Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » uitbasuin
uitbasuin [boodskap #146522] Ma, 23 September 2024 15:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20260
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitbasuin
Afbreking: uit•ba•suin
Samestelling: uit + basuin


Werkwoord: basuin uit, uitbasuin
Verlede tyd: het uitgebasuin

Betekenis:
• Om inligting orals te versprei; luidkeels verkondig.

Gebruik:
• Wat Ek vir julle in die donker sê, moet julle in die daglig sê, en wat in julle oor gefluister word, moet julle van die dakke af uitbasuin. [Matteus 10:27]

Sinoniem:
• bekendmaak
• promulgeer
• rondvertel
• uitblaker
• uitblêr
• uitsaai
• verkondig
• versprei

Vertaling:
Engels: to trumpet forth, broadcast
Nederlands: uitbazuinen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: inslag
Volgende onderwerp: hartgrondig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Sep 25 12:36:39 MGT 2024