Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » adelbors
adelbors [boodskap #146318] Do, 29 Augustus 2024 18:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20186
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
adelbors
Afbreking: a•del•bors
Samestelling: adel + bors


Selfstandige naamwoord: adelbors
Meervoud: adelborste
Verkleinwoord: adelborsie
Meervoud van verkleining: adelborsies

Betekenis:
• 'n Kadet wat as 'n vlootoffisier opgelei word.
• (verouderd) 'n Jong adellike wat as 'n marine-offisier opgelei word.

Gebruik:
• Talle seevaarders het die Vlieënde Hollander gesien, insluitende Koning George V toe hy in 1880 as adelbors op die H.M.S Bacchante was.

Sinoniem:
• vlagjonker

Afkorting:
• adb.

Vertaling:
Engels: midshipman officer trainee
Nederlands: adelborst

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: premie
Volgende onderwerp: meerder
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Sep 16 00:06:05 MGT 2024