Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » byvoeging
byvoeging [boodskap #145696] Wo, 26 Junie 2024 08:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19459
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
byvoeging
Afbreking: by•voe•ging
Samestelling: byvoeg + -ing


Selfstandige naamwoord: byvoeging
Meervoud: byvoeginge, byvoegings
Verkleinwoord: byvoeginkie
Meervoud van verkleining: byvoeginkies

Betekenis:
• Die handeling van byvoeg (om by 'n groter geheel te sit).
• Die resultaat van byvoeg.

Gebruik:
• Die biblioteek sal met die byvoeging van honderde boeke uitgebrei word.
• Hierdie boek is 'n welkome byvoeging by my versameling.

Sinoniem:
• aanvulling
• addisie
• toevoeging
• uitbreiding
• verhoging
• bymiddel
• byvoegsel
• supplement
• toevoegsel

Antoniem:
• wegneming

Hiponiem:
• kwikbyvoeging

Vertaling:
Engels: addition, additive
Nederlands: bijvoeging

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: fortifiseer
Volgende onderwerp: bewindsjaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 29 05:02:21 MGT 2024