Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vatplek
vatplek [boodskap #141188] Sa, 25 Februarie 2023 08:52
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vatplek
Afbreking: vat•plek
Samestelling: vat + plek


Selfstandige naamwoord: vatplek
Meervoud: vatplekke
Verkleinwoord: vatplekkie
Meervoud van verkleining: vatplekkies

Betekenis:
• 'n Handvatsel of plek waaraan 'n mens iets vashou.
• (figuurlik) 'n Aanknopingspunt.

Gebruik:
• 'n Koppie se vatplek is 'n oor, 'n rewolwer se vatplek is 'n kolf en 'n wandelstok se vatplek is 'n kieriekop.
• Dit is moeilik om vatplek aan hom te kry.

Spreekwoord:
• Ek kan geen vatplek aan hom kry nie. [Sukkel om van iemand te hou.]

Sinoniem:
• greep
• grypstang
• handgreep
• handvatsel
• vashouplek

Vertaling:
Engels: handle
Nederlands: handvat; vat

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: diskant
Volgende onderwerp: skatting
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Sep 19 22:44:59 MGT 2024