Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ongedaan
ongedaan [boodskap #146320] Vr, 30 Augustus 2024 12:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20186
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ongedaan
Afbreking: on•ge•daan
Samestelling: on- + gedaan


Byvoeglike naamwoord: ongedaan
Attributief: ongedane

Betekenis:
• Wat nie gedoen of voltooi is nie.
• Wat opgehef of gekanselleer is.

Gebruik:
Ongedane sake bly ongedaan totdat jy jou hande uit jou sakke haal en die bul by die horings pak.
• Die koop is ongedaan gemaak.

Sinoniem:
• agterstallig
• onuitgevoer
• onverrig
• onvoltooid

Antoniem:
• gedaan

Vertaling:
Engels: undone, unfinished
Nederlands: ongedaan

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: meerder
Volgende onderwerp: publisering
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Sep 16 00:09:59 MGT 2024