Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verbranding
verbranding [boodskap #145564] Do, 13 Junie 2024 17:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19431
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verbranding
Afbreking: ver•bran•ding
Samestelling: verbrand + -ing


Selfstandige naamwoord: verbranding
Meervoud: verbrandinge, verbrandings

Betekenis:
• Die proses of resultaat van verbrand.

Gebruik:
• Die verbranding van fossielbrandstowwe verhoog die vlakke van koolstofdioksied in die atmosfeer.

Sinoniem:
• oksidasie
• ontbranding
• vertering

Hiponiem:
• binneverbranding
• boekverbranding
• lykverbranding
• ketterverbranding
• selfverbranding
• weduweeverbranding

Afgelei:
• verbrandingsdood
• verbrandingsgas
• verbrandingshitte
• verbrandingskamer
• verbrandingsmetode
• verbrandingsmotor
• verbrandingsoond
• verbrandingsproduk
• verbrandingsproses
• verbrandingsreaksie
• verbrandingsiklus
• verbrandingswaarde
• verbrandingswarmte

Vertaling:
Engels: burning, combustion
Nederlands: verbranding

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: opwekking
Volgende onderwerp: limiet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 11:05:55 MGT 2024