Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » inbesitneming
inbesitneming [boodskap #145505] Sa, 08 Junie 2024 17:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19353
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
inbesitneming
Afbreking: in•be•sit•ne•ming
Samestelling: in + besit + neem + -ing


Selfstandige naamwoord: inbesitneming
Meervoud: inbesitneminge, inbesitnemings

Betekenis:
• Die handeling van in besit neem/ onder jou eienaarskap plaas.

Gebruik:
• Sedert die inbesitneming van die Kaap in 1806 is die Hollandse taal doelbewus en stelselmatig op die agtergrond gedring.

Sinoniem:
• anneksasie
• beslaglegging
• inbesitname
• konfiskasie
• okkupasie
• oorname
• toe-eiening

Afgelei:
• herinbesitneming

Vertaling:
Engels: occupation
Nederlands: inbezitneming

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: inwerkingstelling
Volgende onderwerp: terdoodveroordeling
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jun 20 11:55:15 MGT 2024