Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aksiomaties
aksiomaties [boodskap #146418] Ma, 09 September 2024 16:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20196
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aksiomaties
Afbreking: ak•si•o•ma•ties
Samestelling: aksioma + -ties


Byvoeglike naamwoord: aksiomaties
Attributief: aksiomatiese

Betekenis:
• Soos 'n aksioma ('n grondbeginsel of aanname wat as waar aanvaar word).
• Wat op 'n aksioma of aksiomas berus.

Gebruik:
• In 'n regstaat is dit tog aksiomaties dat die reg nagekom moet word.
• Die Grieke het wiskunde tot 'n aksiomatiese wetenskap ontwikkel.

Sinoniem:
• fundamenteel
• onbestrybaar
• onbetwisbaar
• onbetwyfelbaar
• onloënbaar
• onteenseglik
• vanselfsprekend

Vertaling:
Engels: axiomatic, axiomatical
Nederlands: axiomatisch

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: handperd
Volgende onderwerp: genesing
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 17 09:22:35 MGT 2024