Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vervaag
vervaag [boodskap #145862] Vr, 19 Julie 2024 16:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20085
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vervaag
Afbreking: ver•vaag
Samestelling: ver- + vaag


Werkwoord: vervaag
Verlede tyd: het vervaag

Betekenis:
• Om vaag of onduidelik te word (of te maak).

Gebruik:
• Tyd vervaag al die mooi herinneringe.
• Oorlog vervaag die grense tussen dit wat reg en verkeerd is.

Sinoniem:
• verbleek
• verbleik
• verdoesel
• verdof
• verflou

Antoniem:
• verskerp

Vertaling:
Engels: to fade, blur
Nederlands: vervagen


Byvoeglike naamwoord: vervaag
Attributief: vervaagde

Betekenis:
• Wat geleidelik kleur of intensiteit verloor het.

Gebruik:
• In die foto word die mense teen 'n vervaagde agtergrond gekontrasteer.

Vertaling:
Engels: blurred, faded
Nederlands: vervaagd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: middelklas
Volgende onderwerp: wanfunksioneel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Sep 04 14:27:35 MGT 2024