Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » handwerk
handwerk [boodskap #146525] Ma, 23 September 2024 17:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20260
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
handwerk
Afbreking: hand•werk
Samestelling: hand + werk


Selfstandige naamwoord: handwerk
Meervoud: handwerke
Verkleinwoord: handwerkie
Meervoud van verkleining: handwerkies

Betekenis:
• Werk wat met die hande verrig word (naaldwerk, tuinwerk, ens.)
• Dit wat iemand self gedoen of gemaak het.

Gebruik:
• Hy hoef jou nooit vir handwerk te skaam nie.
• Sy besigtig die kunstige handwerk in die winkel se venster.

Wisselvorm:
• handewerk

Sinoniem:
• handearbeid

Hiponiem:
• kunshandwerk

Afgelei:
• handwerker
• handwerkgaring
• handwerklinne
• handwerkpatroon
• handwerksak
• handwerkster
• handwerktuig

Vertaling:
Engels: handwork, handicraft; handiwork
Nederlands: handwerk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vitamienpil
Volgende onderwerp: lewenskwaliteit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Sep 25 06:22:13 MGT 2024