Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kreools
kreools [boodskap #146308] Wo, 28 Augustus 2024 19:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20186
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kreools
Afbreking: kre•ools
Samestelling: kreool + -s


Byvoeglike naamwoord: kreools
Attributief: kreoolse

Betekenis:
• Met betrekking tot 'n kreooltaal of die mense wat dit praat.

Gebruik:
• Nie alle taalkundiges stem saam dat Afrikaans 'n kreoolse taal is nie.

Vertaling:
Engels: creole
Nederlands: creools


Selfstandige naamwoord: kreools
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Taal wat van ander tale gevorm is (meestal 'n pidgin wat tot moedertaal ontwikkel is).

Gebruik:
• Louisiaanse kreools is 'n Frans-gebaseerde kreools wat in die Amerikaanse deelstaat Louisiana gepraat word.

Sinoniem:
• brabbeltaal
• kreooltaal
• mengeltaal

Vertaling:
Engels: creole
Nederlands: creools

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kreool
Volgende onderwerp: pidgin
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Sep 16 00:10:03 MGT 2024