Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » premie
premie [boodskap #146317] Do, 29 Augustus 2024 14:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20186
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
premie
Afbreking: pre•mie


Selfstandige naamwoord: premie
Meervoud: premies

Betekenis:
• Geld wat 'n versekerde betaal om dekking te geniet.
• 'n Ekstra bedrag ter aansporing vir 'n beter produk of diens.

Gebruik:
• Bel rond om te hoor of jy nie 'n beter premie by 'n ander versekeringsmaatskappy kan kry nie.
• Sommige kliënte is bereid om 'n premie vir organiese produkte te betaal.

Sinoniem:
• byprys
• heffing

Hiponiem:
• aandelepremie
• assuransiepremie
• goudpremie
• handelspremie
• huurpremie
• jaarpremie
• lewensversekeringspremie
• suikerpremie
• tariefpremie
• uitvoerpremie
• versekeringspremie

Afgelei:
• premiebetaler
• premieprys
• premievry

Vertaling:
Engels: premium; bounty, bonus
Nederlands: premie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: pasteurisasie
Volgende onderwerp: adelbors
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Sep 16 00:08:19 MGT 2024