Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kroning
kroning [boodskap #145699] Wo, 26 Junie 2024 09:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19459
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kroning
Afbreking: kro•ning
Samestelling: kroon + -ing


Selfstandige naamwoord: kroning
Meervoud: kroninge, kronings

Betekenis:
• Die handeling van kroon; seremonie waartydens 'n kroon op die kop van 'n heerser geplaas word.

Gebruik:
• Die kroning van Napoleon I as Keiser van Frankryk het in 1804 in die Notre-Dame-katedraal in Parys plaasgevind.

Sinoniem:
• ampsaanvaarding
• bekroning
• inhuldiging
• troonbestyging

Afgelei:
• kroningdag
• kroningeed
• kroningfees
• kroningplegtigheid
• kroningsdae
• kroningsdag
• kroningseed
• kroningsplegtighede
• kroningsplegtigheid

Vertaling:
Engels: coronation
Nederlands: kroning

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: terras
Volgende onderwerp: argitektuur
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 29 05:11:06 MGT 2024