Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ordentlik vs Ordentlik(Was: Leendert en die Stellenbosse boys)
Ordentlik vs Ordentlik(Was: Leendert en die Stellenbosse boys) [boodskap #17146] Vr, 28 Augustus 1998 00:00 na volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf (n.a.v. 'ordentlike drinkliedjies)

> TZSHANEEN.ERESHA!
>
> Sies, Henri, en jy die vader van
> 'n paar kindertjies.

Drie, om presies te wees, Gloudina, en jy het 'pragtige' uitgelaat.

Maar die uitspraak het niks te make met die toestand waarin ek was nie (anders
as gewoonlik), maar is sommer gedoen uit heimweë na vergange se dae, en om te
demonstreer hêe goed ek drinkliedjies ken! En buitendien het die uo pragtige
kindertjies darem al geslaap.

Maar terwyl ons nou 'n misverstand oor die betekenis van 'ordentlik gehad het,
net die volgende:

Onlangs het ons hier te lande te doen gehad met 'n senior staatsamptenaar wat
in die hof getuig het dat hy 'n 'eerlike leun' vertel het. Nou het ons nog een
in dié trant bygekry:

Josiah 'Fingers' Rabotapi, die beweerde meesterbrein agter die reeks transito
rooftogte in SA is verlede week deur die polisie doodgeskiet tydens sy
arrestasie (blykbaar 'n pistool uitgepluk en op die polisie begin skiet). Sy
begrafnis was Donderdag in Soweto. Die TV-aanbieder, Themba Makaleni het die
volgende te sê gehad (volgens Beeld):

"Hy was wel 'n geheimsinnige man, maar as hy 'n misdadiger was, was hy 'n
ORDENTLIKE een"(!)

'n Hegte vriend van hom, John Xapa, het met trane in sy oë gesê: "Rabotapi het
van die rykes gevat en aan die armes gegee."

Nou, my vrae. Het Makaleni 'ordentlik' in my of jou konteks gebruik, Gloudina.
Ten spyte daarvan dat Robin Hood, so vér my kennis strek, nie die rykes in die
proses vermoor het nie, steek daar enige waarheid in die gerugte dat Soweto
herdoop gaan word na Sherwood Forest?

Groete

Henri Burger, Tzaneen.RSA.

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Ordentlik vs Ordentlik(Was: Leendert en die Stellenbosse boys) [boodskap #17148 is 'n antwoord op boodskap #17146] Vr, 28 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2176
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
hen...@pixie.co.za writes:

>> TZSHANEEN.ERESHA!


Geen verskonings op verskonings kan jou
laat wegkom van die feit dat jy dronk
was toe jy daardie woorde uitgespreek het
nie. Weet die burgermeester van jou dorp
hoe jy die dorp se naam op vyf kontinente
in die skande steek? Wonder hoe jy die
naam "Azania" sal uitspreek as jy dronk is?

> Nou, my vrae. Het Makaleni 'ordentlik' in my of jou konteks gebruik, Gloudina.
> Ten spyte daarvan dat Robin Hood, so vér my kennis strek, nie die rykes in die
> proses vermoor het nie, steek daar enige waarheid in die gerugte dat Soweto
> herdoop gaan word na Sherwood Forest?

Vireers, ek wonder of hierdie manne in Afrikaans
by die graf gepraat het. Of is dit maar net die
manier waarop Beeld se verslaggewers die woorde
in Afrikaans vertaal het?

Daar is natuurlik 'n hele paar verskillende
betekenisse van die woord "ordentlik." Willem
Adriaan van der Stel het dit gebruik met die
betekenis van "proper" en het gevra vir drink-
liedjies wat nie ordentlik is nie. Dan het dit
ook die betekenis van "polite" en kan dit selfs
gebruik word met die betekenis "thorough" wanneer
jy praat van "'n ordentlike pak slae."

Lady Ann Barnard (wat gedink het dis heeltemal
ordentlik om nakend in die poel in die middel
van Kirstenbosch te bad.)
Re: Ordentlik vs Ordentlik(Was: Leendert en die Stellenbosse boys) [boodskap #17182 is 'n antwoord op boodskap #17146] Sa, 29 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

>>> TZSHANEEN.ERESHA!
>
> Geen verskonings op verskonings kan jou
> laat wegkom van die feit dat jy dronk
> was toe jy daardie woorde uitgespreek het
> nie. Weet die burgermeester van jou dorp
> hoe jy die dorp se naam op vyf kontinente
> in die skande steek?

