Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » loskoop
loskoop [boodskap #145460] Wo, 05 Junie 2024 12:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19392
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
loskoop
Afbreking: los•koop
Samestelling: los + koop


Werkwoord: koop los, loskoop
Verlede tyd: het losgekoop

Betekenis:
• Om iemand vry te stel deur 'n losprys te betaal.
• Om jou uit 'n kontrak of verpligting uit te koop.

Gebruik:
• Hy koop die slaaf los. Inteendeel, julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus. [1 Petrus 1:19]
• Met sy rykdom moet 'n ryk man hom soms loskoop; 'n arm man kom nie in so 'n gevaar nie. [Spreuke 13:8]

Sinoniem:
• afkoop
• vrykoop

Afgelei:
• loskoopwaarde
• loskoping

Vertaling:
Engels: to ransom, redeem
Nederlands: loskopen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ontman
Volgende onderwerp: komposhoop
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 23 02:21:20 MGT 2024