Portugees [boodskap #143573] |
Wo, 25 Oktober 2023 15:50 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19514 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Portugees
Afbreking: Por•tu•gees
Uitspraak: /portɨˈχiə̯s/, /portəˈχiə̯s/
Selfstandige naamwoord: Portugees
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Romaanse taal, die amptelike taal van Angola, Brasilië, Guinee-Bissau, die Kaap-Verdiese Eilande, Mosambiek, Portugal en São Tomé en Príncipe.
Gebruik:
• Jammer, ek kan nie Portugees praat nie.
Vertaling:
Engels: Portuguese
Nederlands: Portugees
Selfstandige naamwoord: Portugees
Meervoud: Portugese
Betekenis:
• 'n Persoon van Portugal, of 'n persoon van Portugese afkoms.
Gebruik:
• Sy is met 'n Portugees getroud. Die Portugese is vriendelike mense.
Vertaling:
Engels: Portuguese
Nederlands: Portugees
Byvoeglike naamwoord: Portugees
Attributief: Portugese
Betekenis:
• Betreffende die land Portugal, sy mense, of die mense wat die taal Portugees praat.
Gebruik:
• Ek hou van Portugese kos.
Afkorting:
• Port.
Vertaling:
Engels: Portuguese
Nederlands: Portugees
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|