oorskadu [boodskap #145804] |
Di, 09 Julie 2024 19:28 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19823 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
oorskadu
Afbreking: oor•ska•du
Samestelling: oor + skadu
Werkwoord: oorskadu
Verlede tyd: het oorskadu
Betekenis:
• Om 'n skaduwee oor iets te werp.
• Om iets te bedek en veilig te hou.
• Om te domineer en ander dinge na die agtergrond te skuif.
Gebruik:
• 'n Groot boom oorskadu die agterplaas.
• Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. [Lukas 1:35]
• Die optog is deur geweld oorskadu.
Sinoniem:
• bedek
• beskadu
• domineer
• oorheers
• oortref
• troef
• uitstof
• verbysteek
• verdonker
• verduister
Afgelei:
• oorskaduwing
Vertaling:
Engels: to cast a shadow; to cover; to overshadow, outshine, eclipse
Nederlands: overschaduwen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|