OK, ek sal bieg...

Ek ís die burgemeester van Tzaneen, en ek probeer allerhande
onderduimse metodes om my dorp op die kaart te plaas.Sovér
lyk dit my ek kry dit goed reg - op 6 kontinente (ek hoor hulle
het nou Internet op Antarktika ook).

> Wonder hoe jy die
> naam "Azania" sal uitspreek as jy dronk is?

Daai naam vir die Geliefde Land sal jy nie oor my lippe kry nie,
selfs nie eers as ek nugter is nie. Maar laas toe ek by die Azanian
People's Organisation se kongres was, het dit vir my geklink of die
voorsitter sê 'Azshaniansh Peoplesh Shorganashashion'!

>> Nou, my vrae. Het Makaleni 'ordentlik'
>
> Vireers, ek wonder of hierdie manne in Afrikaans
> by die graf gepraat het. Of is dit maar net die
> manier waarop Beeld se verslaggewers die woorde
> in Afrikaans vertaal het?

Wel, ek kon ongelukkig nie die begrafnis bywoon nie (ten spyte dat
ek geld nodig gehad het), maar ek neem aan dit is in Engels gesê. Ek
weet nie wat die standaard van Beeld se vertaal- en tolkfasiliteite
is nie (ou Ferdi sal ons kan sê), maar aangesien Naspers veronderstel
is om 'n leidende lig op die Afrikaanse akker te wees, aanvaar ek die
vertaling as juis.

>
> Daar is natuurlik 'n hele paar verskillende
> betekenisse van die woord "ordentlik."

Aha, uiteindelik kan ons oor Afrikaans praat, soos Piet de Coning ons
versoek het (familie van Basil, Piet?). Dit lyk vir my daar is twee
betekenisse: 'fatsoenlik' en 'behoorlik'.

As Makaleni sou gesê het dat die ou onder bespreking 'n 'fatsoenlike'
(decent) misdadiger was, dan sluit dit aan by die 'eerlike leun'
storie, en dit sê SA sit met 'n ernstige moraliteitskrisis.

As hy sou gesê het die ou is 'n 'behoorlike' misdadiger, wel dan weet
ons die polisie was op die regte ou se spoor, en moet Makaleni hof toe
geroep word om die polisie se saak te kom versterk.

> Lady Ann Barnard (wat gedink het dis heeltemal
> ordentlik om nakend in die poel in die middel
> van Kirstenbosch te bad.)

'n Stukkie nuttelose inligting oor hoe SA kultuur verander het vandat
jy hier weg is, Gloudina:

Ons vind dit verspot dat iemand (veral 'n dame) in die poel in die
middel van Kirstenbosch met KLERE AAN sal bad - onprakties, en so aan!
Miskien is dit anders in Kanada weens die koue, ek weet nie.

Om nakend op 'n perd deur die strate te ry is natuurlik iets anders, en
ek ken heelwat ouens wat sal betaal om so-iets te aanskou!

Groete

Henri Burger, Tzaneen.RSA

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Ordentlik vs Ordentlik(Was: Leendert en die Stellenbosse boys) [boodskap #17194 is 'n antwoord op boodskap #17146] So, 30 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2176
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
hen...@pixie.co.za writes:

> OK, ek sal bieg...

> Ek ís die burgemeester van Tzaneen, en ek probeer allerhande
> onderduimse metodes om my dorp op die kaart te plaas.

Is dit nou die waarheid wat jy hier
vertel? Ek weet nie of ek jou kan
glo nie. Jy vertel so baie stories.

> weet nie wat die standaard van Beeld se vertaal- en tolkfasiliteite
> is nie (ou Ferdi sal ons kan sê), maar aangesien Naspers veronderstel
> is om 'n leidende lig op die Afrikaanse akker te wees, aanvaar ek die
> vertaling as juis.

En dit na al die nare dinge wat jy al
oor Beeld op hierdie nuusgroep gesê
het. My vraag is ook, kan ons vir ou
Ferdi glo? My vriend Leendert van Oostrum
dink nie so nie, en ek luister na hom.

