realiseer [boodskap #145452] |
Di, 04 Junie 2024 19:07 |
![](/images/custom_avatars/4607.png) |
Leksikograaf
Boodskappe: 19392 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
realiseer
Afbreking: re•a•li•seer
Werkwoord: realiseer
Verlede tyd: het gerealiseer
Betekenis:
• Om tot werklikheid te maak.
Gebruik:
• Beplan en werk hard sodat jy jou drome kan realiseer.
Sinoniem:
• aktualiseer
• behaal
• bereik
• bewaarheid
• bewerkstellig
• regkry
• teweegbring
• vergestalt
• verwerklik
• verwesenlik
• volbring
Afgelei:
• realiseerbaar
Vertaling:
Engels: to realize, materialise, achieve, bring about
Nederlands: realiseren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|