vooruitstrewend [boodskap #143577] |
Wo, 25 Oktober 2023 19:29 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19514 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vooruitstrewend
Afbreking: voor•uit•stre•wend
Samestelling: vooruit + strewend
Byvoeglike naamwoord: vooruitstrewend
Vergrotende trap: vooruitstrewender
Oortreffende trap: vooruitstrewendste
Attributief: vooruitstrewende
Partitief: vooruitstrewends
Betekenis:
• Wat na vernuwing en vooruitgang streef.
• (plat) Wat ver vorentoe uitsteek.
Gebruik:
• Die koning se bewind was vreedsaam en vooruitstrewend.
• Die tannie was nogal welbedeeld en vooruitstrewend.
Sinoniem:
• ambisieus
• progressief
• vernuwend
• visioenêr
Afgelei:
• vooruitstrewendheid
Vertaling:
Engels: forward-looking. progressive
Nederlands: vooruitstrevend
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|