> Aha, uiteindelik kan ons oor Afrikaans praat, soos Piet de Coning ons
> versoek het (familie van Basil, Piet?).

Wie is Basil de Coning?

> 'n Stukkie nuttelose inligting oor hoe SA kultuur verander het vandat
> jy hier weg is, Gloudina:
>
> Ons vind dit verspot dat iemand (veral 'n dame) in die poel in die
> middel van Kirstenbosch met KLERE AAN sal bad - onprakties, en so aan!
> Miskien is dit anders in Kanada weens die koue, ek weet nie.

Ja-nee, hier in Kanada bad ons met ons klere
aan.

> Om nakend op 'n perd deur die strate te ry is natuurlik iets anders, en
> ek ken heelwat ouens wat sal betaal om so-iets te aanskou!

Sies, Henri, nou wys jy jou werklike kleure
weer, jou Yahoo.

Tant Hessie se wit Houyhnhnm.
Re: Ordentlik vs Ordentlik(Was: Leendert en die Stellenbosse boys) [boodskap #17209 is 'n antwoord op boodskap #17146] Ma, 31 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

>> Ek ís die burgemeester van Tzaneen
>
> Is dit nou die waarheid wat jy hier
> vertel? Ek weet nie of ek jou kan
> glo nie.

Aha! Die eerste les van oorlogvoering: Verwar die vyand. Dit lyk my die
Derde Vryheidsoorlog is in sy maai!

> En dit na al die nare dinge wat jy al
> oor Beeld op hierdie nuusgroep gesê
> het.

Nare dinge? So vér ek kan onthou, was dit 'n gebalanseerde mening van
my siening hoe Beeld homself posisioneer t.o.v. die regering van die
dag, en dat die Sunday Times meer krities is as Beeld, en Die Burger
ook. En dat die partye in beheer van die provinsies waar Beeld en Die
Burger gesetel is, dalk 'n rol daarin kan speel.

Dit beteken nie ek mag nie soms krities wees teenoor Beeld nie (behalwe
die Internet rubriek, dis briljant!). Soos verlede Vrydag toe Tim du
Plessis (ass. redakteur) die volgende te sê gehad het n.a.v. Regter
William de Villiers se uitspraak in die SARVU saak:

"...dit is belangrik dat 'n mens verby die feite en die regsargumente kyk
na die sosiale aspekte.."

Waarop Henri Burger as volg geantwoord het:

"As ek ooit in die posisie kom waar ek voor 'n regter moet verskyn, sal ek
wil hê dat daar NIE verby die feite en regsargumente gekyk word nie...
As Timmie dieselfde oorkom, sal dit my nie pla as daar eerder na die
sosiale aspekte gekyk word nie..."

Nodeloos om te sê, dit is nie gepubliseer nie.

> Wie is Basil de Coning?

Jou kultuur het ten gronde gegaan in die vreemde, Gloudina! Basil is 'n
voormalige OP rugbyspeler, en sy seun, ook Basil, speel nou haker vir
Griekwas, en hulle maak amok in die Curriebeker.

>> Om nakend op 'n perd deur die strate te ry is natuurlik iets anders, en
>> ek ken heelwat ouens wat sal betaal om so-iets te aanskou!
>
> Sies, Henri, nou wys jy jou werklike kleure
> weer, jou Yahoo.

Gloudina, ek aanvaar jy weet ek verwys na Lady Godiva destyds in Coventry.
Ons mense was nog altyd lief vir sirkus, nog van oorle Pagel se dae af.
Boswel & Wilkie was juis die naweek hier op Tzaneen, en die kindertjies het
dit vreeslik geniet. Maar hulle moes betaal, soos vir alle sirkusse. Lady
Godiva s'n ook. (Maar as Lady Graça dieselfde kan doen om belasting te
verminder, belowe ek ek sal nie kyk, of betaal nie!)

Groete

Henri Burger,Tzaneen.RSA.

KWOUTIBEL KWOUT:

"...ek het u mail na die news administrator ge-forward..." -
postm...@mweb.co.za in 'n skrywe aan die uwe.

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Vorige onderwerp: Re: Mandela`s Home vandalised by thieves
Volgende onderwerp: FA Venter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 24 03:22:51 MGT 2024