Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » geweldenaar
geweldenaar [boodskap #146272] So, 25 Augustus 2024 08:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20186
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
geweldenaar
Afbreking: ge•wel•de•naar
Samestelling: geweld + -enaar


Selfstandige naamwoord: geweldenaar
Meervoud: geweldenare, geweldenaars

Betekenis:
• Iemand wat geweld pleeg. 'n Wrede persoon wat krag gebruik om sy doel te bereik.

Gebruik:
• Ja, U stel my buite bereik van my teëstanders, U bevry my van geweldenaars. [2 Samuel 22:49]

Sinoniem:
• barbaar
• boelie
• bullebak
• onderdrukker
• oorheerser
• tiran

Vertaling:
Engels: violent person, oppressor, tyrant
Nederlands: geweldenaar

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: mannetjieleeu
Volgende onderwerp: kruisig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Sep 16 04:21:19 MGT 2024