Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » integreer
integreer [boodskap #145571] Vr, 14 Junie 2024 11:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19431
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
integreer
Afbreking: in•te•greer


Werkwoord: integreer
Verlede tyd: het geïntegreer

Betekenis:
• Om 'n eenheid of groter geheel te vorm.
• (wiskunde) Om 'n integraal te bereken.

Gebruik:
• Die geldmag wil alle volke tot 'n identiteitlose massa integreer.
• In integraalrekening is integreer (integrasie) en differensieer (differensiasie) inverse bewerkings.

Sinoniem:
• amalgameer
• assimileer
• bymekaarvoeg
• inkorporeer
• inlyf
• kombineer
• opneem
• saamsmelt
• saamvoeg
• verenig

Antoniem:
• disintegreer
• differensieer

Afgelei:
• integrasie
• integreerbaar
• integreerder
• integrerend
• integrering

Vertaling:
Engels: to integrate, assimilate; to integrate, calculate an integral
Nederlands: integreren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: IP-adres
Volgende onderwerp: integrasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 10:58:26 MGT 2024