Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » krulkop
krulkop [boodskap #141204] Ma, 27 Februarie 2023 19:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
krulkop
Afbreking: krul•kop
Samestelling: krul + kop


Selfstandige naamwoord: krulkop
Meervoud: krulkoppe
Verkleinwoord: krulkoppie
Meervoud van verkleining: krulkoppies

Betekenis:
• 'n Persoon met krulhare.
• Bolplant in die genus Eucomis, o.a. E. punctata en E. clavata.

Gebruik:
• Ek is verlief op die oulike krulkop in die woonstel langs myne.
• Die krulkoppie het 'n regop bloeiwyse met 'n klossie blare bo-op.

Sinoniem:
• krullebol

Afgelei:
• krulkopdogter
• krulkopkind
• krulkopklonkie
• krulkopman
• krulkopseun

Vertaling:
Engels: curly head
Nederlands: krullend hoofd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: agterbly
Volgende onderwerp: insamel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Sep 19 22:23:38 MGT 2024