Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » regulering
regulering [boodskap #146325] Vr, 30 Augustus 2024 14:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20186
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
regulering
Afbreking: re•gu•le•ring
Samestelling: reguleer + -ing


Selfstandige naamwoord: regulering
Meervoud: reguleringe, regulerings

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van reguleer (om te beheer, of onder reëls te bring).

Gebruik:
• Die niere speel 'n belangrike rol in die regulering van die bloeddruk.

Sinoniem:
• matiging
• regulasie
• sturing

Hiponiem:
• deregulering
• diensregulering
• energieregulering
• omgewingsregulering
• owerheidsregulering
• selfregulering
• termoregulering
• toetrederegulering
• vloedregulering

Afgelei:
• reguleringsgeen
• reguleringsmaatreël
• reguleringsmutasie
• reguleringsprosedure
• reguleringsrol
• reguleringstelsel

Vertaling:
Engels: regulation, adjustment
Nederlands: regulering

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hofaansoek
Volgende onderwerp: ongevraag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Sep 16 00:02:04 MGT 2024