Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » versteur
versteur [boodskap #145765] Di, 02 Julie 2024 18:58
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
versteur
Afbreking: ver•steur
Samestelling: ver- + steur


Werkwoord: versteur
Verlede tyd: het versteur

Betekenis:
• Om iemand te onderbreek of te hinder.
• Om iets om te krap of deurmekaar te maak.

Gebruik:
• Die rasende kinders versteur my middagslapie.
• Laat hom met rus; niemand moet sy beendere versteur nie. [2 Konings 23:18]

Wisselvorm:
• verstoor

Sinoniem:
• belastig
• bederf
• belemmer
• hinder
• omkrap
• onderbreek
• ontstel
• ontwrig
• pla
• steur
• verstoor

Afgelei:
• versteurder
• versteuring

Vertaling:
Engels: to disturb, disrupt, upset, unsettle
Nederlands: verstoren


Byvoeglike naamwoord: versteur, versteurd
Attributief: versteurde

Betekenis:
• Wat abnormaal of omgekrap is.
• Wat aan 'n geestelike aandoening ly.

Gebruik:
• Hy gooi 'n klip in die dam en staar na die versteurde watervlak.
• Dokters het die geestelik versteurde pasiënte verdoof om hom teen homself te beskerm.

Antoniem:
• onversteur

Afgelei:
• versteurdheid

Vertaling:
Engels: disturbed
Nederlands: verstoord

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: uitstaller
Volgende onderwerp: hoofsweep
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jul 05 11:24:22 MGT 2024