Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » annuïteit
annuïteit [boodskap #141448] Do, 30 Maart 2023 14:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20214
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
annuïteit
Afbreking: an•nu•ï•teit


Selfstandige naamwoord: annuïteit
Meervoud: annuïteite

Betekenis:
• 'n Vaste bedrag wat periodiek gedurende 'n bepaalde periode betaal of ontvang word.

Gebruik:
• 'n Annuïteit wat uitbetalings vir die res van iemand se lewe waarborg, word 'n lewensannuïteit genoem.

Hiponiem:
• aftree-annuïteit
• lewensannuïteit
• uittree-annuïteit

Afgelei:
• annuïteitsfonds

Vertaling:
Engels: annuity
Nederlands: annuïteit

Nota:
• Aanvanklik het "annuïteit" na 'n "jaarlikse uitkering" verwys, maar vandag kan dit ook maandeliks, weekliks, ens. wees.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: konsertganger
Volgende onderwerp: ontbos
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Sep 19 17:38:18 MGT 2024