestasie: Vebruik van Onvervangbare Hulpbronne?
Prestasie: Vebruik van Onvervangbare Hulpbronne? [boodskap #19189] Sa, 14 November 1998 00:00 na volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Uit een van Leendert se onlangse bydraes:

[Verwysend na Noord Amerika]... "'n omgewing waar prestasie gemeet word aan
die tempo waarteen 'n
mens onvervangbare hulpbronne kan verbruik".

Is dit wat jy bedoel het om te se? Indien so, dink jy nie dit is 'n growwe
veralgemening nie?

Moenie my verkeerd verstaan nie. Daar is geen twyfel oor die statistieke
nie - hierdie kontinent van oorvloed verbruik baie meer (per kapita) van
amper enigiets as enige ander plek op aarde. (Met die moontlike uitsondering
van biltong en Castle lager.) . Dit is nie my punt nie.

Die verbruik van hulpbronne, goedere en dienste (oordadig of nie) is die
gevolg van die relatiewe welstand van die gemiddelde Noord-Amerikaner, nie
die doel nie. Die welstand is die gevolg van produktiwiteit, en harde
werk (die gemiddelde jaarlikse vakansie is slegs omtrent twee weke).

Jy sal bekend wees met die idee van "conspicuous consumption". Daar is
natuurlik mense hier wat hulle skuldig maak aan verbruik vir verbruik se
onthalwe. (Net soos daar in Suid-Afrika van die soort vermorsers is; dit
grief my net nog meer in SA omdat dit gedoen word teen die agtergrond van 'n
arm massa.)

Dit is egter 'n growwe veralgemening, en misleidend, en selfs 'n aanduiding
van onkunde oor Noord-Amerika, om hierdie omgewing in die algemeen te
beskryf soos hierbo aangehaal. Die hele NA is nie lyk nie soos Beverley
Hills nie, en ek glo dat die meerderheid van mense hier nie noodwendig
lewenswaardes gebaseer op vermorsing onderskryf nie.

My ondervinding met die mense in my omgewing (wes Kanada) is dat mense baie
bewus is van die natuur en hulle inpak daarop. (Die radikale vernadering van
seisoen tot seisoen, en die "onderdanigheid" van die mens teenoor moeder
natuur - wat in die winter die vermoe het om 'n onvoorbereide persoon binne
minute dood te maak - het daarmee te doen. Meer daaroor in 'n ander bydrae.)
Die meeste mense hier spandeer baie tyd in somer met kampering, fietsry,
visvang en die tipe van ding, en in die winter met ski. Nasionale en
provinsiale parke word teen ontwikkeling beskerm, en meer en meer grond word
daarvoor beskikbaar gestel. (British Columbia het 498 provinsiale parke.)

Ek neem waar dat baie mense hier hulle vullis sorgvuldig sorteer (papier,
glas, plastiek) en dan "recylcle". (Doen jy dit?) Baie mense, selfs welaf
(relatief gesproke) mense hier gee kinderklere, speelgoed en dies meer aan
vir vriende met jonger kinders om verdere verbruik te voorkom. Hier is 'n
goedontwikkelde internetsisteem om tweedehandse goedere (lettterlik
enigiets) te koop en verkoop.

Daar is geen twyfel dat hier baie verbruik, en baie vermosing is nie. Maar
dit word slegs as 'n prestasie-kriterium gesien deur 'n klein, en glo ek, 'n
kleinerwordende persentasie van mense. Ek is ook nie besig om te se dat hier
is minder verbruik of vermorsing as in, byvoorbeeld, SA nie.

Ek se wel dat jou stelling oor die prestasie-meting basies snert is.

Tot later,

Bees -
Kanadese vleuel
Ruimteskip Aarde
Re: Prestasie: Vebruik van Onvervangbare Hulpbronne? [boodskap #19214 is 'n antwoord op boodskap #19189] Ma, 16 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 14 Nov 1998 16:42:11 -0700, "Bees" said the
following:
|My ondervinding met die mense in my omgewing (wes Kanada) is dat mense baie
|bewus is van die natuur en hulle inpak daarop. (Die radikale vernadering van
|seisoen tot seisoen, en die "onderdanigheid" van die mens teenoor moeder
|natuur - wat in die winter die vermoe het om 'n onvoorbereide persoon binne
|minute dood te maak - het daarmee te doen. Meer daaroor in 'n ander bydrae.)
|Die meeste mense hier spandeer baie tyd in somer met kampering, fietsry,
|visvang en die tipe van ding, en in die winter met ski. Nasionale en
|provinsiale parke word teen ontwikkeling beskerm, en meer en meer grond word
|daarvoor beskikbaar gestel. (British Columbia het 498 provinsiale parke.)
|
|Ek neem waar dat baie mense hier hulle vullis sorgvuldig sorteer (papier,
|glas, plastiek) en dan "recylcle". (Doen jy dit?) Baie mense, selfs welaf
|(relatief gesproke) mense hier gee kinderklere, speelgoed en dies meer aan
|vir vriende met jonger kinders om verdere verbruik te voorkom. Hier is 'n
|goedontwikkelde internetsisteem om tweedehandse goedere (lettterlik
|enigiets) te koop en verkoop.
|
Ons verhuising na Amerika het ons ook baie goed gedoen in hierdie
opsig - hoewel ons nog nooit juis "gemors" het nie, het my vuilgoed
voorheen in SA net een van twee paaie gegaan - alles organies is
komposhoop toe en die res asblik toe.

Nou gaan daar maar 'n baie klein sakkie vullis toe. Die hele
recycling proses is al 'n integrale deel van baie van die Amerikaners
se lewe en ons leer vinnig. Ons spoel tot nou al die Coke blikkies
voor dit in die recycling houer gaan.

