Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » saamvoel
saamvoel [boodskap #146519] Ma, 23 September 2024 11:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20260
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
saamvoel
Afbreking: saam•voel
Samestelling: saam + voel


Werkwoord: voel saam, saamvoel
Verlede tyd: het saamgevoel

Betekenis:
• Om dieselfde as ander oor 'n saak te voel; medelye toon.

Gebruik:
• Want elke hoëpriester ... kan saamvoel met die onwetendes en dwalendes, omdat hy self ook met swakheid bevange is. [Hebreërs 5:2]
• Dit was vertroostend om te wees dat daar mense was wat verstaan en saamgevoel het.

Sinoniem:
• inlewe
• meelewe
• meevoel
• saamstem

Vertaling:
Engels: to empathize, sympathise with
Nederlands: meevoelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bemanningslid
Volgende onderwerp: inplantaat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Sep 25 18:18:41 MGT 2024