Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » beduiwel
beduiwel [boodskap #145782] Vr, 05 Julie 2024 09:05
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19529
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
beduiwel
Afbreking: be•dui•wel
Samestelling: be- + duiwel


Werkwoord: beduiwel
Verlede tyd: het beduiwel

Betekenis:
• Om iemand te bedrieg.
• Om iets te bederf.

Gebruik:
• Die skelm besigheidsman het al baie mense beduiwel.
• 'n Mens beduiwel nie 'n goeie storie met feite nie.

Sinoniem:
• bederf
• befoeter
• bekonkel
• beneuk
• kook
• omvergooi
• omverwerp
• ondergrawe
• opdons
• verhaspel
• vererg
• verknoei

Vertaling:
Engels: to deceive, cheat, swindle
Nederlands: beduvelen, beduivelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: So, 07 Julie 2024 11:29]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: ontferming
Volgende onderwerp: beduiweld
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jul 08 10:49:03 MGT 2024