Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » stamper
stamper [boodskap #146435] Do, 12 September 2024 14:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20209
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Nommer 1 is die stamper.
Nommer 1 is die stamper.
'n Bak met 'n stamper.
'n Bak met 'n stamper.
stamper
Afbreking: stam•per
Samestelling: stamp + -er


Selfstandige naamwoord: stamper
Meervoud: stampers
Verkleinwoord: stampertjie
Meervoud van verkleining: stampertjies

Betekenis:
• Voorwerp wat gemaak is om mee te stamp.
• (plantkunde) Die vroulike geslagsdeel van 'n blom.

Gebruik:
• Die myn het groot stampers waarmee die erts vergruis word.
• Wanneer stuifmeel van die meeldraad op die stamper val, vind bestuiwing plaas en word saad geproduseer.

Spreekwoord:
• Amper maar nog nie stamper. [Byna, maar nie heeltemal nie.]

Sinoniem:
• stampblok

Hiponiem:
• ertsstamper
• straatstamper

Afgelei:
• stamperdraend
• stamperhout
• stamperig
• stamperkop

Vertaling:
Engels: pounder, rammer, bumper, stamper; pistil
Nederlands: stamper

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bestuif
Volgende onderwerp: vergruis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Sep 18 21:58:27 MGT 2024