Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » top
top [boodskap #145458] Wo, 05 Junie 2024 11:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19392
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
top
Afbreking: top


Selfstandige naamwoord: top
Meervoud: toppe
Verkleinwoord: toppie
Meervoud van verkleining: toppies

Betekenis:
• Die boonste deel of hoogste punt van iets.
• (figuurlik) Die beste.

Gebruik:
• Ons het tot op die top van die berg geklim.
• Die top vier spanne het na die halfeindstryd deurgedring.

Sinoniem:
• bokant
• bopunt
• hoogtepunt
• kroon
• kruin
• piek
• spits

Hiponiem:
• bergtop
• blaartop
• boogtop
• boomtop
• gewelftop
• heuweltop
• toringtop
• vingertop

Afgelei:
• topbestuur
• topgehalte
• tophoek
• topklas
• topleerder
• topprestasie
• toppunt
• topproduksie
• topprys
• topseil
• topsnelheid
• topsoekend
• topvlak

Vertaling:
Engels: top, peak, summit
Nederlands: top


Werkwoord: top
Verlede tyd: het getop

Betekenis:
• Om bo af te sny.
• Om die bokant te bedek.

Gebruik:
• Die tuinier top die heining.
• Die toring word met 'n haan getop.

Afgelei:
• aftop

Vertaling:
Engels: to top
Nederlands: toppen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: deelname
Volgende onderwerp: ontman
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 23 02:18:49 MGT 2024