Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vergesel
vergesel [boodskap #146093] Vr, 09 Augustus 2024 18:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vergesel
Afbreking: ver•ge•sel
Samestelling: ver- + gesel


Werkwoord: vergesel
Verlede tyd: het vergesel

Betekenis:
• Om saam met iemand te gaan.
• Om saam met iets te gaan.

Gebruik:
• Sy het haar man na die funksie vergesel.
• Die aansoek moet van twee getuigskrifte vergesel wees.

Sinoniem:
• agtervolg
• akkompanjeer
• begelei
• chaperonneer
• meedoen
• meegaan
• meeloop
• meekom
• saamgaan
• saamloop
• saamreis
• saamtoer
• volg

Vertaling:
Engels: to accompany, attend
Nederlands: vergezellen


Byvoeglike naamwoord: vergesel
Attributief: vergeselde

Betekenis:
• Wat saam gaan.

Gebruik:
• Teken die vergeselde kontak en stuur dit terug.

Antoniem:
• onvergesel

Vertaling:
Engels: accompanied
Nederlands: vergezeld

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kontekstualiseer
Volgende onderwerp: implementering
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 10 11:15:06 MGT 2024