Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » genesing
genesing [boodskap #146419] Ma, 09 September 2024 18:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20196
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
genesing
Afbreking: ge•ne•sing
Samestelling: genees + -ing


Selfstandige naamwoord: genesing
Meervoud: genesinge, genesinge

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van genees. Die proses om te heel en gesond te word.

Gebruik:
• Indien die siekte vroeg gediagnoseer word, is genesing moontlik, maar in die laaste stadium is genesing onwaarskynlik.

Spreekwoord:
• Voorkoming is beter as genesing. [Dit is beter om iets te verhoed as om die gevolge daarvan te dra.]

Sinoniem:
• aansterking
• gesondmaking
• gesondwording
• heling
• herstelproses

Hiponiem:
• geloofsgenesing
• natuurgenesing

Afgelei:
• genesingsaksie
• genesingsgang
• genesingsproses
• genesingswerk
• genesingswyse

Vertaling:
Engels: healing, recovery, cure
Nederlands: genezing

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aksiomaties
Volgende onderwerp: kankervry
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 17 09:22:48 MGT 2024