Ek het ook nou in die somer gesien dat bitter min goed weggegooi word
voor dit nie heeltemaal opgebruik is nie. As jy nie meer iets wil hê
nie, hou jy 'n garage sale en so word goed gedurig gesirkuleer. Ons
het byvoorbeeld 'n baie goeie Weber (amper splinter nuut en pragtig
skoongemaak) op so 'n garage sale gekoop vir net $5.

Ek kry ook die gevoel dat dit nie vir die algemene Amerikaner 'n
prestasie is om so baie te verbruik nie. Dis iets wat met natuurlike
evolusie in sy welvaart ontstaan het, soos Bees gesê het. Luister jy
egter na radio stasies soos enige van die National Public Radio
stasies, kom jy agter daar is voordurend 'n bewustheid dat hulpbronne
opgepas moet word en reg bestuur word.

Ek dink daar is balans: Amerikaners is nie blatant besig om hulle
sukses te meet aan hoeveel hulle kan vermors nie, maar daar is beslis
baie meer wat hulle kan doen om vermorsing te voorkom.
Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Prestasie: Vebruik van Onvervangbare Hulpbronne? [boodskap #19232 is 'n antwoord op boodskap #19189] Di, 17 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Alwyn Nel wrote:
>
> Johan wrote:
>
>> Nou gaan daar maar 'n baie klein sakkie vullis toe. Die hele
>> recycling proses is al 'n integrale deel van baie van die Amerikaners
>> se lewe en ons leer vinnig. Ons spoel tot nou al die Coke blikkies
>> voor dit in die recycling houer gaan.
>>

Duidelik het julle nie 'n water probleem nie? :]
Re: Prestasie: Vebruik van Onvervangbare Hulpbronne? [boodskap #19233 is 'n antwoord op boodskap #19189] Di, 17 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 17 Nov 1998 15:12:54 +0200, lou said
the following:
|> > Nou gaan daar maar 'n baie klein sakkie vullis toe. Die hele
|> > recycling proses is al 'n integrale deel van baie van die Amerikaners
|> > se lewe en ons leer vinnig. Ons spoel tot nou al die Coke blikkies
|> > voor dit in die recycling houer gaan.
|> >
|
|Duidelik het julle nie 'n water probleem nie? :]

Nee Lou, gelukkig nie - Minnesota staan bekend as die staat met 10 000
mere, maar as jy die kleineres bytel is daar glo meer as 15 000. Ons
kry ook reen dwars deur die jaar en dan is dit nog boonop sommer 'n
duim of 'n half duim op 'n slag. Op die oomblik huiwer ons
temperature om en by vriespunt en het ons al 'n paar oggende ryp
gehad, maar al die grasperke is nog groen (dis nie Kikuju nie).

Maar selfs met die baie natuurlike water wat hier is, is daar ook maar
gedurige aanmoediging aan die gemeenskap om nie water te mors nie. So
mag ons byvoorbeeld net die sprinkler stelsel gebruik op ewe dae (ons
huis nommer eindig op 4).

Voordurend is hier aanmoediging om te bespaar op nie net water nie,
maar ook energie. Die elektrisiteits en gas maatskappye bied
allerhande dienste aan om huishoudings te help om minder elektrisiteit
en gas te gebruik.

Dis ook die geval met hout - vir ons kaggel koop ons saamgeperste
houtstof stompe wat 'n mens een-een in die kaggel brand. So 'n stomp
hou drie ure lank, word van afval houtstof gemaak en brand heeltemaal
weg en hy brand baie skoon met baie min rook.

Na die droogtes van die vorige dekade in SA en van so 'n paar jaar
gelede, het ek gesê ek sal nooit weer kla oor reen nie, min wetende
dat ek sommer binnekort in 'n plek sou bly waar dit reg deur die jaar
baie reen. En ek geniet dit nou vreeslik baie - as dit reen wil ek
net by die venster uitkyk.

Na ons nou onlangs in South Dakota gaan ry het, was dit die eerste
sien van die mere in Minnesota wat 'n mens weer daardie gevoel gegee
het van "ons is nou weer by die huis".

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Prestasie: Vebruik van Onvervangbare Hulpbronne? [boodskap #19234 is 'n antwoord op boodskap #19189] Di, 17 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Johan wrote:

> Nou gaan daar maar 'n baie klein sakkie vullis toe. Die hele
> recycling proses is al 'n integrale deel van baie van die Amerikaners
> se lewe en ons leer vinnig. Ons spoel tot nou al die Coke blikkies
> voor dit in die recycling houer gaan.
>
> Ek het ook nou in die somer gesien dat bitter min goed weggegooi word
> voor dit nie heeltemaal opgebruik is nie. As jy nie meer iets wil hê
> nie, hou jy 'n garage sale en so word goed gedurig gesirkuleer. Ons
> het byvoorbeeld 'n baie goeie Weber (amper splinter nuut en pragtig
> skoongemaak) op so 'n garage sale gekoop vir net $5.

Ook die Australiërs is baie herwinnings bewus. Ons het twee asblikke. Die een met
die groen deksel kry die gewone vullis, en die een met die geel deksel kry die
herwinbare produkte. Elke drie maande is dit tyd om van (volgens jou) gemors
ontslae te raak. Wat jy nie meer wil hê nie, pak jy op die sypaadjie en enige
iemand wat belangstel kan homself kom help. Wat oorbly verwyder die Shire na 'n
week of so. Hier is 'n Aboriginal gesin onder in die straat wat terdee gebruik
maak daarvan. Hulle het elke drie maande 'n ander sitkamerstel.

Alwyn
Vorige onderwerp: Re: Die wysheid van die wurms, en Bewers
Volgende onderwerp: Caprivi
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Sep 26 22:10:03 MGT 2024