Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » meulsteen
meulsteen [boodskap #141421] Ma, 27 Maart 2023 14:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20215
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Ou meulstene.
Ou meulstene.
meulsteen
Afbreking: meul•steen
Samestelling: meul + steen


Selfstandige naamwoord: meulsteen
Meervoud: meulstene
Verkleinwoord: meulsteentjie
Meervoud van verkleining: meulsteentjies

Betekenis:
• 'n Draaiende skyf van klip wat in 'n meule gebruik word om mee te maal.

Gebruik:
• 'n Meulsteen word gebruik om graankorrels tot meel te maal en die olie uit olywe te pers.

Spreekwoord:
• 'n Meulsteen om iemand se nek wees. [n Las, 'n probleem wees.]

Sinoniem:
• maalsteen

Vertaling:
Engels: millstone
Nederlands: molensteen, maalsteen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: tienduisend
Volgende onderwerp: omstredenheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Sep 19 17:46:24 MGT 2024