Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » keurig
keurig [boodskap #145475] Vr, 07 Junie 2024 07:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19353
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
keurig
Afbreking: keu•rig
Samestelling: keur + -ig


Byvoeglike naamwoord: keurig
Vergrotende trap: keuriger
Oortreffende trap: keurigste
Attributief: keurige
Partitief: keurigs

Betekenis:
• Wat goed versorg is, of van goeie smaak getuig; reg uitgesoek/ gekeur.

Gebruik:
• Die artikel se keurige taalgebruik en onberispelike taalversorging het my dadelik opgeval.

Sinoniem:
• beskaafd
• betaamlik
• elegant
• fatsoenlik
• gepas
• knap
• kunssinnig
• mooi
• netjies
• pragtig
• smaakvol
• versorg

Afgelei:
• keurigheid

Vertaling:
Engels: exquisite, proper, decorous
Nederlands: keurig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: universeel
Volgende onderwerp: prestige
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jun 20 15:03:33 MGT 2024